ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Afrikaanse flieks floreer


Soos ook ander aspekte van die Afrikaanse kultuurlewe, floreer die Afrikaanse fliekbedryf, ondanks die huidige Afrikaans-onvriendelike atmosfeer in die land. ‘n Stroom nuwe Afrikaanse flieks sien tans die lig.
Enkele van hierdie nuwe flieks is Dis ek, Anna gegrond op die gelyknamige boek van Anchien Troskie en handel oor die molestering waaraan ‘n vrou as kind blootgestel was. Die hoofrol word gespeel deur Charlené Brouwer, terwyl Marius Weyers, Nicola Hanekom en Morné Visser o.a. in die rolverdeling is.
Nog een is Die Ontwaking met Johnny Breedt as skrywer en regisseur en met Gys de Villiers in die hoofrol. Dit handel oor die psige en motivering van ‘n reeksmoordenaar wat ook die eienaar van ‘n galery is en dan die vroulike speurder (vertolk deur Juanita de Villiers) wat die moordenaar aan die man moet bring.
Twee nuwe vrystellings vroeg in 2016 is Alison, ‘n dokumentêr van Alison Botha en Shushh, albei met die internasionale model Christia Visser in die hoofrolle.
Vir die kinders is daar een van die wêreld se bekendste en tydlose feëverhale soos oorspronklik geskryf deur Hans Christian Andersen nou in ‘n 3D stereoskopiese Afrikaanse animasieprent met die titel Die Sneeukoningin. Dit is deur Kobus Geldenhuys in heerlike, lewendige en moderne Afrikaans omgesit.
Hierdie is slegs enkele voorbeelde van ‘n florerende Afrikaanse fliekbedryf.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge