Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Die Gibela Konsortium het aangekondig dat die eerste plaaslik-geboude X'Ttrapolis Mega pendeltrein aan Metrorail van Prasa teen die einde van 2018 gelewer sal word. Dit word tans gebou by die Dunnottar aanleg aan die Oos-Rand.

De projek is uitsluitlik SEB met drie maatskappye betrokke: Trencon Construction, Black Jills en Saflog Consulting Services. Gibela, ook swart bemagtigd, huur die 29 ha aanleg op 'n perseel van 87 ha.

In opvolging van 'n eerste toegewyde aanlyn verspreidingsentrum in Kaapstad, het Pick n Pay nou 'n tweede sodanige sentrum in Gauteng geopen. Dit blyk dat Pick n Pay, wat pas swakker finansiële resultate getoon het, in die toekoms sy aanlyn-bestellingsdiens aansienlik wil uitbrei met die geloof dat dit vir klante beter is om hul ware direk en in korter tyd van die aanlyn-sentrum te ontvang as om dit via supermarkte te koop. Volgens Pick n Pay verseker dit veral varser produkte. Vir die toekoms beplan Pick n Pay 'n nuwe aanlyn webwerf en 'n opgegradeerde weergawe van die Pick n Pay mobiele toep.  

Die beleërde SAA het ‘n nuwe uitvoerende hoof gekry – Vuyani Jarana, voorheen hoofbeampte van Vodacom Business SA. Volgens Finansminister Malusi Gigaba het Jarana Vodacom Business as ‘n verliesmakende maatskappy omgeswaai in 'n winsgewende entiteit en word geglo dat hy dieselfde met die SAA kan bewerkstellig.

Intussen blyk dit uit ondersoeke van die DA dat moontlik 32% van alle kontrakte wat die SAA aangegaan het, “problematies” kan wees en dat korrupsie van sowat R5,7 miljard ter sprake kan wees.

Die Hotelskool van die SUT bied 23-25 Augustus 2017 die jaarlikse Fiesta del Vino voedsel- en wynfees op hul perseel in Bloemfontein aan. Teen 'n koste van R200 per kop word bied 25 verskillende wynkelders op 23 en 24 Augustus hul produkte aan, tesame met allerlei versnaperinge. Daar sal ook 'n wynwinkel en bistro-restaurant beskikbaar wees.

Op 25 Augustus word @ R350 per kop 'n vyfgang dinee met wyn aangebied onder die tema Fusion Fiesta – Eat to the beat. Die kunstenaar Jacobus Silwer sal ook by die geleentheid optree.

Vir meer besonderhede en besprekings, volg hierdie skakel, of kontak Jaydee Snyman by 051 507 4034 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

http://www.cut.ac.za/departments/department-of-hospitality-management-hotel-school/

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus: “Al is daar bewyse dat Bell Pottinger narratiewe soos ‘wit monopolie-kapitaal’ (WMK) geskep het en selfs daaroor om verskoning gevra het, misbruik die ANC dit nogtans om wittes die skuld te gee vir die ekonomiese krisis in die land en die skade wat aangerig word weens regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Terwyl swartmense lank reeds deur RA en SEB bevoordeel word ten koste van wittes, het die woord wit monopolie-kapitaal nou ongelukkig ʼn populistiese narratief geword.

“Die oogmerk hiermee was om verdeling te skep om te verseker dat persone en faksies in die ANC in beheer bly van die magshefbome om toegang tot die staatsbeursie te verkry en om die aandag af te lei van die staatstroping. Dit rig enorme skade aan, nie net wat rasseverhoudinge in die land aanbetref nie, maar dit stuur ook ʼn negatiewe boodskap aan enige voornemende wit belegger in Suid-Afrika.”

'n Plan om die agteruitgang van Afrikaanse skole in die land te bekamp, is aangekondig deur die voorsitter van die Solidariteit beweging Flip Buys. Dit volg nadat Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga in die Parlement aangedui het dat die aanvraag na Afrikaanse onderrig afgeneem het en dat daar daarom ʼn afname in Afrikaanse skole is.

Buys sê in 'n mediaverklaring: “Die getal Afrikaanse skole krimp wel, maar hulle is groter en Afrikaanse wêreldklasonderrig is steeds moontlik. ʼn Groot rede vir die afname in die getal skole lê daarin opgesluit dat daar nie nuwe skole gebou word nie en talle van die bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het. Migrasie tussen skole a.g.v. meer dubbelmediumskole het egter groter en sterker Afrikaanse skole tot gevolg gehad.

“Solidariteit is in gesprek met verskeie rolspelers in die Afrikaanse onderwysomgewing om na oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderrig te soek, met klem op die volgende aspekte:

  • Opleiding van meer Afrikaanse onderwysers – Aros is reeds besig om 1 000 Afrikaanse laerskoolonderwysers op te lei
  • Die Rapport-onderwysfonds
  • Voortgesette ontwikkeling van onderwysers deur Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum
  • Maatskaplike bystand aan kinders – die Helpende Hand voedingskema bereik 5 000 kleuters per dag
  • Voorsiening van skryfbehoeftes deur Helpende Hand
  • Metodes om outonomie van openbare skole te beskerm
  • Finansiële selfstandigheid van skole
  • Beter samewerking tussen rolspelers in die onderwysomgewing
  • Waar nodig die uitvoerbaarheid van Afrikaanse privaatskole te ondersoek
  • Die moontlikheid word ondersoek om tegnologie soortgelyk aan dié van Akademia te gebruik.”

Voorkoms en aard van plaasaanvalle vanjaar toon dat die stroom in hierdie opsig besig is om toe te neem, bv. volgens TLU SA was daar vanjaar reeds 246 aanvalle waarin 47 mense vermoor is. In een van die jongste aanvalle is Bob Gawler (88) en sy 74-jarige vrou op hul plaas by Glendale Heights ongeveer 30 km vanaf Ballito deur drie inbrekers oorval. Sy is met kabelbinders vasgebind, terwyl Gawler gedwing is om die kluis oop te sluit. Daarop is 'n haelgeweer en rewolwer geroof, Gawler doodgeskiet en die aanvallers met hul bakkie ontvlug het. Mev. Gawler het deur die nag vasgebind gelê en is eers die volgende oggend omstreeks 09:00 gekry.

In 'n aanval op die plaas Belito van Johan Botha in die Clocolan-distrik in die Oos-Vrystaat het ses aanvallers vanuit Lesotho plaaswerkers oorval, hulle vasgebind en toe die plaashuis gestroop. Nadat hulle vir hulself kos gemaak het, het hulle hul buit op 'n trekker en sleepwa gelaai en tot by die Caledonrivier daarmee gery. Botha was besig om mielies te stroop en het blykbaar sodoende die aanval vrygespring. Voordat die aanvallers die grens oorgesteek het, het hulle die veld van die plaas aan die brand gesteek.

Minder as 'n week voor die stemming in die Nasionale Vergadering op komende Dinsdag 8 Augustus 2017 moet plaasvind oor die mosie van wantroue in die presidentskap van Jacob Zuma, het speaker Baleka Mbete nog nie gesê of dit per geheime stemming gaan plaasvind of nie. Vroeër het die Grondwethof gesê dat dit haar mandaat is om hierdie beslissing te neem.

Indien al die opposisiepartye vir die mosie stem plus 50 van die 249 ANC LP’s, sal die mosie slaag en moet Zuma en die hele kabinet summier bedank en word Mbete as speaker die waarnemende president totdat die voorgeskrewe grondwetlike proses gevolg is vir die verkiesing van 'n nuwe staatspresident. Inmiddels het EFF leier Julius Malema aangedui dat hy met ten minste 60 ANC LP’s gepraat het wat ten gunste van die wantrouemosie sou wees.

Vrystaat premier Ace Magashule en huidige voorsiter van ANC in die provinsie word uitgedaag deur sy adjunk Thabo Manyoni, voormalige uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro. Dit blyk dat die twee tans in 'n dodelike tweestryd gewikkel is om die nodige steun te verwerf wat betref politieke beheer oor die Vrystaat. Dit is so erg dat die ANC-leierskapkonferensie wat 10-13 Augustus in Parys sou plaasvind, uitgestel is omdat sg. takoudits nog nie voltooi is nie.

Intussen blyk dit dat bv. die Suid-Vrystaatse takke van die ANC op enkele uitsonderings na vir Manyoni steun. Dit word aanvaar dat Manyoni ook ten gunste van Cyril Ramaphosa is as volgende ANC-president. Magashule is natuurlik een van die hoofluitenante van Zuma.  

Met haar deelname aan die projek The Freedom Challenge vestig Lize Winckler aandag op die toenemende verskynsel van mensehandel in die wêreld sowel as in Suid-Afrika. Dit blyk dat daar tans nagenoeg 46 miljoen mense wêreldwyd vasgevang is in mensehandel as die moderne vorm van slawerny.

Sowat 80% hiervan is vroue, terwyl nagenoeg 50% van hierdie mense tussen 5 en 15 jaar oud is, met die meeste meisies tussen 12 en 15 jaar. Van hierdie totaal word slegs 2% ooit gered, terwyl navorsing ook die jammerlike feit toon dat tot 96% van persone in mensehandel weer daarna terugkeer omdat hulle nie beter vooruitsigte sien nie.

In Suid-Afrika is daar ongeveer 248 000 mense vasgevang in een of ander vorm van mensehandel. Winckler doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om absoluut wakker en paraat te wees teen enige manifestasie van mensehandel wat t.o.v. jou kinders mag kop uitsteek, bv. bedenklike verhoudinge, kontak met vreemdelinge, Internet-verhoudings, gedrag te midde van verbrokkelde gesinne, die effek van vaderlose huishoudings, ens. Sy sê effektiewe tweerigting kommunikasie tussen ouers en tienerkinders is 'n voorvereiste.

In Bloemfontein was bv. onlangs die geval van 'n tienermeisie wat deur 'n groep Nigeriese dwelmsmouse verkrag is omdat sy nie die koste van haar dwelms betyds kon betaal nie. Hulle het haar ook gevange gehou en ‘n losprys van haar pa geëis. Laasgenoemde het die Polisie gekontak, wat op die sindikaat toegeslaan het en die meisie bevry het.  

Vir meer besonderhede oor mensehandel, besoek www.thefreedomchallengeafrica.com of besoek die Facebookblad van Traffick Wise. Winckler kan gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Bladsy 10 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge