Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Veel publisiteit word gemaak van die deurlopende program by Nampo Oesdag 2017 onder die opskrif Nasie in Gesprek en waarin die landbouleiers van SA onder die vaandel van AgriSA, Graan SA, Nampo, Agbiz en Vroue in Landbou besprekings voer met regeringslui soos Minister van Landbou, Bosbou en Visserye Senzeni Zokwana, die DG van sy departement Mike Mlengana, die uitvoerende hoof van die Landbank TP Nchocho, ens. Ook is persone soos omstrede oud-minister Roelf Meyer en Stephen Grootes van Radio 702 / Cape Talk betrek.

In die besprekings word kwessies soos die planne van die regering met “grondhervorming”, vertroue in die landboubedryf, SEB, ens. behandel en hoe dit ten beste gehanteer kan word. Dit klink vir ons al te veel na vergoeiliking van die planne van die regering om dele van die grond en boerderye van boere vir werkers te gee en selfs onteiening sonder vergoeding.

Daar is 'n reeks wetsontwerpe in die Parlement op die tafel wat eintlik daarop gemik is om die rol en rug van die blanke kommersiële boer in SA te breek en eintlik blanke aandeel in die nasionale ekonomie te minimaliseer en selfs te ontneem. Daarby is dit so dat pres. Jacob Zuma en 'n magskliek om hom, insluitende die Ministers van Landbou en van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, inderwaarheid 'n onverklaarde burgeroorlog teen die blanke burgers van die land voer.

Hiervan getuig die Gedenkmuur met die al langerwordende naamlys van plaasmoordslagoffers op dieselfde Nampo Terrein. Daarby word die druk van die regering op die geknelde kommersiële landbousektor met sy sowat 34 000 lede voortdurend aangedraai – 'n sektor wat reeds in geheel R145 miljard in die skuld is.

Insiggewend by die Nampo Gesprekke is dat die beloning van R100 000 wat TLU SA uitgeloof het vir enige een wat bewys kan voorlê van 'n blanke wat grond van 'n swarte gesteel het, gekritiseer word as “onvanpas” en “rewolusionêr”

Ons vra: Hoekom hand om die blaas sit met diegene wat daadwerklik beplan om grond van blankes te steel en om die rug van die blanke kommersiële boer – die voedselprodusent van die land – te breek? Ons begryp die waarde van gesprekvoering, maar dié het reeds op tallose ander fora plaasgevind en steeds dryf die regering meedoënloos sy grond-agenda.

Na ons mening is dit nou eerder tyd om uitvoering te gee aan die Engelse gesegde: To call a spade a spade

'n Protestants-Christelike kerk met 'n 80 m hoë toring is pas in Changsha, China voltooi, ironies genoeg die stad waar Mao Zedong in die dertigerjare sy Kommunistiese veldtog begin het en waar later Christen-kerke feitlik uitgewis is. In onlangse jare het Protestants-Christelike kerke egter weer begin floreer en is tans 'n golf van Christelike bekerings besig om deur China te spoel. Die kerk in Changsha is twee keer so hoog as die grootste standbeeld vir Mao in China, wat slegs enkele kilometer vanaf die kerk staan.

'n Pekanneut-kursus vir gevestigde sowel as beginnerboere word 11-12 Julie 2017 te Orania aangebied, met lesings wat o.a. handel oor grondvoorbereiding, plantmetodes, beste kultivars, besproeiingstelsels, snoei van klein bome en organiese boerdery. Plaaslike boordbesoeke word ook gebring. Die kursus word ook toegespreek deur die wêreldbekende kundige prof. Esteban Herrera-Aguirre. Die pekanbedryf is tans in 'n bloeifase en die medium- sowel as langtermynvooruitsigte vir die bedryf is uiters belowend. Om die kursus by te woon of vir meer besonderhede, kontak dr. Ben de Klerk by 082 469 6880 of Faan Erasmus by 082 879 1433.

Uitstekende beleggingsgeleenthede is beskikbaar in die Gannabos Behuisingsprojek wat tans te Orania ontwikkel word ten einde die reuse plaaslike behoefte vir bekostigbare behuising aan te spreek. Die eerste fase met 18 wooneenhede is feitlik voltooi, met 'n verdere vyf fases en uiteindelik sowat 120 wooneenhede in die onmiddellike pyplyn. Die doel van die behuising is uitsluitlik verhuring en beleggers kan nie 'n spesifieke wooneenheid koop nie, maar wel aandele koop in Gannabos Behuising (Edms) Bpk, waarop 'n bo-gemiddelde opbrengs verdien kan word. Vir meer besonderhede, skakel Appie Pienaar by 083 454 4252 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Om die beste te kry van die Dohne Merinos as 'n SA-geteelde en dubbeldoelige skaapras, kan die jaarlikse produksieveiling van Schietfontein Boerdery in die distrik Philippolis bygewoon word op 22 Augustus 2017 om 11:00 by die Philippolis Skougronde. Vir meer besonderhede, kontak Niël Krüger by 071 570 0638 of 082 497 7794 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die herstel van verweerde en stukkende boeke en enige papierdokumente en publikasies is deesdae 'n rare vaardigheid en diens, maar dit is presies wat Bibliophilia gebaseer te Philippolis doen. Vir meer besonderhede, kontak Ina by 084 491 5098 of Lena by 072 299 3078 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Seismografiese golwe trek steeds ná die aankondiging van General Motors (GM) dat dit aan Suid-Afrika gaan onttrek en eerder op beleggings elders in die wêreld konsentreer. Dit beteken dat GM Internasionaal nie 'n toekoms sien vir sy voertuie in SA met sy eens gevorderde infrastruktuur en padnetwerk nie en onafwendbaar moes sakevertroue 'n deurslaggewende rol gespeel het. Die vervaardiging van Chevrolet-voertuie in die land sal nog vanjaar gestaak word en sal Isuzu in SA die vervaardigingsaanleg in Struandale en die onderdeleverspreidingsentrum oorneem. Isuzu koop ook 30% van GM SA se belang in die Isuzu-vragmotoraanleg te Port Elizabeth. Hoewel gesê word dat die diens van Chevrolet en Opel in die land deur Isuzu voortgesit sal word, sal vertroue in naverkopediens onvermydelik 'n terugslag ervaar.

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n mediaverklaring deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), soos volg uiteengesit: “Die omstrede wetsontwerp is 'n poging deur die regering om beheer oor die landbou te verkry d.m.v. ʼn reeks regulatoriese intervensies. Hierdie intervensies poog om onder andere die volgende in te stel: ʼn grondkommissie, ʼn register van landbougrondeienaarskap waarin ras, geslag en nasionaliteit aangedui moet word, ʼn verbod op die verkryging van landbougrond deur buitelanders, kategorieë van plafonne wat die besit van landbougrond beperk, en om sekere grondgedeeltes wat die aangewese plafonne oorskry as landbougrond vir hertoewysing te oormerk. Daar heers tans onsekerheid in die landboubedryf oor die presiese uitwerking van die wetsontwerp, maar dit sal waarskynlik skadelik vir die ekonomie wees. Solidariteit se aanbeveling is dat die wetsontwerp teruggehou moet word totdat ʼn deursigtige sosio-ekonomiese koste-voordeel-analise uitgevoer is en dit aan ʼn openbare ondersoek onderwerp word. ʼn Verdere problematiese aspek is dat dit moeilik is om die presiese ekonomiese impak te bepaal omdat daar onsekerheid bestaan oor die werklike aard van die genoemde plafonne.” Vir meer besonderhede, kontak Gerhard van Onselen by 079 522 5764 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die SA regering is oor sy diskriminerende praktyke met regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging deur Solidariteit formeel aangekla by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), ander liggame van die VN in Genève, die Internasionale Menseregtekommissie en die VN Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD). In 'n verklaring sê Solidariteit: “Ons is almal moeg vir ras en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Die tyd om daaroor stil te bly, is verby. Ons mag nie toelaat dat minderhede, en spesifiek wit mense, deurlopend gekriminaliseer word nie. Dubbele standaarde in die hantering van ras is nie net verkeerd nie; dit is boonop gevaarlik. Die doel van ons veldtog is om te wys dat die keiser kaal is sodat die situasie genormaliseer kan word. Die regering se stelsel van rassekwotas bevorder nie nie-rassigheid soos vereis deur die Grondwet nie, maar het eerder nuwe rassisme tot gevolg. Dit het niks met regstelling te doen nie, maar alles met ras en dit lei tot geïnstitusionaliseerde rassisme.”

Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) het 'n veldtog van stapel gestuur om te veg vir die gebruik van Afrikaans en al die ander inheemse tale in howe ten einde te voorkom dat slegs Engels gebruik word. Dit volg na die onlangse kennisgewing van regter-president Hlope aan die Kaapse Balieraad dat alle howe in die Wes-Kaap met onmiddellike effek slegs Engels as taal van rekord moet gebruik. Dit blyk daar was geen konsultasie met belanghebbende regslui soos die VRA nie en ook nie met die Afrikaanse gemeenskap nie. In effek beteken dit dat Afrikaans en die ander inheemse tale deur hierdie tipe besluite heeltemal uit die howe gedwing en word Engels in die kele van die publiek afgedruk. Inmiddels wat slegs die Wes-Kaap betref, verkies ʼn groot persentasie advokate by die Kaapse Balie verkies om eerder hul hofstukke in Afrikaans op te stel. Regslui wat die VRA in hul veldtog wil steun, kan die nodige vorm by www.vra.co.za voltooi. Vir meer besonderhede, kontak Tiaan van Dyk, voorsitter van die VRA, by 082 825 8876.

In 'n mediaverklaring sê Solidariteit dat die uitkoms van die hooggeregshof-saak oor godsdiens in skole, “nie net die betrokke ses skole raak nie, maar 24 000 ander skole in Suid-Afrika. Die saak is dus van belang vir honderde duisende ouers en kinders in Suid-Afrika. Die applikante in die saak se aansoek dat godsdienspraktyke by skole verbied moet word, druis lynreg in teen 95% van Suid-Afrikaners wat hulle met ʼn geloof identifiseer. Suid-Afrikaners word juis deur geloof en waardes oor tradisionele skeidslyne heen saamgebind. Volgens die SA Instituut vir Rasseverhoudinge identifiseer 86% van Suid-Afrikaners hulle as Christene en bykans 95% identifiseer met die geloof. Slegs 5,2% sien hulself as ongelowig of weet nie met watter geloof hulle identifiseer nie. Volgens die World Value Survey en die Pew Global Morality Study word Suid-Afrikaners deur sosiale waardes aanmekaar gebind, terwyl die eersgenoemde Survey ook bevind het dat 83,9% van Suid-Afrikaners geloof as belangrik ag; 96,7% in God glo; en dat 1,9% hulself as ateïste identifiseer. Derhalwe is die aansoek van die applikante in die saak in wese ʼn ondemokratiese poging om hul eie, uiters eng belang op skoolgemeenskappe af te dwing.”

Die vlamme is besig om letterlik uit te slaan oor die ANC in die Vrystaat met sy berugte premier en stoere Zuma-lojalis Ace Magashule, met aanhoudende bloedige betogings by die Glaspaleis in Bloemfontein as hoofsetel van die Mangaung Metro Munisipaliteit en met gewelddadige betogings oor gebrekkige of geen munisipale dienslewering op talle Vrystaatse dorpe. Te Frankfort het die Mafube Plaaslike Munisipaliteit, wat ook die dorpe Cornelia, Villiers en Tweeling bedien, platgeval en is die kantore gesluit. Daar is nie meer geld vir salarisse vir amptenare of vir dienslewering nie. Te Cornelia is die ANC kantore afgebrand. Die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit met hoofkantoor te Theunissen en wat ook Winburg en Brandfort bedien, funksioneer feitlik nie meer nie en word munisipale toerusting op 'n eksekusieveiling verkoop om skulddelging te doen. In feitlik alle ander munisipaliteite in die provinsie lyk die droewige prentjie ongeveer dieselfde, met bv. die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit te Trompsburg wat ook die dorpe Gariepdam, Springfontein, Bethulie, Philippolis, Jagersfontein, Fauresmith, Edenburg en Reddersburg bedien, wat so diep in die skuld is by Bloem Water en Eskom dat van die dorpe soms vir tot 'n maand sonder water is. Inmiddels het Thabo Manyoni, uitgeskopte Mangaung-burgemeester, as LP bedank en gesê hy keer terug na die Vrystaat om die ANC sg. te versterk. Dit is bekend dat Manyoni en Magashule nie om dieselfde vuur sit nie.    

Laeveld Agrochem het 'n opwindende alles-in-een saadpak op die mark geplaas waardeur mens groente kan kweek om vir tot ses mense kos te voorsien vir 'n hele maand – en dit vir slegs R150 (met boonop 'n R50 afslag indien die naam “Ditsem” genoem word met die plaas van bestelling!). Die saakpakkie bevat verskillende sade asook al die benodigdhede om 'n groentetuin te begin wat nagenoeg 180 kg groente produseer. Al \wat jy benodig is 'n stuk grond van 3 x 5 m, toegang tot water, tyd om die groentetuin in stand te hou en dan die saadpakkie. Vir meer inligting of om te bestel, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of WhatsApp na 082 820 1978. Minimum bestelling van 10 pakkies.

In 'n betekenisvolle skuif van siening van grondgebied vir die Boere-Afrikanervolk, sê die Boere-Afrikaner Volksraad in 'n kennisgewing: “Terwyl Suid-Afrika (die erkende swart gebiede uitgesluit) histories aan die witman behoort en geen ander volk ‘n aanspraak daarop het nie, toon demografiese feite en projeksies dat blankes binne afsienbare tyd ‘n onbenullige minderheid van die SA bevolking sal uitmaak. Menslik gesproke is daar geen manier waarop die blankes weer die politieke mag oor SA kan herwin nie - in elk geval nie vreedsaam nie. Bowendien wiI ons nie weer oor andervolkiges regeer nie. In die teenswoordige omstandighede is terugkeer na die oorspronklike Voortrekkerideaal van ‘n eie republiek waar ons onsself onder 'n Christelike grondwet regeer, ‘n Iewensnoodsaaklike voorwaarde vir ons voortbestaan as volk. Die alternatief is versweIging deur die swart massa. Wanneer vryheid vir ons volk op dié basis deel word van die praktiese politieke agenda, sal
nuwe grense getrek word om op die vaderlandse bodem wat ons dan vir onsself afbaken, ‘n ware tuiste vir ons volk te bied, vry van vreemde oorheersing.”

Bladsy 1 van 18

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV

MasterCard credit cards and Visa If you apply for both