Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Dit is verstommend dat die landbousektor van SA met sy sowat 33 000 blanke kommersiële boere wat onder soveel druk van die vyandiggesinde ANC-regering is en onder 'n hoë plaasmoordsyfer gebuk gaan, in die tweede kwartaal van 2017 met 33,6% gegroei het en daarmee grootliks daarvoor verantwoordelik was dat die nasionale ekonomie ‘n groeisyfer van 2,5% vir die kwartaal getoon het. Sodoende is die land tegnies uit 'n resessie gelig.

Die BBP het in die eerste kwartaal van 2017 met 0,7% gekrimp, in opvolging van ‘n afname van 0,3% in die vierde kwartaal van 2016, wat die land in ‘n tegniese resessie gedompel het. In reaksie hierop sê Agri SA in 'n verklaring: “Suid-Afrika is een van die swakste spelers onder die opkomende markekonomieë in die wêreld en dit weens sy onstabiele politieke omgewing en gepaardgaande beleidsonsekerheid, korrupsie en gebrek aan ekonomiese en politieke leierskap.”

As virtuele maatskappy wat akkommodasie namens verskaffers wêreldwyd organiseer, het Airbnb verlede jaar in Suid-Afrika in totaal sowat R25,2 miljoen vir gashere verdien – 144% meer as in 2015. Van die gaste was 43% Suid-Afrikaners, wat dui op 'n groei van 204% in plaaslike toerisme. Van die totale gegenereerde inkomste het 63% aan vroulike akkommodasie-eienaars gegaan.

Airbnb is sedert 2010 in bedryf in Suid-Afrika. Wêreldwyd duur dit slegs drie weke vandat iemand 'n eiendom op Airbnb lys totdat hulle hul eerste versoek vir 'n bespreking kry. 

Dit is aangekondig dat PetroSA op die onlangse Brics-beraad in China 'n kontrak van R5,1 miljard toegeken het aan die Russiese staatsontginningsgroep Rosgeo om aardgas aan die Suid-Kaapse kus te soek. Dit volg daarop dat PetroSA se soektog na nuwe gasbronne teleurstellend was en dat die staatsbeheerde maatskappy in die proses in 2015 'n verlies van meer as R14 miljard gely het.

Die area in die suidelike Indiese Oseaan wat aan die Russe toegeken is, strek oor 'n massiewe oppervlakte van meer as 4 000 km2. Volgens PetroSA word gehoop dat die projek sal lei tot die ontginning van 4 miljoen m3 aardgas per dag.

Eskom het aangekondig dat dit beplan om vanaf 18 September 2017 kragvoorsiening na ses Noord-Kaapse munisipaliteite af te sny vir vier ure elke dag, weens agterstallige skuld van miljoene rand. Die finale kennisgewings in hierdie verband is reeds gepubliseer.

Die munisipaliteite en dorpe wat geraak word, is Siyancuma (Douglas en Griekwastad), Siyathemba (Prieska), Tsansabane (Postmasburg), Renosterberg (Petrusville, Philipstown en Vanderkloof), Thembelihle (Hopetown en Strydenburg) en Kai !Garib (Kakamas, Keimoes en Kenhardt).

Waar die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat oorspronklik begin is as 'n instansie vir studie en navorsing in die Christelik-Protestantse godsdiens en die opleiding van studente hierin, alles deur onderrigmedium Afrikaans, het die UV Raad verlede jaar besluit om die naam van die fakulteit te verander na “Faculty of Theology and Religion”. Pas het die UV in 'n mediaverklaring, slegs in Engels uitgereik, gesê: “This change signals openness in approach to other religions, in addition to those of Christian denominations. This is a development that took root in Europe a few years ago. Furthermore, a growing field of interest is the study of the impact religion has had and still has, even in highly secularised societies. This name change is the first of its kind in South Africa, which means that the faculty will lead the way in transformation and impact-based religious studies.”

In 'n mediaverklaring sê die Afrikanerbond die volgende oor die implikasies van die rol van die Britse skakelfirma Bell Pottinger in SA: “Dit is met ongeloof wat mens die laaste ruk kennis neem van die onderduimse werk waarmee die Bell Pottinger Groep in Londen bygedra het tot ongekende rassepolarisasie in SA. ‘n Vreemde groep individue in SA waaronder die Gupta-familie, die Zuma-familie en spesifiek dan Duduzane Zuma, asook die opperste fanatieke BLF leier Andile Mngxitama, het almal ter wille van eie belange dit goedgedink om ʼn rasgedrewe agenda in SA te bevorder en daarvoor is die Bell Pottinger maatskappy vanuit Londen aangewend.

“Terwyl die maatskappy sukkel om sy eie beeld te herstel, is enorme skade in SA aangerig. Vanuit die SA perspektief waar ʼn rasgedrewe agenda die gesprek van die laaste paar jaar bepaal het, het Bell Pottinger olie op die vuur gegooi.

“Vrae moet dus gevra word oor die fondse wat die Guptas en die Zumas aan die groep betaal het om die onderduimse werk in SA te verrig. Die Oakbay betalings alleen aan Bell Pottinger beloop na raming meer as R20 miljoent. Dit sluit in minstens 100 000 Britse pond wat Oakbay maandeliks betaal het, maar uitgesluit die betalings deur Duduzane Zuma gemaak.

“Die logiese verdere stap vir Bell Pottinger sou wees om die R20 miljoen plus wat onregmatig vanuit SA betaal is vir hul onderduimse werk, na Suid-Afrikaners terug te kanaliseer in die vorm van brugbou-inisiatiewe tussen Suid-Afrikaners.” 

In 'n mediaverklaring sê Wouter Wessels LPW van die VF Plus in die Vrystaat: “Die Vrystaatse Dept. van Landbou is deurspek met finansiële ongerymdhede en die versuim van die departement om sy 2015/16 jaarverslag ter tafel te lê, wys dat die bewering rakende die befondsing van die Gupta-troue d.m.v.die Vrede-suiwelprojek heel moontlik waar is. As gevolg van die wanbestuur, gebrek aan rekordhouding en behoorlike finansiële kontrole kan die departement hoegenaamd nie met sekerheid sê wat met openbare fondse aangekoop is nie.  Plase en implemente kan na alle waarskynlikheid aan die Guptas behoort of deur hul verkoop word, sonder dat ons dit weet,” sê Wessels.

Hy wys daarop dat die departement 'n dispuut met die Ouditeur-Generaal (OG) verklaar het oor die publikasie van sy jaarverslae, hoewel die OG nogtans wel sy eie verslag uitgebring het. Die kern van die dispuut handel oor die oorbetaling van openbare fondse aan implementeringsagente, soos Estina (Edms) Bpk, ʼn maatskappy met Gupta-bande, sonder dat die nodige verantwoordbaarheid vereis word.

Uitgawes m.b.t. ontwikkelingsprojekte, soos die Vrede-projek, word deur die departement as “oordragte” geklassifiseer en dus word bates en goedere deur die agente wat t.o.v.die betrokke projekte aangekoop is, nie in die finansiële state aangedui nie. Die OG-verslag bepaal o.a. dat meer as R300 miljoen wat aan implementeringsagente vir ontwikkelingsprojekte uitbetaal is, bloot as oordragte geklassifiseer is.   Hierdie uitgawes is egter aangegaan om o.a. roerende sowel as onroerende bates, soos bv. plase, te koop, maar die bates is glad nie geklassifiseer nie.  Daar is dus geen rekord van die spesifieke eienaarskap van hierdie bates nie. 

“Voorts is daar ook gedurende die 2015/16 boekjaar ongeveer R661 miljoen onreëlmatige uitgawes aangegaan en het die departement se ouditmening vanaf 2014/15 se ongekwalifiseerde mening na ʼn ongunstige ouditmening in die 2015/16 boekjaar versleg.  Dit beteken dat die OG bevind het dat die Dept. van Landbou  finansiële inligting wanvoorgestel het,” aldus Wessels.

Dit blyk uit die bekendmaking van die Studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) dat daar nie 'n enkele blanke is nie. Die verkose verteenwoordigers met hul portefeuljes is soos volg: President: Asive Dlanjwa / Vise-President: Letlhogonolo Boikanyo / Sekretaris: Siphokhazi Tyida / Tesourier: Ntombi Nhlapo / Kuns en Kultuur: Lwanda Jack / Sport: Yanelisa Nyalambisa / Transformasie: Kamohelo Maphike / Studentetoeganklikheid en –ondersteuning: Sibongile Mpama / Media en Bemarking: Kgotatso Nonyane / Eerste generasie studente: Lorraine Chauke / Regs- en Grondwetlike Aangeleenthede: Athenkosi Koti / Studente-ontwikkeling en –omgewing: Lefa Makara.

Skole moet nie toelaat dat die organisasie Ogod hulle afpers en intimideer wat godsdiensbeoefening in skole aanbetref nie en hulle staan onder geen verpligting om aan dié organisasie verantwoording te doen oor die skool se interne aangeleenthede nie,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys. Hy sê die Grondwethof se uitspraak wat godsdiensgelykheid op skole bevestig, plaas ʼn verpligting op statutêre liggame om uitvoering aan die uitspraak te gee, en dit beteken dat Ogod buite orde is om aanmaningsbriewe aan Christelike skole, of enge ander skool te stuur.

“Skole moet kennis neem dat hulle steeds godsdiens mag beoefen solank hulle dit op ʼn billike wyse doen en nie leerlinge dwing om daaraan deel te neem nie. Die verantwoordelikheid om aan die Grondwethof-uitspraak te voldoen lê op die vlak van stature liggame soos skoolbeheerrade en die onderskeie onderwysdepartemente.

“Ogod se optrede dui daarop dat die organisasie ʼn vendetta voer teen godsdiens en in besonder teen die Christelike godsdiens aangesien al sy onlangse aanmanings na Christelike skole gestuur is. Die VF Plus adviseer skole om nie geïntimideer te word deur hierdie optrede nie en dat enige aksie van Ogod se kant met die betrokke onderwysdepartement opgeneem moet word.”

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Dit blyk dat kabeldiefstal by die rioolaanleg te Frankfort veroorsaak dat nog meer rou riool as gewoonlik vryelik in die Wilgerivier en daarna in die Vaaldam inloop, wat miljoene mense van drinkwater voorsien. Kabeldiefstal en vandalisme wat by die onbewaakte rioolaanleg plaasgevind het, het die jarelange rioolprobleem nou vererger, ‘n probleem wat ooglopend spruit uit swak bestuur en geen onderhoud deur die Mafube Munisipaliteit.  

Op sy beurt bring hierdie besoedeling van die Wilgerivier ʼn reuse probleem vir die Vaaldam mee, wat as waterbron dien vir groot dele van Gauteng as digsbevolkte provinsie in die land en die ekonomiese hartland van SA.

Christian Action berig in 'n mediaverklaring dat die Britsgebaseerde Royal College of Obtetricians and Gynaecologists (RCOG) kanaliseer fondse na die Universiteit van Stellenbosch (US) en die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Kaapstad (UK) met die doel om aborsie by dokters en verpleegsters te bevorder. Hierdie pro-aborsieprogram getiteld Leading Safe Choices (LSC) is daarop gemik om dokters, verpleegsters en ander beroepsgesondheidslui te desensitiseer oor die realiteit van aborsie.

In SA is dr. Judy Kluge, hoof van die Gesinsbeplanningseenheid by die US en prof. Stefan Gebhardt, hoof van Algemene Spesialisdienste van die Fakulteit van Mediese en Gesondheidswetenskappe en van die Dept. van Verloskunde en Ginekologie aangewys as leiers van die program. Die Britse befondsing is skynbaar voldoende vir die volgende 10 jaar.

Volgens 'n artikel gepubliseer op die webwerf van die US in Julie 2017 word pro-aborsie-opleiding reeds gedoen by gemeenskapsklinieke te Mowbray, Tygerberg, Khayelitsha, Mitchell’s Plain en Michael Mapongwana. Hierdie opleiding sluit in lesings, interaktiewe sessies oor pelvismodelle en groepbesprekings. Die mikpunt is om 150 persone opgelei te hê teen die einde van die jaar.  

Volgens Christian Action is hierdie pro-aborsie veldtog in reaksie op die pro-lewe gesindheid van baie dokters en verpleegsters regdeur SA, wat aborsie beskou as babamoord. Daarom word hierdie beroepsgroepe spesifiek geteiken om 'n verandering in ingesteldheid te probeer bewerkstellig.

  Vir meer besonderhede, besoek www.christianaction.org.za.

Bladsy 7 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge