adendorff bannier

Die regerende Lesotho Congress for Democracy (LCD) van premier Pakalitha Mosisili in Lesotho het in die algemene verkiesing wat pas gehou is met 30 setels die onderspit gedelf teen die All Basotho Convention (ABC) van Tom Thabane met 48 setels. Dit is egter nog nie genoeg vir 'n volstrekte meerderheid nie en is die ABC, die Alliance for Democracy, die Basotho National Party en die Reformed Congress of Lesotho samesprekings betrokke, Lesotho was die laaste paar jaar deur onstabiliteit en militêre inmenging in die politiek geteister en terwyl die land skynbaar ná die verkiesing rustig is, het die SA Dept. van Internasionale Betrekkinge 'n waarskuwing uitgereik dat 'n staatsgreep in Lesotho nie geduld sal word nie. Intussen word die uitslag van die inter-party beraadslagings afgewag.

Die regerende Lesotho Congress for Democracy (LCD) van premier Pakalitha Mosisili in Lesotho het in die algemene verkiesing wat pas gehou is met 30 setels die onderspit gedelf teen die All Basotho Convention (ABC) van Tom Thabane met 48 setels. Dit is egter nog nie genoeg vir 'n volstrekte meerderheid nie en is die ABC, die Alliance for Democracy, die Basotho National Party en die Reformed Congress of Lesotho samesprekings betrokke, Lesotho was die laaste paar jaar deur onstabiliteit en militêre inmenging in die politiek geteister en terwyl die land skynbaar ná die verkiesing rustig is, het die SA Dept. van Internasionale Betrekkinge 'n waarskuwing uitgereik dat 'n staatsgreep in Lesotho nie geduld sal word nie. Intussen word die uitslag van die inter-party beraadslagings afgewag.

Die nuwe Handves vir die mynboubedryf in SA sal na verwagting vandeesweek deur Minister van Minerale Bronne Mosebenzi Zwane in die Staatskoerant gepubliseer word. 'n Geskil bestaan steeds tussen die regering en die mynbousektor oor hoe die konsep van swart ekonomiese bemagtiging geïnterpreteer moet word. Die Kamer van Mynwese sê een keer bemagtig altyd bemagtig, terwyl die regering sê mynmaatskappye moet te alle tye bemagtig wees. Die kabinet het reeds die nuwe handves goedgekeur, wat glo vereis dat mynmaatskappye minstens 30% bemagtig moet wees pleks van 26% soos tans. In die huidige omstandighede van staatskaping en die president, Guptas en Zwane geïmpliseer daarin, is daar des te meer agterdog oor die bepalings van die Mynbouhandves.

Volksblad berig dat 'n leefstylwoongebied op 23,6 ha rondom die Dam van Trane en die Bron van Herinnering en aangrensend aan die Bybelhuis in gevorderde stadium van beplanning is. Dié projek, wat nog deur die Mangaung Metro Munisipaliteit goedgekeur moet word, sou bestaan uit 'n winkelsentrum, hotel, hospitaal en 'n klein museum.

Volgens Christo Nienkemper van MPC Ontwikkelaars sal die terreine van die geskiedkundige Dam van Trane en Bron van Herinnering tydens die ontwikkeling opgegradeer word sonder om afbreuk aan die erfenis te doen. Dit sal as kosbare skatte behou word met wandelpaadjies daarheen. 'n Amfiteater sal hiernaas ontwikkel word, terwyl 'n klein museum ook opgerig sal word om die geskiedenis te help bewaar. Daar was 'n konsentrasiekamp rondom die Dam van Trane in die Anglo-Boere-oorlog.

Volksblad berig dat 'n leefstylwoongebied op 23,6 ha rondom die Dam van Trane en die Bron van Herinnering en aangrensend aan die Bybelhuis in gevorderde stadium van beplanning is. Dié projek, wat nog deur die Mangaung Metro Munisipaliteit goedgekeur moet word, sou bestaan uit 'n winkelsentrum, hotel, hospitaal en 'n klein museum.

Volgens Christo Nienkemper van MPC Ontwikkelaars sal die terreine van die geskiedkundige Dam van Trane en Bron van Herinnering tydens die ontwikkeling opgegradeer word sonder om afbreuk aan die erfenis te doen. Dit sal as kosbare skatte behou word met wandelpaadjies daarheen. 'n Amfiteater sal hiernaas ontwikkel word, terwyl 'n klein museum ook opgerig sal word om die geskiedenis te help bewaar. Daar was 'n konsentrasiekamp rondom die Dam van Trane in die Anglo-Boere-oorlog.

Daar kan stellig verklaar word dat daar nie een munisipaliteit in die Vrystaat is wat nie deur korrupsie, onkapabelheid en nepotisme in chaos en disfunksionaliteit “bestuur” is nie. Die feite omtrent die Xhariep Distriksmunisipaliteit wat pas aan die lig gekom het, bevestig hierdie feit.

Die munisipaliteit, gesetel in Trompsburg, sluit in die plaaslike munisipaliteite van Letsemeng, Kopanong, Mohokare en Naledi. Die munisipale bestuurder is volgens die burgemeester op spesiale verlof geplaas nadat hy in een maand na bewering onregmatig sowat R300 000 bykomend tot sy salaris aan homself uitbetaal het. Die burgemeester het dit in 'n verskyning van die munisipaliteit voor die Vrystaatse Wetgewer se Komitee oor Openbare Rekeninge in Philippolis bekendgemaak.

Hierop het Wouter Wessels, VF Plus lid van die Wetgewer daarop gewys dat Xhariep die armste munisipale streek in die Vrystaat is en dat hy reeds finansiële steun van die provinsiale regering ontvang, maar dat sy salarisrekening 'n allemintige 80% van sy begroting bedra.

Daar kan stellig verklaar word dat daar nie een munisipaliteit in die Vrystaat is wat nie deur korrupsie, onkapabelheid en nepotisme in chaos en disfunksionaliteit “bestuur” is nie. Die feite omtrent die Xhariep Distriksmunisipaliteit wat pas aan die lig gekom het, bevestig hierdie feit.

Die munisipaliteit, gesetel in Trompsburg, sluit in die plaaslike munisipaliteite van Letsemeng, Kopanong, Mohokare en Naledi. Die munisipale bestuurder is volgens die burgemeester op spesiale verlof geplaas nadat hy in een maand na bewering onregmatig sowat R300 000 bykomend tot sy salaris aan homself uitbetaal het. Die burgemeester het dit in 'n verskyning van die munisipaliteit voor die Vrystaatse Wetgewer se Komitee oor Openbare Rekeninge in Philippolis bekendgemaak.

Hierop het Wouter Wessels, VF Plus lid van die Wetgewer daarop gewys dat Xhariep die armste munisipale streek in die Vrystaat is en dat hy reeds finansiële steun van die provinsiale regering ontvang, maar dat sy salarisrekening 'n allemintige 80% van sy begroting bedra.

Wat is die Afrikaanse vertaling van “To call a spade a spade”? By gebrek aan enige meerdere kennis, vertaal ons dit as “Om kaalkop die waarheid te praat” en dit is wat ons in die volgende opsigte wil doen:

  • Bloemfontein, eens die mooie Rosestad, is besig om uitmekaar te val weens korrupte, onkapabele en swart ANC-bestuur. Laasgenoemde bestuur Bloemfontein, wat deur die DA verteenwoordig word, met hul oormag stemme en setels uit Batho, uit die swart woongebiede van Bloemfontein en uit Botshabelo en Thaba Nchu. Daarmee stoomroller hulle Bloemfontein in die patetiese verval in wat tans plaasvind.
  • Die Vrystaat onder premier Ace Magashule is vir eie gewin, vir pres. Jacob Zuma met sy korrupte doelwitte en vir die Guptas gekaap. Die syfers en feite spreek vir hulself. Niemand beskryf dit beter as DA Wetgewer-leier Roy Jankielsohn nie. Google gerus. Die provinsie is 'n etterende sweer met sy korrupte staatsdiens, kadernepotisme, platgevalle munisipaliteite en munisipale dienslewering, grootste werkloosheid in SA en afwesigheid van enige buitelandse beleggings.
  • Suid-Afrika self is gestaatskaap, met 'n president wat, volgens die Grondwethof, vere voel vir sy ampseed om die belange van die Republiek en al sy burgers eerste te stel. Ons hoef nie meer te sê oor baie tragiese feite nie. Die vraag is net, wie gaan hom en sy meelopers betyds stop?
  • In 'n staat wat internasionaal as rommel geklassifiseer word, word miljarde rand deur die ANC-regering aangewend om sg. swart ekonomiese bemagtiging deur te voer - geld wat grootliks as belasting van blankes gevorder word om juis blankes te ondergrawe. Hoe lank gaan blankes nog onvoorwaardelik belasting aan die regering en hul korrupte SARS betaal?
  • Die hele grondkwessie in SA is 'n klug. Waar het blankes grond van swartes nou eintlik gesteel? Hoekom neem niemand die uitdaging op van TLU SA van 'n beloning van R100 000 rand vir enige sodanige bewys nie? Hoekom hou die staat miljoene hektaar grond verkry onder “grondhervorming” in pag en dra dit nie oor aan die swart en bruin begunstigdes nie? Wat van die miljoene hektaar staatsgrond in SA onder regeringsbeheer en dikwels onbenut? Wat van die sowat 95% mislukkingskoers van swart boere op “hervormde” grond? Hoekom aanhoudend karring met wetgewing en wat ookal om grond van blankes te ontneem? Wat sit regtig agter die aanhoudende bohaai oor “grondhervorming”?
  • Wat van die aanhoudende plaasmoorde en die barbaarsheid waarmee dit gepaard gaan? Hoekom gaan dit net voort en word geen spesiale maatreël getref om dit te stop, sodat die beste boere in die wêreld met vrymoedigheid as voedselprodusente kan aangaan om SA die enigste netto voedseluitvoerder op die vasteland te hou nie?
  • Wat van die toenemende verkragting van blanke vroue deur swartes? Die ergste denkbaar gebeur - 'n meisie word in haar werksplek so verkrag dat sy van trauma sterf; 'n boervrou word in haar plaashuis verkrag, vermoor en die huis op haar aan die brand gesteek; om slegs enkele onlangse voorvalle te noem.
  • Volgens die jongste syfers van StatsSA het die BNP in die eerste kwartaal vanjaar met 0,7% gekruip, volgende op 0,3% in die vorige kwartaal, wat beteken dat SA amptelik in 'n resessie is. Dit is as gevolg van inkrimping in feitlik alle ekonomiese sektore, insluitende vervaardiging en toerisme, maar die sektor wat die beste presteer het, is landbou - met 'n enorme styging van 22%. Dit is 'n sektor wat vanweë praktiese oorlewingsredes nog grotendeels in blanke hande is, maar terselfdertyd is dit een van die sektore wat die meeste deur 'n vyandiggesinde regering geteiken word vir “transformasie”.

Ons het nog baie vrae, soos hoekom ressorteer Chinese immigrante nie onder SEB nie en hoekom betaal hulle nie BTW nie? Ter wille van die waarheid en ter wille van praktiese oorlewing in SA is die tyd vir politieke korrektheid verby.

Terwyl Ditsem Nuus nie 'n DA-ondersteuner is nie en ons bewus is van waar Helen Zille as voormalige Black Sash-aktivis vandaan kom, voel ons om die volgende op te merk oor haar skorsing deur die DA:

  • Haar twiets dat alles van kolonialisme nie sleg was of is nie, is die waarheid. Hoe verklaar die DA anders as die SA Parlementêre stelsel van die Britte geërf, die demokrasie wat hulle so hartstogtelik ondersteun, die Engelse taal waarin hulle kommunikeer en wat hulle gebruik het om Zille te skors plus 'n hoop ander koloniale erfenisse?
  • Zille het met haar twiets niemand beledig of benadeel nie. Hoekom so oorboord gaan oor 'n nietigheid soos ‘n twiet?
  • Dit lyk eerder of Mmusi Maimane, James Selfe en ander top DA’s hul politieke mes vir Zille in het en net na 'n verskoning soek. Is dit dalk omdat hulle hoop op 'n regeringskoalisie in 2019 met die EFF en 'n moontlike gematigde ANC-wegbreekfaksie? Moet hulle dalk daarvoor van die blanke vrou in hul topstruktuur ontslae raak?
  • Zille het grootliks die DA as politieke party help maak wat dit vandag is. Om haar nou op so 'n vernederende wyse die deur te wys, getuig van ondankbare selfvoldaanheid.
  • Pleks dat die DA nou met geslote geledere en as 'n eenheid die wankelende ANC 'n doodskoot toedien, verkies hulle om hulself te verdeel, in 'n uitputtende binnegeveg te verval en 'n gedugte politieke vegter soos Zille op die kantlyn te plaas.
  • Die getuienis is dat Zille 'n sukses maak van haar amp as Wes-Kaapse premier om haar onder die valbyl te sit, verswak verseker die DA-greep op die Wes-Kaap.
  • Ras en kultuur bly faktore wat swaar weeg, al sê wie wat en dit is nie noodwendig verkeerd nie. Die optrede teen Zille gaan die DA waarskynlik duur kos i.t.v. blanke steun, wat nie net in koppe gemeet en geweeg kan word nie.
  • Ons dink dat die optrede teen Zille gaan terugkom om by die DA te spook.

Tans is groot gebeure in die wêreld besig om af te speel - geskiedenis wat gemaak word - en wat onvermydelik ook die lewens van mense in SA gaan raak, in sonderheid Afrikaners. Die Britse verkiesing op 8 Junie het dramaties ontvou toe die Tories van eerste minister Theresa May veel swakker gevaar het as wat hulle gehoop het, terwyl die Arbeiders onder Jeremy Corbyn bo verwagting goed gevaar het. Die uitslag met die Tories op 318 setels en die Arbeiders 261 verkeer dus grootliks in ‘n skaakmatsituasie.

In die VSA woed 'n stryd om lewe en dood rondom pres. Donald Trump. Dit lyk of hy glad nie dieselfde pad loop as die Nuwe Wêreldorde (NWO) wat streef na wêreldoorheersing deur ekonomiese mag en tegnologiese beheersing binne afsienbare tyd nie. Dit lyk of president Vladimir Poetin van Rusland dieselfde siening huldig en dat dié twee dus aansluiting by mekaar probeer vind. Terselfdertyd steek nasionalisme al meer sy kop uit, soos bv. met Brexit.

Dit sou beteken 'n radikale herrangskikking van die tradisionele wêreldorde van die Weste vs Rusland en China en verskuiwing na nasionalisme vs globalisme. Daarom probeer die NWO baie hard om Trump te ontspoor deur sy skynbare uitreiking na Poetin in 'n negatiewe lig te stel en boonop te bewys dat aan die hand van getuienis van voormalige CIA-direkteur James Comey dat Trump sou gelieg het oor skakeling met Rusland.

Die VSA is in om homself verdeeld, met aanduidings dat bv. 99% van die State Department en 97% van die Justice Department verlede jaar gekant was teen die verkiesing van Trump. Dit wys net hoe Trump moet spook om sy beleidsveranderinge deur die Amerikaanse regeringstrukture gestuur en geïmplementeer te kry.

In Europa het Angela Merkel gekies ten gunste van globalisme en prontuit gesê dat die VSA en Brittanje nie meer as betroubare bondgenote beskou kan word nie. Ander EU-leiers het gesê die VSA is nou “'n groter gevaar as Rusland en China”.

China tree al meer as 'n wêreldmoondheid op, maar sukkel intern met grootskaalse werkloosheid, 'n brose Kommunistiese regeringstruktuur en selfs toenemende Christelike bekerings onder sy bevolking.

Hierdie is slegs enkele verfstrepe om aan te dui dat die wêreldtoneel vinnig besig is om ongekend te verander.

Die suiwelmaatskappy DairyBelle wat vir meer as 'n geslag 'n huishoudelike naam in Bloemfontein was en later sy hoofkantoor in Epping, Kaapstad gevestig het, is in die Kaapstadse hooggeregshof finaal gelikwideer. Dit kom nadat 'n sakereddingspoging onsuksesvol was en die geboue en roerende bates van die Epping-aanleg deur Clear Asset, 'n aanlyn afslaer in swart besit, opgeveil word. Dit sluit in twee erwe, 'n toegeruste koelkamer, ‘n private pad en toerusting vir die maak van botter, kaas, roomafskeiding en vrugtesap. Wat die handelsnaam en korporatiewe identiteit betref, is Clear Asset in onderhandeling met verskeie belangstellende partye. As redes vir die ondergang van DairyBelle word aangevoer toenemende druk op die plaaslike suiwelbedryf en toetrede van oorsese mededingers tot die SA mark. In 2014 het Clover die langlewe- en joghurt-bedrywighede van Dairybelle vir R200 miljoen gekoop.

Coca-Cola Beverages SA (CCBSA) het 21,5% van sy aandeel in Appletiser SA aan twee SEB-maatskappye verkoop - 17.5% aan African Pioneer Group (APG) en 4% aan Sipho Excellent Madlala. Die randwaarde van die transaksies is nie bekendgemaak nie.

Die Junie 2017 uitgawe van Ditsem Nuus is soos gewoonlik propvol aktualiteite - nuus wat saakmaak, veral vir die Afrikaner van vandag. Die voorbladberig is getiteld Groeiende aandrang op erkenning van blanke bydrae in SA. Verder is daar 'n verskeidenheid wat wissel vanaf 'n aangrypende getuienis uit die Gideons SA-bediening, nuus oor vier nuwe buitelewe-roetes in SA, ‘n ontleding oor die Zuma faktor, 'n promosie van die nuwe Fabricia Trading Post winkelsentrum in Kimberley, 'n fokus op Vanderkloof as plattelandse dorp met beleggingspotensiaal tot sportflitse. Om die koerant aanlyn te lees volg hierdie skakel.

Die DA ondersoek beweringe dat voormalige Eskom HUB Matshela Koko ‘n tender van R1 miljard goedgekeur het vir ‘n maatskappy waarvan sy stiefdogter ‘n direkteur is. Hierdie geval is onder die aandag van Minister van Openbare Ondernemings Lynne Brown gebring en sal dit waarskynlik ingesluit word by die forensiese ondersoek wat Brown gelas het na die toekenning van alle tenders deur Eskom die afgelope jare.

Dit blyk dat 'n melkplaas van wêreldgehalte met internasionale genetika by Hartebeesfontein, Noordwes, wat in 2001 deur die destydse Dept. van Grondsake gekoop is en aan SEB oorhandig is, totaal tot niet is. Die geboue is vervalle en oorgroei, die plaas is verlate en daar is geen diere meer nie. Agteruitgang was so erg dat die DBV enkele jare gelede van die diere van kant moes maak. Na verneem word, het 'n Johannesburgse sakeman die plaas onlangs op 'n veiling gekoop. Inmiddels blyk dit dat op sowat sewe ander plase in dieselfde omgewing en wat destyds in volle kommersiële boerdery bedryf was, ook tot niet is en dat daar geen bedrywighede meer plaasvind nie.

Die burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit Olly Mlamleli (vroulik) het tydens 'n begrotingsdebat in die metroraad gesê: “Our budget is for the poor and you are black because you are poor and poor because you are black. White people are white because they are cheaters and cheaters because they are white. White people are also rich because they are white. White people have stolen the land of black people.” Die DA het daarop aangedring dat Mlamleli haar stelling terugtrek en het haar 'n “rassis” genoem, waarop sy aanvanklik geweier het om terug te trek, maar dit wel later op aandrang van die speaker gedoen het, hoewel nie in soveel woorde nie. Inmiddels het AfriForum vir Mlamleli by die MRK aangekla vir rassisme en haatspraak.

Die provinsiale bestuur van die Noord-Kaap SAPD het op 5 September 2016 'n direktief aan alle Polisiekantore uitgereik dat alle verklarings van die publiek voortaan slegs in Engels afgelê moet word. Polisiebeamptes moet ook alle verklarings wat in Afrikaans afgelê word, in Engels vertaal. Polisielede wat nie hierdie opdrag gehoorsaam nie, kan dissiplinêr aangekla word. In reaksie hierop het Solidariteit 'n aansoek by die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley ingedien dat hierdie direktief van die NK SAPD tersyde gestel word. aangesien dit indruis teen die taalbeleid van die SAPD en die Grondwet. Boonop wys Solidariteit daarop dat 53,8% van die Noord-Kaapse bevolking Afrikaans as eerste taal verkies, terwyl 33% van die bevolking Tswana praat. Daarom maak dit Engels as voertaal irrasioneel, onprakties en minagtend.

'n Prentjie van die uiters vervalle toestand waarin Johannesburg met sy middestad en voorstede tans verkeer, word verkry uit die jongste stadsrede wat DA burgemeester Herman Mashaba onlangs voor die metroraad gelewer het. Daarin word met feite aangetoon hoe erg die stad die afgelope 22 jaar onder ANC-bestuur agteruitgegaan het met vervalle infrastruktuur, instroming van buitelanders desperaat vir werk en verblyf, die opskiet van plakkersgebiede soos paddastoele, nesskop van dwelmkartelle, florering van prostitusienetwerke en hand oor hand toename in misdaad, veral geweldsmisdaad. Die meeste van die 181 plakkersgebiede in en om Johannesburg het geen basiese dienste hoegenaamd nie, sowat 1 miljoen mense is werkloos en die werkloosheidsyfer onder die jeug is meer as 50%. Ondanks hierdie haglike omstandighede het die vorige ANC metroraad dit goedgedink om 'n nuwe raadskamer van R360 miljoen te bou. Uit hierdie omstandighede het ook die gewelddadige proteste die jongste tyd te Ennerdale, Eldorado Park en ander gebiede opgespring. Vir die volledige stadsrede van Mashaba, kliek hier.  

Bladsy 1 van 20

Tridor Banier web

wow kitsblits