ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Welkom by die webwerf van Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant gemik op die Afrikaner as volk en wat bedryf word vanuit die Christelik-nasionale beginsels standpunt. Die teikenmark van die koerant is dus Afrikaners maar ook alle Afrikaanssprekendes.

Die gedrukte formaat van Ditsem Nuus as volkleur koerant, in bedryf sedert 2008, word gratis versprei te Bloemfontein, Kimberley, Boshof, Dealesville, Trompsburg, Brandfort, Luckhoff, Philippolis, Orania, Vanderkloof, Hopetown, Modderrivier, De Aar, Hanover en Colesberg by supermarkte, vulstasiewinkels, koöperasies, koffiewinkels, skole en ander geselekteerde verspreidingspunte.

Kliek hier vir die digitale formaat van die jongste gedrukte koerant, met al sy advertensies. 

Die digitale formaat van die koerant is ietwat uitgebrei op die gedrukte formaat,  soos op hierdie webwerf.

Ditsem Nuus stuur ook weekliks ‘n elektroniese nuusbrief, DitsemBlits, uit aan sowat 12 000 intekenare landswyd en selfs in die buiteland. Dit is op 'n intekenpakket @ R240 per jaar vooruitbetaalbaar. - teken op hierdie webwerf daarop in.

Soos gesien kan word, is die webwerf opgedeel in verskillende natuurlike afdelings wat basies die hele samelewing dek en wat maklik navigeerbaar is. In elke afdeling is toepaslike inligting, waarop die webblaaier welkom is om sy of haar kommentaar te plaas. Die webwerf bevat 'n magdom van gehalte inligting wat die afgelope bykans agt jaar deur Ditsem Nuus versamel, gesif en verwerk is.

Dit is egter so dat gehalte nuus 'n kommoditeit geword het en dat dit vanweë oorhoofse koste nie gratis op 'n volhoubare basis aangebied kan word nie. Daarom het Ditsem Nuus die intekenpakket vir DitsemBlits ingestel, wat nou op die webwerf ingesluit is by 'n geslote gedeelte, soos gesien kan word. 

Die webwerf is bedoel om ‘n aangename en informatiewe kuierplek vir lesers te wees en ons vertrou dat dit ook u ervaring sal wees en dat u ook so daaraan sal deelneem.

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Barnard Bouers

wow kitsblits