Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

In 'n mediaverklaring sê die DA dat 'n amptelike ondersoek is gevra na beweringe dat daar 'n ondergrondse eenheid funksioneer binne die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) en dat dit politieke teenstanders van pres. Jacob Zuma teiken, met direkte verslaggewing aan laasgenoemde en die betrokke minister David Mahlobo. Voorts word beweer dat die eenheid befonds word uit o.m. R17 miljoen in buitelandse valuta wat gesteel is tydens 'n inbraak in die kantore van SSA in Desember 2015.  

Die inbraak is na bewering gevolg deur die volgende verdere inbrake by kantore van sleutelstaatsinstansies:

  • Intelligensie-eenheid van Dept. van Verdediging Des. 2015 – 50 skootrekenaars met sensitiewe inligting gesteel
  • Kantoor van die hoofregter Maart 2017 – 15 rekenaars met vertroulike inligting gesteel
  • Hoofkantoor van die Valke Julie 2017 – rekenaars gesteel
  • Nasionale Vervolgingsgesag Julie 2017 – 2 skootrekenaars gesteel

In 'n mediaverklaring sê die DA dat 'n amptelike ondersoek is gevra na beweringe dat daar 'n ondergrondse eenheid funksioneer binne die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) en dat dit politieke teenstanders van pres. Jacob Zuma teiken, met direkte verslaggewing aan laasgenoemde en die betrokke minister David Mahlobo. Voorts word beweer dat die eenheid befonds word uit o.m. R17 miljoen in buitelandse valuta wat gesteel is tydens 'n inbraak in die kantore van SSA in Desember 2015.  

Die inbraak is na bewering gevolg deur die volgende verdere inbrake by kantore van sleutelstaatsinstansies:

  • Intelligensie-eenheid van Dept. van Verdediging Des. 2015 – 50 skootrekenaars met sensitiewe inligting gesteel
  • Kantoor van die hoofregter Maart 2017 – 15 rekenaars met vertroulike inligting gesteel
  • Hoofkantoor van die Valke Julie 2017 – rekenaars gesteel
  • Nasionale Vervolgingsgesag Julie 2017 – 2 skootrekenaars gesteel

Christian Action berig in 'n mediaverklaring dat die Britsgebaseerde Royal College of Obtetricians and Gynaecologists (RCOG) kanaliseer fondse na die Universiteit van Stellenbosch (US) en die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Kaapstad (UK) met die doel om aborsie by dokters en verpleegsters te bevorder. Hierdie pro-aborsieprogram getiteld Leading Safe Choices (LSC) is daarop gemik om dokters, verpleegsters en ander beroepsgesondheidslui te desensitiseer oor die realiteit van aborsie.

In SA is dr. Judy Kluge, hoof van die Gesinsbeplanningseenheid by die US en prof. Stefan Gebhardt, hoof van Algemene Spesialisdienste van die Fakulteit van Mediese en Gesondheidswetenskappe en van die Dept. van Verloskunde en Ginekologie aangewys as leiers van die program. Die Britse befondsing is skynbaar voldoende vir die volgende 10 jaar.

Volgens 'n artikel gepubliseer op die webwerf van die US in Julie 2017 word pro-aborsie-opleiding reeds gedoen by gemeenskapsklinieke te Mowbray, Tygerberg, Khayelitsha, Mitchell’s Plain en Michael Mapongwana. Hierdie opleiding sluit in lesings, interaktiewe sessies oor pelvismodelle en groepbesprekings. Die mikpunt is om 150 persone opgelei te hê teen die einde van die jaar.  

Volgens Christian Action is hierdie pro-aborsie veldtog in reaksie op die pro-lewe gesindheid van baie dokters en verpleegsters regdeur SA, wat aborsie beskou as babamoord. Daarom word hierdie beroepsgroepe spesifiek geteiken om 'n verandering in ingesteldheid te probeer bewerkstellig.

  Vir meer besonderhede, besoek www.christianaction.org.za.

Dit blyk dat kabeldiefstal by die rioolaanleg te Frankfort veroorsaak dat nog meer rou riool as gewoonlik vryelik in die Wilgerivier en daarna in die Vaaldam inloop, wat miljoene mense van drinkwater voorsien. Kabeldiefstal en vandalisme wat by die onbewaakte rioolaanleg plaasgevind het, het die jarelange rioolprobleem nou vererger, ‘n probleem wat ooglopend spruit uit swak bestuur en geen onderhoud deur die Mafube Munisipaliteit.  

Op sy beurt bring hierdie besoedeling van die Wilgerivier ʼn reuse probleem vir die Vaaldam mee, wat as waterbron dien vir groot dele van Gauteng as digsbevolkte provinsie in die land en die ekonomiese hartland van SA.

Skole moet nie toelaat dat die organisasie Ogod hulle afpers en intimideer wat godsdiensbeoefening in skole aanbetref nie en hulle staan onder geen verpligting om aan dié organisasie verantwoording te doen oor die skool se interne aangeleenthede nie,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys. Hy sê die Grondwethof se uitspraak wat godsdiensgelykheid op skole bevestig, plaas ʼn verpligting op statutêre liggame om uitvoering aan die uitspraak te gee, en dit beteken dat Ogod buite orde is om aanmaningsbriewe aan Christelike skole, of enge ander skool te stuur.

“Skole moet kennis neem dat hulle steeds godsdiens mag beoefen solank hulle dit op ʼn billike wyse doen en nie leerlinge dwing om daaraan deel te neem nie. Die verantwoordelikheid om aan die Grondwethof-uitspraak te voldoen lê op die vlak van stature liggame soos skoolbeheerrade en die onderskeie onderwysdepartemente.

“Ogod se optrede dui daarop dat die organisasie ʼn vendetta voer teen godsdiens en in besonder teen die Christelike godsdiens aangesien al sy onlangse aanmanings na Christelike skole gestuur is. Die VF Plus adviseer skole om nie geïntimideer te word deur hierdie optrede nie en dat enige aksie van Ogod se kant met die betrokke onderwysdepartement opgeneem moet word.”

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Met verwysing na die oproep dat Afrikaners op 10 Oktober hul ekonomiese krag moet gebruik as 'n boodskap van protes teen die huidige diskriminerende en korrupte bedeling in SA, is die standpunt van Ditsem Nuus soos volg:

  • Ons steun die oproep, want daar word nie net gruwelik gediskrimineer teen Afrikaners in hul geboorteland nie, daar word inderwaarheid 'n onverklaarde burgeroorlog teen hulle gevoer. Lees op die webwerf van die koerant hoe feitelik en erg swart op wit misdaad is en hoe diep Afrikaners in armoede en morele verval versink het.
  • Desnieteenstaande vorm Afrikaners steeds die ruggraat van produktiwiteit in die land, maar word hul entrepreneursbelasting gulsig opgeslurp deur die ANC-bewind.
  • Met die boikot op 10 Oktober gaan dit nie oor ras nie, maar oor volk. Die Afrikaner – die Boer – is 'n volk in eie reg en ons is trots daarop, sonder dat ons neersien op enige ander identiteit. Dis tyd dat ware Afrikaners opstaan en self eienaarskap neem van hul toekoms.

Daarom sê ons: Op 10 Oktober doen inderdaad niks – as 'n klein begin na groot dinge.

Met verwysing na die oproep dat Afrikaners op 10 Oktober hul ekonomiese krag moet gebruik as 'n boodskap van protes teen die huidige diskriminerende en korrupte bedeling in SA, is die standpunt van Ditsem Nuus soos volg:

  • Ons steun die oproep, want daar word nie net gruwelik gediskrimineer teen Afrikaners in hul geboorteland nie, daar word inderwaarheid 'n onverklaarde burgeroorlog teen hulle gevoer. Lees op die webwerf van die koerant hoe feitelik en erg swart op wit misdaad is en hoe diep Afrikaners in armoede en morele verval versink het.
  • Desnieteenstaande vorm Afrikaners steeds die ruggraat van produktiwiteit in die land, maar word hul entrepreneursbelasting gulsig opgeslurp deur die ANC-bewind.
  • Met die boikot op 10 Oktober gaan dit nie oor ras nie, maar oor volk. Die Afrikaner – die Boer – is 'n volk in eie reg en ons is trots daarop, sonder dat ons neersien op enige ander identiteit. Dis tyd dat ware Afrikaners opstaan en self eienaarskap neem van hul toekoms.

Daarom sê ons: Op 10 Oktober doen inderdaad niks – as 'n klein begin na groot dinge.

Die ontsettende skreiende armoede waarin talle blankes, veral Afrikaners, in Suid-Afrika verval het, het grafies weer onder die aandag gekom met 'n verslag wat Daniël Lötter van Front Nasionaal in Pretoria oor die Munsieville blanke plakkerskamp getiteld Waar ‘n volk sy skaamte weggegooi het, geskryf het en wat op sosiale media versprei is.

Hierdie verslag is deur Ditsem Nuus op sy webwerf en Facebook-blad gepubliseer en het 'n stortvloed van reaksie ontlok dit het die besoekerstelling op elk van hierdie twee digitale media opgejaag van ongeveer 2 500 per maand na sowat 30 000 in vier dae. Die positiewe reaksie, wisselende vanaf diepe empatie tot daadwerklike aanbiedinge om hulpverlening, roep duidelik na 'n gekoördineerde en volhoubare oplossing vir die langtermyn.

Ten einde die aangeleentheid van Afrikaner-armoede en morele verval in perspektief te kry en dit op 'n effektiewe hanteerbare wyse aan te bied, het Ditsem Nuus hierdie beskeie gepoogde omvattende memorandum opgestel. Dit bevat 'n verkorte weergawe van die genoemde Munsieville-verslag, tesame met geag te word toepaslike bywerkings.

Die grootste oorsaak van die huidige tragiese verval van 'n groot deel van die Afrikanervolk is sg. regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) wat sedert 1994 stelselmatig in 'n veelvuldige, doelgerigte regeringsprogram verpak is, met die doel om die blanke uit die hoofstroom van die landsekonomie te druk. Dit het gelei tot ongekende sosio-ekonomiese verval onder groot dele van hoofsaaklik die Afrikaner-gemeenskap en die verskyning van talle blanke plakkerskampe en ander armoedige nedersettings.

Volgens Solidariteit Helpende Hand was daar enkele jare gelede reeds 600 000 blankes in armoede in die land, met 131 000 gesinne wat dringend hulp benodig en wat toeneem teen 'n koers van sowat 7 500 gesinne per jaar oftewel 650 gesinne per maand. Die situasie herinner onwillekeurig sterk aan die treurige sosio-ekonomiese omstandighede waarin die Afrikaner in die eerste vier dekades van die vorige eeu verkeer het, nadat die volk in wording moes herstel van die verwoesting van die Anglo-Boere-Oorlog, gevolg deur die nagevolge van die Eerste Wêreldoorlog en die Groot Depressie.

Destyds het leiers egter op verskillende terreine in Afrikanergeledere inisiatief geneem en in 1916 die Helpmekaarfonds gestig waardeur begin is om Afrikaners letterlik pennie vir pennie ekonomies en maatskaplik op te hef. In 1929 het die regering die Carnegie Kommissie benoem om ondersoek te doen na steeds haglike sosio-ekonomiese toestande en die Carnegie-verslag in 1932 het baie gedoen om rigting te gee aan opheffing op verskillende gebiede.

Dit het weer aanleiding gegee tot die hou van 'n Volkskongres in Oktober 1939, waaruit die Reddingsdaadbond met die leuse 'n Volk red homself twee maande later in Desember 1939 gestig is. Laasgenoemde het as voertuig gedien vir die sneeuballende opkoms van die Afrikaner in die tweede helfte van die 20ste eeu.

Wat baie gehelp het om momentum te gee aan die sosio-ekonomiese opstaan van die Afrikaner, was die gepaardgaande opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die vorige eeu, en wat gekulmineer het in die konsolidasie van volkome politieke seggenskap in 1948 en veral in die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961. Die Afrikaner as volk het 'n bloeihoogtepunt onder dr. HF Verwoerd in 1966 bereik, maar met sy sluipmoord in dieselfde jaar het die Afrikaner eenvoudig op 'n afdraandepad begin gaan.

Dit het stelselmatig uitgeloop op die roemlose magsoorname aan ‘n ANC-regering in 1994, wat aanvanklik onder pres. Nelson Mandela gehuldig is as 'n wen-wen politieke skikking. Ná sy uittrede is die euforie van 'n reënboognasie geleidelik verwater deur 'n toenemende vyandiggesinde regering met sy toepassing van sg. regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en rassekwotas op elke terrein.

Onder pres. Jacob Zuma is sedert 2009 die remme van die anti-blanke veldtog losgemaak, terwyl eskalerende korrupsie en wanbestuur die eens trotse land in 'n moeras laat ingly het. Die res is geskiedenis en dit is waar ons vandag staan.

Teen hierdie agtergrond lees vir rekorddoeleindes 'n verkorte weergawe van die genoemde Munsieville-verslag soos volg:

Waar ‘n volk sy skaamte weggegooi het

  • Daniël Lötter

Nog nooit in my lewe het enigiets wat ek moes skryf, soveel van my geverg nie, dis wat in Munsieville by Krugersdorp aangetref word. Dit was op ‘n tyd ‘n ashoop – ‘n plek waar mense vuilgoed weggegooi het. Nou is dit mense wat daar weggegooi is.

 

Bejaarde mans met verrimpelde hande. Kinders met groot oë… net oë waarin daar niks uitdrukking meer is nie. Kinders wat na dinge kyk sonder om in te neem wat hulle sien, want dinge rondom hulle is maar net daar, dit het geen nut nie.

 

Uit die maalkolk van die menslike gang aan die Gautengse Wes-Rand het hulle hier uitgespoel. Die man in die sinkhok – wat op ‘n afstand lyk soos die tipiese hok wat op ‘n boereplaas staan vir die werfhond. Maar dis ‘n mens wat daarin skuiling maak.

 

Die man wat geopereer is vir ‘n breuk, maar die wond is nou oop. 13 cm lank, 5 cm wyd en stinkend van die verswering van septisemie. “Het jy vir my pleisters gebring?” vra hy. “Ek gee hom nog ‘n week,” sê die ou man wat saamloop. “Dis die vyfde een vanjaar. Hulle wonde raak septies en hulle sterf.”

 

Nie ver daarvandaan is ‘n skuiling waarin twee bejaardes woon. Hulle het albei meer as 70 lewensjare agter die rug. In Zimbabwe was hy ‘n welvarende man, ‘n loodgieter. Maar hy is daar verdryf en hy kon nie sy voete hier weer vind nie. Die vrou lê. Sy het nie meer voetsole nie, die onderkant van haar voete is ‘n gistende wond. Maar die klinieksusters kom nie na hierdie plek toe nie. Sy moet gestut word om aan te sukkel tot waar ‘n taxi haar kan oplaai en by ‘n staatshospitaal gaan los.

 

En die klinieksusters is nie die enigste wat hier wegbly nie. “Die vrou daar oorkant se man is ‘n rukkie terug dood,” sê die ouman wat saamloop. “Die predikante wou nie hierheen kom om te help nie. Ons het een van die swart pastore wat in die veld kerk hou gevra om hom te begrawe.”

 

Tussen die klippe speel ‘n klompie kinders. Dis ‘n moedelose spel, sonder doelwit of rede. Hulle ken selfs die mees basiese vaardighede nie, want wanneer anders kinders leer om te tel deur ‘n ma wat sê: “Gaan haal vir my 3 eiers” of “Hardloop gou kafee toe met hierdie R20 noot en koop ‘n brood. Kyk dat jy die regte kleingeld kry,” leer hulle dit nie aan nie. Hier is selde drie eiers om te gaan haal en R20 is ‘n fortuin wat hulle nie ken nie.

 

Die kinders speel in Afrikaans, dis asof die woorde van hulle spel wegskram van hierdie verrotte aarde af. Dis nie ‘n taal wat jy op ‘n ashoop wil hoor nie. Daar is geen skaduwee nie, geen bome of struike nie, geen vrugbare grond vir groente nie, geen water om dit mee nat te maak nie. Dis net die glansende wit son bo hulle wat hierdie spel waarneem. En tog speel hulle…

 

Dit is die teenstrydigheid, die harde afbakening van realiteite wat ‘n mens die diepste tref wanneer jy hier loop. Die opslaankaia wat pynlik netjies en skoon is met die handgeskrewe kennisgewing langs die deur: “Hier klop jy voor jy inkom”. Nie omdat daar iets in is om weg te steek nie – op hierdie ashoop van menslike verval kan niks weggesteek word nie. Maar omdat die enigste anker nog die laaste bietjie selfrespek en eiewaarde is.

 

“Voor een van die skuilings staan ‘n lamlendige houtbankie met ‘n dogtertjie daarop. Die krulle van die ligbruin, toutjieshare kleef aan haar voorkop en laag in haar nek vas. Miskien is sy drie, dalk al ses. Sy is vuil met die vuilheid van baie dae en sy hoes terwyl sy klaend na haar ma roep. “Die ma is netnou hier weg saam met die Nigeriërs, sy sal terugkom met geld en kos vir die kleintjie na vanaand se kant toe,” sê die ouman wat saamloop.

 

Wanneer sy vanaand terugkom sal sy oorstap na die saamgebondelde kaias en hop-huise waarin die swart inwoners van hierdie plek woon. Hulle het darem water en toilette. En daar sal sy ‘n kom water bedel om die stank van misbruik van haar liggaam af te was. Almal doen dit – want die lopende water en toilette wat hulle drie jaar gelede beloof is, het nog nooit gekom nie.

 

Sy sal haar liggaam daarmee was, maar die etterende sweer aan haar gees sal sy nie kan genees nie. Dit het al té stukkend geraak. En die dogtertjie sal volgende jaar 4 jaar oud wees, en dan 5 en dan 6 en niemand weet wanneer die eerste keer sal wees dat ‘n Nigeriër hom aan haar vergryp nie. Want daar is niemand wat dit sal kan keer nie.

 

‘n Mens ry nooit terug na ‘n ashoop om te gaan kyk wat het geword van die goed wat jy weggegooi het nie. En dit is dalk die verskriklikste aanklag van alles – niemand kom hierheen om te kyk wat het geword van sy broers en susters wat weggegooi is nie.

 

Ek ken my kollega, Lenel Cotty Wessels van Front Nasionaal, ‘n sakevrou, ‘n beplanner, ‘n doener, ‘n strateeg, maar toe sy my gisteraand bel kon ek hoor dat sy emosioneel hard getref is. Sy het gery na dié plek om te gaan kyk hoe lyk die realiteite van blanke armoede. En sy het ‘n kykie gehad in die ingangsportaal van hel op aarde….

Op die Internet is meer inligting oor Munsieville beskikbaar en het Ditsem Nuus aan die hand daarvan vir Amanda de Lange van Krugersdorp en VF Plus-raadslid van die plaaslike munisipaliteit per epos gevra vir haar inset, wat sy insiggewend en, verkort, soos volg gegee het:

Ek kom reeds die afgelope 11 jaar saam met die aanvanklike blanke inwoners van Munsieville wat voorheen eers in Kroningspark  gewoon het maar d.m.v.‘n hofbevel na Munsieville verskuif is einde van 2014.

 

Drie maande nadat die grootste gros mense na Munsieville verskuif is en in haglike omstandighede in papierdun 3 x 3 m sinkstrukture geplaas is, het ek ‘n afvaardiging van die MRK (Menseregtekommissie) daar gehad na ‘n klag wat ek ingedien het.  Die uitslag was dat Mogale City behoorlike behuising met water aan die gemeenskap moes verskaf.  Ongelukkig het die gemeenskapsleier dit op daardie stadium van die hand gewys met die bewering dat hulle nie probleem het met die situasie nie.

 

Die getal wit inwoners van Pongoville, soos die area bekend staan, het intussen drasties gegroei en die omgewing het van eens karig en ontoereikend na ‘n plakkerskamp in die ware sin van die woord verval met vullis, vuil kinders, vermaarde diere en dikwels siek inwoners.

 

Deur die jare was daar verskeie prominente hulporganisasies en vrywilligers wat gekom en gegaan het – om verskeie redes.  Ek was self aktief onder die inwoners, maar moes ongelukkig ook onttrek en op hierdie stadium hou ek slegs ‘n oog oor die verwikkelinge.

 

Daar is steeds groepe vrywilligers en skenkers wat deurgaans kos en klere neem en kerkgroepe wat na die emosionele sy omsien.  In hoe mate die geskenkte kos, klere en meubels die mense bereik, sal ek nie kan sê nie. In die gevalle waar skenkers die pakkies en ware self aan die inwoners uitdeel, word daar uiteraard meer waarde toegevoeg.

 

Irene (Abbott) van Niekerk wat saam met haar man Hugo, die afgelope 11 jaar as gemeenskapsleiers vir die wit ‘plakkers’ opgetree het, is onlangs oorlede.  Uiteraard het dit ‘n groot emosionele impak op die inwoners gehad, vir welke rede ookal, maar hulle stryd om oorlewing bly hul eerste prioriteit.

 

Ek het kort na hulle intrek gereël dat daar ‘n mobiele kliniekdiens beskikbaar is vir die siek- en oumense wat nie vervoer of fondse het om na ‘n kliniek of staatshospitaal te gaan nie.  Volgens Mogale City (Krugersdorp) gesondheidsdepartement verkies die mense egter om apteek en staatshospitale toe te gaan.

 

Onder die omstandighede oorleef die mense op hulle manier, maar hulle lewensomstandighede is werklik nie aanvaarbaar nie.  Daar is ongelukkig geen alteratief op die stadium beskikbaar nie en elkeen maak maar sy ‘huis’ en omgewing so gemaklik moontlik.  Hoewel daar ook heelwat struwelinge onder hulle heers, is dit tog ook ‘n groep mense wat saamstaan wanneer dit moet. 

 

Die aanvanklike vrese dat daar probleme met hulle anderskleurige mede-inwoners ondervind gaan word, is gelukkig niks meer as net vrese nie.  Daar heers ‘n tipe van gemeensaamheid tussen al die verarmdes in hulle gedeelde nood, behalwe as daar vuisgeslaan word by die sjebeens.

 

Daar is natuurlik ook diesulkes wat ‘n nederige werkie het en moeite doen met hulle woonplekke en sommiges het selfs ‘n klein tuintjie met groente en ‘n boompie of twee.  Dit is nou nie jou tipiese suksesstorie nie, maar hulle oorlewingsdrang en deursettingsvermoë onder omstandighede is merkwaardig. 

 

Ons maak seker dat die skoolgereed kinders by die naaste skole ingeskryf word aan die einde van die jaar en ek het kontak met die skole om uitsonderlike probleemgevalle te identifiseer vir hulp van watter aard ookal.  Baie van die kinders moet remediërende onderrig kry.  Die kinders is almal op die skole se ‘sopkombuis’ lyste om ten minste seker te maak dat hulle een basiese ete per dag kry.  Vakansies is natuurlik ‘n ander storie, maar daar is by tye groepe vrywilligers wat een of ander vakansieprogram aanbied om die kinders te stimuleer en besig te hou.

 

Die pogings mag klink na iets maar inderwaarheid is dit werklik nie veel of genoeg nie.  Ons kan ongelukkig nie wegkom van die realiteit dat toenemende verarming onder blankes ‘n realiteit is en daar eenvoudig nie ‘n plan B is om dit te bekamp nie.  Munsieville se ‘wit plakkers’ oorleef letterlik van dag tot dag op hulle besonderse manier terwyl fisiese en emosionele verwaarlosing sy tol eis.  Grootmense en kinders, hulle is almal vuisvoos van armoede en konstante swaarkry.

Munsieville is slegs 'n gevallestudie en is daar veel meer sulke voorbeelde van Afrikaner-verval, asook wat uit talle oorde gedoen word om dit teen te werk en mense maatskaplik op te hef. So bv. het Solidariteit Helpende Hand al groot werk gedoen, terwyl individue soos Gideon van Deventer van Welkom met sy Projek Nehemia ook feitlik voltyds daarmee besig is. Daar is ook ander projekte, maar dit is ongekoördineerd.

Die glansboek Gebroke Land deur Kraal Uitgewers met dr. Danie Langner as redakteur gee uitstekende inligting en foto’s van Afrikaner-armoede sedert 1902 tot en met 2009. In November 2015 het dr. André Dannhauser 'n insiggewende skripsie vir 'n honneursgraad in berading uitgebring getiteld Afrikanerarmoede: 'n Pastorale reaksie.

Dit is egter so dat hulpverlenigingsprojekte nie op 'n landswye basis gekoördineerd is nie, terwyl dit duidelik is dat die probleem tans eenvoudig onder die hulpverlening uitgroei. Daar is huidig nie betroubare syfers oor die omvang en graad van blanke armoede en verval nie, maar na raming kan die aantal blankes tans in armoede in die land tussen 800 000 en 1 miljoen, of selfs meer, beloop.

Met blanke armoede gedurende die eerste vier dekades van die vorige eeu was die Afrikaner egter in die gunstige posisie dat die politieke hefboom in sy hande was, maar vandag is hy polities ontmagtig. Toe kon die Afrikaner regeringshulp monster, maar vandag is hy op sy eie genade aangewese.

Die groter werklikheid in hedendaagse Suid-Afrika is natuurlik dat volgens 'n pasvrygestelde verslag van StatsSA leef sowat 30,4 miljoen mense in die land in armoede, oftewel 55,5% van die bevolking. Die getal mense wat onder die 2015-broodlyn van R441 per maand leef, het met 2,8 miljoen toegeneem - vanaf 11 miljoen in 2011 tot 13,8 miljoen in 2015.

Vir die huidige en die pad vorentoe is die volgende brandende vrae:

  • Wat nou gedoen om Afrikaner-armoede en sosio-ekonomiese verval volhoubaar en vir die langtermyn te remedieer?
  • Erken die Afrikaner homself nog hoegenaamd as 'n volk in eie reg?
  • Gaan ons die huidige situasie so laat voortdryf met die kanker al groter wordend en die Afrikaner as volk al hoe meer geërodeer?
  • Of gaan daar 'n omvattende en gekoördineerde inisiatief uit eie geledere kom om eietyds die bul by die horings te pak onder weereens die leuse 'n Volk red homself?
  • Watter ander voorstelle is daar ter oplossing vir die Afrikanervolk?

Na die mening van Ditsem Nuus lê die oplossing daarin om die groter prentjie ook raak te sien, nl. dat benewens blanke armoede, ook verbandhoudende aspekte daadwerklik soos die doelgerigte geweldsmisdaad teen blankes, veral wreedaardige plaasmoorde; aanslag teen Afrikaans; rassekwotas op elke terrein; skool- en tersiêre onderrig; beswaddering van die karakter van die Afrikaner deur elke Tom, Dick en Herrie; ens. – ja, die onverklaarde burgeroorlog teen blankes en in besonder die Afrikaner – daadwerklik aangespreek word.

Waarskynlik is die eerste stap 'n eietydse Volkskongres vir Afrikanerleiers wat kan, wil en opreg is. Dit alles benewens verootmoediging voor God alleen en onwrikbare geloof in Hom.

Destydse president van die Vrystaatse Republiek MT Steyn het gesê: “Kan de eene Afrikaner neutraal blijven wanneer de andere voor Afrika sterft?” Genl. CR de Wet het ná die Anglo-Boere-oorlog op besoek aan Brittanje en Europa om hulpverlening te werf vir die verwoeste republieke, gesê: “Ek sal eerder op die ashoop saam met my volk swaarkry as om in die paleise van koninklikes te wees.”

Ditsem Nuus self, in bedryf sedert 2008 en gebaseer te Orania sedert 2015, het in 2011 in Erlichpark, Bloemfontein, met Projek Opstaan begin om uiters behoeftige kinders, veral voorskools en laerskool, te help. Die projek is daarop gemik om mense te help om hulself te help. Die projek het as vertrekpunt die redding van siele vir die Koninkryk van Christus, terwyl die projek verder fokus op terapeutiese programme vir kinders, liefde vir hulle, ouerleiding, werkskepping en entrepreneurskap.

Terselfdertyd is ’n breër teoretiese model getiteld VIS oftewel Volksinisiatief vir Selfhelp opgestel. Dit is beskikbaar vir ontleding en moontlike verwerking.

Dit dien ook genoem te word dat te Orania as uitstekende model vir praktiese en volhoubare Afrikaner vestiging, die afgelope 26 jaar verskeie beste praktyke ontwikkel is en steeds in proses van ontwikkeling is. Uit hierdie ervaring kan met vrug geput word.

Dit bring die vraag na vore: Wat is die beste oplossing vir die huidige situasie van Afrikaner-armoede en morele verval in SA? Die antwoord lê voor die handliggend nie in pleisters plak op die simptome van ’n ernstige en uitgebeide siekte nie, maar in indringende behandeling van die oorsake.

Derhalwe die volgende basiese voorstelle:

  • Die uitgangspunt behoort vyfledig te wees: Eerstens, pak alles aan in Naam van God Drie-enig; tweedens, erken dat jy lid is van die Afrikanervolk, met respek vir ander identiteite; derdens, ’n volk red homself; vierdens, moenie net ’n vis gee nie, maar leer om self te vang; en vyfdens, Afrikaners moet hul kleinlike verskille los en begin saamstaan soos nooit tevore nie.
  • Die loods en koördinering van aksies op ’n streeks- en plekbasis ter noodleniging, hulpverlening en opheffing.
  • Die intensiewe bevordering van Afrikaner-entrepreneurskap en alles wat daarmee saamhang.
  • Die stigting van ‘n Afrikaner Ondersteuningsfonds, behoorlik gegrond en geoudit.
  • Die hou van 'n Volkskongres van alle bona fide belanghebbendes binne die volgende nege maande.
  • Die opstel van 'n 10-puntplan vir Afrikaner-maatskaplike opheffing en waaraan basiese relevante aspekte gekoppel word.
  • Implementering gekoppel aan begroting, tydskaal en getaaktes.

Kommentaar op hierdie memorandum kan gelewer word op www.ditsem.net of die Facebookblad van Ditsem Nuus. Deelname en aanbiedinge vir hulpverlening kan ook op hierdie platvorms bevestig word. Op www.ditsem.net is ook 'n spesiale afdeling getiteld Afrikaner-opheffing – volg hierdie skakel:

Johann Dannhauser
REDAKTEUR

051 436 0552 - 082 773 2150

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. | www.ditsem.net

P de B Kockstraat 7 • Universitasrif • Bloemfontein

Oranje Eggo S39 • Orania

In wat gesien word as ‘n reuse stap in die proses om Aros as ten volle privaat Christelike hoër onderwysinstelling in SA en internasionaal te posisioneer, het Aros volle registrasie verkry by die Dept. van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit beteken dat die instelling voldoen aan al die vereistes van die Raad op Hoër Onderwys (RHO / CHE) en die Dept. van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) om geakkrediteerde grade en ander kwalifikasies aan te bied.

Aros bied geleentheid vir onderwyskwalifikasies wat voldoen aan nie net nasionale maar ook internasionale standaarde en het bv. vroeër vanjaar ‘n buitlandse skakeltoer onderneem met die oog op wêreldklas navorsing en programontwikkeling.

Vir meer besonderhede besoek www.aros.ac.za of kontak Stephné du Toit by 084 587 9933.

In wat gesien word as ‘n reuse stap in die proses om Aros as ten volle privaat Christelike hoër onderwysinstelling in SA en internasionaal te posisioneer, het Aros volle registrasie verkry by die Dept. van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit beteken dat die instelling voldoen aan al die vereistes van die Raad op Hoër Onderwys (RHO / CHE) en die Dept. van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) om geakkrediteerde grade en ander kwalifikasies aan te bied.

Aros bied geleentheid vir onderwyskwalifikasies wat voldoen aan nie net nasionale maar ook internasionale standaarde en het bv. vroeër vanjaar ‘n buitlandse skakeltoer onderneem met die oog op wêreldklas navorsing en programontwikkeling.

Vir meer besonderhede besoek www.aros.ac.za of kontak Stephné du Toit by 084 587 9933.

Wat is die Afrikaanse vertaling van “To call a spade a spade”? By gebrek aan enige meerdere kennis, vertaal ons dit as “Om kaalkop die waarheid te praat” en dit is wat ons in die volgende opsigte wil doen:

  • Bloemfontein, eens die mooie Rosestad, is besig om uitmekaar te val weens korrupte, onkapabele en swart ANC-bestuur. Laasgenoemde bestuur Bloemfontein, wat deur die DA verteenwoordig word, met hul oormag stemme en setels uit Batho, uit die swart woongebiede van Bloemfontein en uit Botshabelo en Thaba Nchu. Daarmee stoomroller hulle Bloemfontein in die patetiese verval in wat tans plaasvind.
  • Die Vrystaat onder premier Ace Magashule is vir eie gewin, vir pres. Jacob Zuma met sy korrupte doelwitte en vir die Guptas gekaap. Die syfers en feite spreek vir hulself. Niemand beskryf dit beter as DA Wetgewer-leier Roy Jankielsohn nie. Google gerus. Die provinsie is 'n etterende sweer met sy korrupte staatsdiens, kadernepotisme, platgevalle munisipaliteite en munisipale dienslewering, grootste werkloosheid in SA en afwesigheid van enige buitelandse beleggings.
  • Suid-Afrika self is gestaatskaap, met 'n president wat, volgens die Grondwethof, vere voel vir sy ampseed om die belange van die Republiek en al sy burgers eerste te stel. Ons hoef nie meer te sê oor baie tragiese feite nie. Die vraag is net, wie gaan hom en sy meelopers betyds stop?
  • In 'n staat wat internasionaal as rommel geklassifiseer word, word miljarde rand deur die ANC-regering aangewend om sg. swart ekonomiese bemagtiging deur te voer - geld wat grootliks as belasting van blankes gevorder word om juis blankes te ondergrawe. Hoe lank gaan blankes nog onvoorwaardelik belasting aan die regering en hul korrupte SARS betaal?
  • Die hele grondkwessie in SA is 'n klug. Waar het blankes grond van swartes nou eintlik gesteel? Hoekom neem niemand die uitdaging op van TLU SA van 'n beloning van R100 000 rand vir enige sodanige bewys nie? Hoekom hou die staat miljoene hektaar grond verkry onder “grondhervorming” in pag en dra dit nie oor aan die swart en bruin begunstigdes nie? Wat van die miljoene hektaar staatsgrond in SA onder regeringsbeheer en dikwels onbenut? Wat van die sowat 95% mislukkingskoers van swart boere op “hervormde” grond? Hoekom aanhoudend karring met wetgewing en wat ookal om grond van blankes te ontneem? Wat sit regtig agter die aanhoudende bohaai oor “grondhervorming”?
  • Wat van die aanhoudende plaasmoorde en die barbaarsheid waarmee dit gepaard gaan? Hoekom gaan dit net voort en word geen spesiale maatreël getref om dit te stop, sodat die beste boere in die wêreld met vrymoedigheid as voedselprodusente kan aangaan om SA die enigste netto voedseluitvoerder op die vasteland te hou nie?
  • Wat van die toenemende verkragting van blanke vroue deur swartes? Die ergste denkbaar gebeur - 'n meisie word in haar werksplek so verkrag dat sy van trauma sterf; 'n boervrou word in haar plaashuis verkrag, vermoor en die huis op haar aan die brand gesteek; om slegs enkele onlangse voorvalle te noem.
  • Volgens die jongste syfers van StatsSA het die BNP in die eerste kwartaal vanjaar met 0,7% gekruip, volgende op 0,3% in die vorige kwartaal, wat beteken dat SA amptelik in 'n resessie is. Dit is as gevolg van inkrimping in feitlik alle ekonomiese sektore, insluitende vervaardiging en toerisme, maar die sektor wat die beste presteer het, is landbou - met 'n enorme styging van 22%. Dit is 'n sektor wat vanweë praktiese oorlewingsredes nog grotendeels in blanke hande is, maar terselfdertyd is dit een van die sektore wat die meeste deur 'n vyandiggesinde regering geteiken word vir “transformasie”.

Ons het nog baie vrae, soos hoekom ressorteer Chinese immigrante nie onder SEB nie en hoekom betaal hulle nie BTW nie? Ter wille van die waarheid en ter wille van praktiese oorlewing in SA is die tyd vir politieke korrektheid verby.

nuusberig.jpg

Foto - Op die Facebook-blad van Die Voortrekkers is ‘n video van ‘n dokumentêr in die vorm van ‘n TV-nuusbulletin waarin die jongste nuus van Die Voortrekers byderwets aangebied word.

 

Vandag in 'n gesekulariseerde wêreld met sy samelewingsdruk, hoë egskeidingsyfer, groeiende vervanging van die huwelik met saamwoon, verbrokkelende gesinne, rampante dwelm- en drankmisbruik, oormatige klem op materialisme, verlies aan individuele identiteit en distansiëring van die Christelike geloof, bied Die Voortrekkers 'n gesonde, konstruktiewe en volhoubare alternatief vir die skoolgaande jeug.
Hieruit het 'n kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur = KAN as die metode van Die Voortrekkers vir leierskap-ontwikkeling voortgevloei. Die Voortrekkers kweek selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan – om sodoende die toekoms met selfvertroue te VAT.
As sulks bied Die Voortrekkers 'n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur, soos bv. veldkuns, staptoere, spoorsny, rotsklim, perdry, hengel, boogskiet en vele meer. Alle kursusse, spesialisasies en avontuuraktiwiteite word deur kenners aangebied met voldoening aan streng riglyne.
Die prestasies van elke lid word gevier, terwyl daar menige toekennings vir besonderse dienslewering en leierskap gedoen word. Daar is ook 'n gestruktureerde program vir die ontwikkeling van jong leiers, terwyl klem gelê word op die onmisbare waarde van spanwerk. Die Voortrekkers is ook betrokke by 'n verskeidenheid van gemeenskaps-projekte.
Die kulturele kapitaal van Die Voortrekkers is die oorgeërfde wysheid, kennis, vaardighede en praktiese ervaring van meer as agt dekades en vorm wat vandag genoem word die Voortrekkerloopbaan. Terwyl deeglik kennis geneem word van die skoolkurrikulum bestaan die Voortrekker-loopbaanplan uit die HOE OM-boek en ontwikkeling van nuwe en kreatiewe hulpmiddels, wat ook aanlyn op Voriemôl, die aanlynwinkel van Die Voortrekkers, bestel kan word.
Op die moderne webwerf van Die Voortrekkers word eietydse kommunikasie o.a. soos volg beskryf: “Ons kinders se kommunikasiewêreld is tegnologie. Hulle lees meer foon as boeke. Hulle gesels meer per WhatsApp as pouses met mekaar. Vroeër het spanne foto-albums gehad. Vandag is spanne se foto-albums op Facebook. Die ou Voortrekkers het geskryf op leie, ons kinders tik op tablette. Die ou Voortrekkers het gekommunikeer deur kort en lang fluitseine, ons kinders kommunikeer in WhatsApp-taal.
“Die ou Voortrekkers het die Bybel in die wakis gehad. Ons Voortrekkers het die Bybel op 'n slimfoon. Om relevant te wees vir ons jeug, sal Die Voortrekkers moet kennis neem van die wyse waarop ons jeug deesdae kommunikeer en dit integreer in die kommunikasie van ons Voortrekkerloopbaan. Dit sluit in die ontwikkeling van Voortrekkertoepassings (apps) ter ondersteuning van die Voortrekkerloopbaan.”
Vir Die Voortrekkers is die boustene van 'n beskawing onontbeerlik: Die hoeksteen is die gesin; wanneer gesinne in verhouding tree met ander gesinne ontwikkel 'n gemeenskap; wanneer gemeenskappe met ander gemeenskappe in verhouding tree a.g.v. gemeenskaplike goedere, soos taal en tradisie, ontstaan 'n volk; en waar volke met ander volke in verhouding tree, ontwikkel 'n beskawing. Wanneer 'n beskawing verval, moet die rede en die oplossing gesoek word by die kernbousteen, nl. die gesin.
Dus is die hedendaagse Voortrekker modern, standvastig en beweeg vorentoe. Hy/sy is byderwets en tegnologies-onderleg, maar geanker in Christelike gesinswaardes, terwyl die toekoms aangevat word aan die hand van Afrikaner-identiteit.
Vir veel meer inligting oor Die Voortrekkers, besoek www.voortrekkers.co.za of die Facebookblad van Die Voortrekkers. Op laasgenoemde kan veral gekyk word na die hoogtepunte van die hoogtepunte van Die Voortrekkers soos aangebied d.m.v. 'n byderwetse TV-nuusbulletin.

12983954_10207575301555390_5835676998535452242_o.jpg

Foto’s - flitse van kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur = KAN in die
Voortrekkerbeweging

girls_no_red.jpg

Prioriteite.jpg

4-1024x769.jpg

12961429_10207575431038627_32541995121341972_o.jpg

Die Voortrekkerbeweging is in die eerste drie dekades van die 20ste eeu gebore uit 'n besef dat die Afrikaner midde-in 'n oorlewingstryd op maatskaplike, ekonomiese en politieke terrein slegs 'n sinvolle hede en toekoms kan skep indien daar ook op 'n praktiese wyse omgesien kan word na die lewensvaardighede van sy skoolgaande jeug. Dit het gelei tot die stigting van die Voortrekker-beweging in 1931 te Bloemfontein op inisiatief van CF Visser, met die spesifieke doel om die Afrikanerjeug op 'n vrye Christelike grondslag te posisioneer, met verbinding aan hul trotse Afrikaner-erfenis en met gerigtheid op eietydse uitbouing daarvan. Heel gepas is Hou koers as die amptelike leuse aanvaar.
Tot eerste hoofleier is die gerespekteerde dr. NJ van der Merwe verkies, terwyl Die Voortrekkers organisatories in vyf gebiede ingedeel is, nl. Kaapland, Vrystaat, Transvaal, Natal en Suidwes-Afrika (later Namibië), wat elk weer in kommando's opgedeel is.
Die Voortrekkers het van meet af aan hul eie identiteit ontwikkel, met eiesoortige uniforms, kentekens, range, hiërargiese struktuur en toekennings – alles gegrond op dissipline, vrye assosiasie, spanwerk en doelgerigtheid. Voorts het aspekte soos buitelugaktiwiteite, kampe, samesang, spoorsny, omgewingsoriëntering, Bybelvasvra, kampvuurkonserte, kultuur-kennis, kosmaak, lewensvaardighede en meer, kenmerkend van die beweging geword.
In 1939 het Die Voortrekkers die plaas Doornkloof in die distrik Lindley, oorspronklik die eiendom van Voortrekkerleier Sarel Cilliers, as hoofkwartier aangekoop. Gedurende die 20ste eeu was die geskiedenis van die Voortrekkers ten nouste verbind met dié van die Afrikaner en is bv. gedeel in hoogtepunte soos die eeuherdenking van die Groot Trek in 1938, die inwyding van die Voortrekkermonument by Pretoria in 1948 en Republiekwording in 1961.
Ter aanpassing by die nuwe grondwetlike bedeling in die land, het Die Voortrekkers tydens hul 1993-kongres besluit dat ras nooit weer die maatstaf vir lidmaatskap sou wees nie, maar vrye vereenselwiging met die identiteit en waardes van die Afrikaner. Hierdie riglyn staan steeds soos 'n paal bo water.
In die 21ste eeu het Die Voortrekkerbeweging sterk herleef en kon met die vierjaarlikse nasionale kongres 13-14 Julie 2017 te Bloemfontein gewys word op nuwe hoogtepunte, soos rekordledetal, die herinstelling van 'n struktuur vir Natal, 'n moderne en uitgebreide kommunikasienetwerk en bruisende geesdrif vir Afrikaner-identiteit. In sy openingsrede by die kongres, gehou in die Grey Kollege Reüniesaal, het die hoofleier dr. Danie Langner die moderniteit, professionaliteit, standvastigheid, diensbaarheid, paraatheid, openheid en geloof van die hedendaagse Voortrekkerlid beklemtoon.

Uit die vierjaarlikse nasionale kongres wat Die Voortrekkers op 13 en 14 Julie 2017 in Bloemfontein gehou het, blyk dit dat 'n sleutelelement van Afrikanerjeug met nederige trots eienaarskap neem van hul Afrikaner-identiteit. Die hoogtepunt was die amptelike opening van die kongres die aand van 13 Julie in die Reüniesaal van Grey-Kollege, bygewoon deur sowat 1 000 Voortrekkers met hul offisiere en besture afkomstig van oor SA en vanaf Namibië.

Die luisterryke program van die aand is gekenmerk deur ordelikheid, dissipline en identiteitstrots, terwyl ook weerspieël is tot watter moderne en dinamiese Afrikanerjeugbeweging Die Voortrekkers ontwikkel het. In sy openingsrede het die hoofleier van die Voortrekkers, dr. Danie Langner, gesê Afrikanerkinders moet nie “kulturele bywoners” wees in hulle eie land nie, maar “kulturele eienaars” gegrond op die trotse erfenis van hul voorgeslagte. Terselfdertyd is klem gelê op afhanklikheid van God.

Die ledetal van die Voortrekkers is ook besig om toe te neem, terwyl benewens die bestaande gebiedsindeling van die beweging t.w. Kaapland, Vrystaat, Transvaal en Namibië, Natal ook tydens die kongres heringestel is. Tydens die program is afgesien van tradisionele Voortrekkerliedjies, ook die huidige volkslied asook verse 1 en 4 van Die Stem deur die aanwesiges gesing.

Vir die Voortrekkers, wat vanjaar hul 86ste bestaansjaar vier, vorm die gesin die hoeksteen van 'n gesonde gemeenskap, volk en beskawing. Dit is vir hulle des te meer relevant te midde van makro grondskuiwe t.o.v. huweliks-, gesins- en individuele waardes, soos dit manifesteer in verskynsels soos sekularisasie, samelewingsdruk, hiperindividualisme en gesinsverbrokkeling.

Om hierdie rede word in die Voortrekkerbeweging sterk leiding gegee, gekoppel aan Christelike verankerdheid. Met die oog hierop word met die jeug gekommunikeer aan die hand van moderne tegnologie en in pas met eietydse vereistes. Die Voortrekkers verklaar dan ook dat ras en velkleur nie 'n faktor is nie en dat lidmaatskap oop is vir enige een wat heelhartig met die Afrikanerkultuur identifiseer.

In sy openingsrede by die afgelope kongres het die hoofleier, dr. Danie Langner, o.m. gevra:

  • “Is ons nog trotse Afrikaners of het ons nie skaamteloos skaam geword vir Afrikanerskap nie?
  • “Het ons nog die kulturele selfvertroue om respek vir ons taal en erfgoedere te eis?
  • “Doen ons genoeg moeite om ons kinders aan ons helde te herinner en oor die prestasies van ons geskiedenis met hulle te praat?”

Hy het voorts gesê: “Kulturele eienaarskap is allesbehalwe ’n selfvoldane arrogansie of ’n ontkenning van die foute in ons geskiedenis. Kulturele eienaarskap is die aanvaarding van eie verantwoordelikheid om dít wat vir ons kosbaar is vir ons kinders erwe te laat bly. Kulturele eienaarskap is opstaan, moue oprol, inisiatief neem, bakens plant, potensiaal raaksien en dit ontsluit.”

Die huidige topstruktuur van Die Voortrekkers is die volgende: Hoofleier dr. Danie Langner / Hoofsekretaris Corlia Botha / Adjunkhoofleier Finansies dr. Jan van Heerden / Adjunkhoofleier Volwasse Sake Karin Stoffberg / Adjunkhoofleier Verkenners (hoërskoolleerlinge) Johan Laubscher / Adjunkhoofleier Penkoppe en Drawwertjies (laerskoolleerlinge) Elizma Smith / Kaapland Gebiedsleier Anton Erwee / Transvaal Gebiedsleier Zandra Machin / Vrystaat Gebiedsleier Willie Engelbrecht / Natal Gebiedsleier Hetta Müller / Namibië Gebiedsleier ds. Jan du Plessis / Hoofskakeldraer Staatmakers (naskoolse jeug tot 30 jaar) Werner Beineke /

Kantoorbestuurder Hoofkantoor Sinta Robbertse.

Die inhuldigingseremonie van die nuwe ampsdraers het verlede maand onder ’n olienhoutboom, bekend as die Samesweringsboom, op Onze Rust, familieplaas van oud-pres. MT Steyn, plaasgevind. Onder dieselfde boom is Die Voortrekkers se eerste hoofleier, dr. NJ van der Merwe, op 2 Julie 1932 ingelyf.

In dokumentasie op die webwerf van Die Voortrekkers by www.voortrekkers.co.za word verklaar: Dit is vir Die Voortrekkers ’n prioriteit om leiers toe te rus om:

  • hul roeping as eietydse kultuurleiers te verstaan en te ontwikkel.
  • hul gemeenskappe met positiewe waardes te beïnvloed.

deur gemeenskapsbetrokkenheid die sigbaarheid van Die Voortrekkers te vergroot en daardeur die organisasie ook in getalle en invloed te laat groei.

Die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 bekendgestel – 100 jaar nadat vir Afrikaans hierdie standaardnaslaanbron vir spelling en skryfwyse die lig gesien het. Die jongste uitgawe is saamgestel deur die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, terwyl dit uitgegee is deur NB-Uitgewers onder die Pharos-handelsmerk.

Die 2017 AWS sluit talle nuwe woorde in wat die tydsgees en breër Afrikaanse taalgemeenskap weerspieël. Reëls is ook verander en vereenvoudig om Afrikaanse spelling en skryfwyse meer sistematies en dus makliker te maak. “Afrikaans is ’n dinamiese taal wat deurlopend ontwikkel en die jongste AWS is ’n opwindende, lewende bewys hiervan,” sê prof. Gerhard van Huyssteen, voorsitter van die Taalkommissie.

Onder die nuwe toevoegings tot die 2017-AWS tel woorde wat te make het met tegnologiese ontwikkelinge, soos googleloer, hommeltuig, meem, warsender, antispioenware, selfie en skermgreep; woorde wat ontwikkeling in die samelewing weerspieël, soos bewarea, BRICS-land of Bricsland, bystanddood en hidrobreking. Leenwoorde of nuutskeppings waarvoor daar nie Afrikaanse woorde is nie, soos brownie, Chanoeka, muffin, nurk (die geluid wat seekoeie maak), venue en flop is ook ingevoeg. Voorts is heelwat nuwe woorde uit gebruiksvariëteite van Afrikaans, soos sg. Kaapse Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans ook opgeneem, bv. antie, dhaltjie, gangster en poenankies (oulik).

Wat spelling en skryfwyse betref, is reëls wat verander onder meer dat afstandsamestellings voortaan slegs mét ’n koppelteken geskryf word (hoof- uitvoerende beampte, reuse- politieke vergadering), en dat die integriteit van multiwoordeiename in samestellings en afleidings behou word (Derde Wêreldse in plaas van Derdewêreldse; Konstitusionele Hof-regter of Konstitusionele Hofregter in plaas van Konstitusionelehofregter).

Nuwighede sluit in ’n hoofstuk oor leestekengebruik in Afrikaans, die bereëling van trappe van vergelyking, ’n lys Oosterse plekname, landname met geldeenhede en ISO-kodes, en die Afrikaanse name van elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp word ook nou vir die SI-stelsel verskaf.

Die nuwe AWS is volledig omgeskakel in digitale formaat, met behulp van Pharos Woordeboeke, Tswane DJe en die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) van die Noordwes-Universiteit.

Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Die uitvoerende hoof van Maroela Media Susan Lombaard het 'n insiggewende verslag op die Internet gepubliseer oor Afrikaanse leserstalle, wat in die eerste plek daarop dui dat die Afrikaanse lesersmark die afgelope jaar aansienlik gegroei het. Dit is hoofsaaklik omrede daar 'n groeiende verskuiwing was van Afrikaanse lesers van die gedrukte media na Afrikaanse digitale platforms.

Sy sê in haar verslag: “Indien mens in isolasie na die nuutste ABC-sirkulasiesyfers vir Afrikaanse gedrukte media kyk, sien jy dat die sirkulasiesyfers van koerante en tydskrifte onrusbarend vinnig val, met koerante wat 'n daling van 9% toon. Neem jy egter digitale syfers van dieselfde publikasies ook in oënskou, is die prentjie vir Afrikaans uiters positief.” Lombaard wys daarop dat die tendens is dat Afrikaanse gedrukte media vir hulself digitale modelle skep, wat i.t.v. inkomste opmaak vir die verkiese van die gedrukte media.

Terselfdertyd het Maroela Media, met ‘n gemiddelde maandelikse unieke leserstal van 1 416 445 vir die eerste kwartaal vanjaar, ook geskep uit die lesers wat Afrikaanse media verlaat het. Daar het dus 'n kruisbeweging van Afrikaanse lesers na verskillende digitale digitale platforms plaasgevind, met terselfdertyd nuwe Afrikaanse digitale lesers wat bygekom het. Die somtotaal is dat daar meer Afrikaanse lesers is as ooit.

Vir die volledige verslag van Lombaard, volg hierdie skakel.

Uit 400 LPs moes die ondersteuners van die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma 'n meerderheid van 200 + 1 = 201 stemme ten gunste trek. Met dié wat afwesig was en buite stemming gebly het, het 177 vir die mosie gestem en 198 daarteen, wat beteken dat die mosie nie aanvaar is nie en dat Zuma dus in sy amp bly.

21 ANC LPs het ook teen die mosie gestem ondanks hul party-instruksie, terwyl nege uiteenlopende opposisiepartye verenig het in hul teenkanting teen Zuma en steun vir sy ontslag. Andries Plouhamma van Agang SA het gesê: “Met sy ontelbare skandale kan hy pryse in die tronk wen. Zuma is erger as diegene wat Ruth First en Chris Hani vermoor het. As pres. Zuma die mosie oorleef, is ons waarlik op die hoofweg na die hel.”

Die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) het bekend gemaak dat die “9de Volksvergadering van die Geloftvolk van SA” gehou word op 7-8 Oktober 2017 te Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein. Die tema van die vergadering is: Miga 6:2b Want die Here het ‘n twis met sy volk en sal met Israel ‘n regsgeding hou.

In ‘n mediaverklaring sê die GKK die “Geloftevolk is daardie volk wat gebonde is aan ons hemelse Vader by wyse van die Skrifte en gekenmerk word deur ons geskiedenis, vernaamlik deur die geloftes wat sedert volksplanting tot stand gekom het: Die Geloftes van: Jan Van Riebeeck [1654], Bloedrivier [1838] en Paardekraal [1880]. Ons is vanaf die begin die Geloftevolk.” Vir die korrekte weergawes van die geloftes, besoek: www.volksvergadering.co.za/geloftes.php

Vir meer inligting oor die komende vergadering, besoek: www.volksvergadering.co.za/volksvergadering.php of kontak Flip Swanepoel by 082 455 4303 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bladsy 8 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge