Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Nadat Standard Bank vir vier jaar twee mede-uitvoerende hoofde gehad het in die persone van Sim Tshabalala en Ben Kruger, is aangekondig dat Kruger met onmiddellike effek sy pos verlaat. Hy bly egter in diens van die bank, maar sal voortaan aan Tshabalala verslag doen.

Die voorsitter van Standard Bank is Thulani Gcabashe. In 2007 het die Industrial and Commercial Bank of China (ICBC) 'n aandeel van 20% in Standard Bank gekoop vir $5,5 miljard.

Vrae word deur opposisiepartye gevra oor beweringe dat die Dept. van Water en Sanitasie en Prasa twee mega kontrakte met twee Chinese staatsondernemings gesluit het ter totale waarde van R70 miljard, sonder dat die nodige tendervereistes by die Tesourie nagekom is. Die DA beplan om amptelike vrae in die Parlementêre Staande Komitee Skoor oor die aangeleentheid aan Minister van Finansies Malusi Gigaba te stel.

Die beweringe volg op die bevinding van die Wes-Kaapse hooggeregshof vroeër vanjaar dat 'n mega regeringskontrak met Rusland oor kernkrag ter waarde van miljarde rand ongrondwetlik was.

Die SA Inkomstediens (SAID / SARS), wat 'n politieke slagveld geword het met pres. Zuma wat opponent Minister Pravin Gordhan met Malusi Gigaba vervang het en die departementele hoof Tom Moyane wat as laksman van Zuma en Gigaba 'n suiweringsveldtog ander senior amptenare in die SAID uitgevoer het, is besig om sy inkomsteteikens met miljarde rand te mis.

Vir die eerste kwartaal vanjaar het SAID R13 miljard te min ingesamel en as die tendens voortduur, gaan SAID vir die jaar R50 miljard te kort wees. Dit gaan 'n betekenisvolle impak hê op die nasionale begroting oor die eersvolgende drie jaar, met die begroting vir 2017 wat reeds afgeskop het met 'n tekort van R149 miljard. Dit is gelykstaande aan sowat 3,1% van die BBP.

Die kleinhandelsreus Star met die Steinhoff Groep as beherende aandeelhouer gaan eenvoudig net van krag tot krag met die een oorname na die ander en het tans o.m. Ackermans, Bradlows, Cape Fin, Dunss, HiFi Corp, PEP, Russels, Shoe City, Tekkie Town, The Tile House en TimberCity in hul stal. Star, die afkorting vir Steinhoff Africa Retail, beplan om op 20 September 2017 vir die eerste keer op die JSE te noteer en wel met 3,45 miljard aandele tussen R18 en R23 per aandeel.

Die uitvoerende hoof van die Steinhoff Groep is Markus Jooste (55).

AfriVriendelik, 'n inisiatief van AfriForum, bied tans 'n Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aan met die oogmerk om entrepreneurs te bemagtig en te motiveer. Die enigste vereistes vir die kompetisie is dat 'n onderneming reeds 'n jaar lank in bedryf moet wees, dat dit kliënte in Afrikaans moet bedien en dat dit 'n teenwoordigheid op sosiale media moet hê.

Inskrywings sluit op 5 Oktober 2017, waarna 10 finaliste aangewys sal word, waarvoor die publiek dan tussen 10 en 20 Oktober kan stem en waarna die finale beoordeling plaasvind. Die volgende pryse is op die spel: ’n Video (advertensie) vir die onderneming se persoonlike verspreiding op sosiale media / ’n Webtuiste (splinternuut óf ’n opgradering van huidige webwerf) en gratis hostingkoste vir een jaar / ’n Mentorsessie / Hulp met die skep van sosiale en aanlynteenwoordigheid / ’n Apple MacBook Air / ’n Artikel in Forum Tydskrif met sy meer as 150 000 eksemplare.

Vir meer besonderhede besoek www.afrivriendelik.co.za.

Twee Suid-Afrikaners het in uithousportsoorte op internasionale vlak die hoogste louere ingeoes. Die afgelope naweek het Hank McGregor sy 10de wêreldtitel in kanovaart verower in die K1-titel oor 30 km by die Wêreldkampioenskapbyeenkoms te Camps Drift naby Pietermaritzburg, met 'n tyd van 2:09:34. Hy het ook saam met sy roeimaat Jasper Mocké goud in die K2 naelrit verower.

Drie maande gelede het Ryan Sandes van Houtbaai die Western States 100 Mile Endurance Run oor 163 km bergagtige terrein in Kalifornië gewen in 'n tyd van 16:19.38 - 29 minute voor sy naaste mededinger, die Amerikaner Alex Nicholls. Sandes het al verskeie prestige ultra uithouwedlope in die wêreld gewen.

Die skokkende wyse waarop ʼn bejaarde hoësorg-pasiënt in die staatshospitaal op Belfast behandel is, is deur die VF Plus in Mpumalanga onder die aandag gebring in 'n mediaverklaring, wat verder lui: “Mnr. Hennie de Beer (76) het Vrydagaand 'n week gelede uit sy bed geval en moes hy feitlik die hele nag op die vloer lê, waar personeel hom eers die volgende oggend aangetref het. Sy drup is egter nie teruggeplaas nie en daar was ook nie die suurstof wat hy benodig het nie. Die drup is eers die middag weer teruggeplaas.

“Toe mnr. De Beer se seun, Hennie de Beer jnr. by die hospitaal navraag gedoen het oor die voorval, is hy hardhandig uit die hospitaal verwyder en daarvan beskuldig dat hy ʼn rassis is. De Beer jnr. ontken dit.

“Hierdie voorval en optrede is totaal onaanvaarbaar. Wanneer mense met swak diens gekonfronteer word, raak dit toenemend ʼn maklike uitweg om die rassekaart te speel. Wat met mnr. De Beer gebeur het, getuig van skokkende swak diens deur die personeel. Die matrone in beheer was nie bereid om met die VF Plus oor die aangeleentheid te praat nie en het gister selfs versuim om haar foon te beantwoord.”

'n Voorval op Vrydag 25 Augustus 2017 tussen 13:00 en 14:00 in die Soetdoring wildreservaat 30 km noord van Bloemfontein het vrae laat ontstaan oor moontlike onwettige jag deur senior staatsamptenare. Wat na berig word gebeur het, is dat Tshepo Moremi, adjunk-DG van die Dept. van Omgewingsake, adv. Tumelo Phahlo, hoof van die Regsafdeling, Jeff Motsetse, hoof van Finansies, Kobus Willemse (64), assistent-direkteur Bewaringsdienste, ene Myburgh en ene Mofokeng van dieselfde departement in 'n departementele voertuig was waaruit op wild geskiet is. Daartydens het Willemse skielik 'n hartaanval agter op die bakkie gehad en toe hy val, het 'n skoot afgegaan en is Mofokeng beseer.

Die twee beseerde amptenare moes in die Life Rosepark Hospitaal opgeneem word. Aanvanklik het die LUR vir Omgewingsake Benny Malakoane gesê hy weet nie van die beweerde jagtog nie, maar later het hy gesê dit was wel gemagtig.

Die ANC raak al meer verskeurd in verwoede binnegevegte, met die jongste dat die Natalse hooggeregshof beslis het dat die ANC- leiersverkiesing in KZN in 2015 onreëlmatig was en dat die huidige provinsiale leierskap onder voorsitter Sihle Zikakalala onwettig is. Dit is van groot betekenis in die verbete presidensiële opvolgstryd tussen pres. Jacob Zuma en adjunk-pres. Cyril Ramaphosa, met Senzo Mchunu wat Ramaphosa steun en sy opponent Zikakalala wat in die Zuma-kamp is.

Afgesien van ANC-LPs wat openlik afvallig is en Zuma onttroon wil sien, is ANC-voorbokke Jeff Radebe, Lindiwe Sisulu, Matthews Posa en Baleka Mbete ook kandidate in die presidensiële wedloop, benewens natuurlik Nkosazana Dlamini-Zuma. Daarby is leierskorpse in ander provinsies erg verdeeld, met die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap blykbaar pro-Ramaphosa. In die Vrystaat is ook 'n verlammende tweestryd tussen premier Ace Magashule en sy adjunk-voorsitter Thabo Manyoni.

Voorts het die huidige president van die ANC Vroueliga Bathabile Dlamini erg gebots met haar voorganger Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys. Die Minister van Hoër Onderwys Blade Nzimande is 'n fel kritikus van Jacob Zuma.

Politieke sluipmoorde binne ANC-geledere is al meer aan die orde van die dag, veral in KZN, terwyl die erns van die tweespalt blyk uit die jongste berigte dat volgens Adjunk-minister Bheki Cele pres. Zuma beplan om adjunk-pres. Ramaphosa in die pad te steek en te vervang met sy voorkeur-opvolger en eks-vrou NDZ.

Op hierdie stadium kan nie gesien word hoe die versplintering in ANC-geledere ooit weer geheel gaan word nie. Dit gaan tans onverbiddelik oor wie gaan wen en die mag verkry, met die verloorders wat duidelik nie 'n neerlaag gaan aanvaar nie en hul eie agenda gaan implementeer, al lei dit selfs tot anargie.

Met hierdie binnegevegte binne die regerende organisasie is die land inderdaad op 'n kruitvat, wat egter, indien dit ontplof, veel meer positiewe as negatiewe gevolge kan hê.

Kleinmond en die aangrensende Bettysbaai verkeer in 'n staat van beleg nadat swart en gekleurde inwoners van die gebiede Over Hills op 'n massaplundertog gegaan het en huise en winkels van hoofsaaklik blankes aangeval het. Hulle sê dit gaan oor huise wat hulle al vir 10 jaar belowe is deur die DA-beheerde Overstrand Munisipaliteit, maar nog nie gerealiseer het nie.

Berigte op sosiale media het dit egter dat die betogers, wat brandbomme in erwe en huise ingooi, rotse langs heuwels laat afrol en fynbos aan die brand steek, sê dit is tyd dat die eiendomme van blankes oorgeneem word. Daar word ook die siening uitgespreek dat die onluste deel is van 'n ANC-plan om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak.

Op hierdie stadium is die situasie steeds uiters plofbaar.

In 'n gesamentlike mediaverklaring vra die DA, VF Plus en EFF in die Vrystaat wat gewys kan word van bykans R120 miljoen wat na bewering bestee is om die ou Ramkraal-tronk in Batho, Bloemfontein, te omskep in 'n nuwe doelmatige gebou vir die Vrystaatse Wetgewer. Volgens hulle is hierdie bedrag gespandeer sonder dat 'n sooi gespit is of 'n steen gelê is.

Intussen het vandale die voormalige Ramkraal-tronk so geplunder dat feitlik net 'n murasie oor is. Tydens 'n besoek aan die perseel het die verteenwoordigers van die partye aan die media gesê dit is wat oor is nadat “Orkaan Ace” daardeur is, met verwysing na beweerde grootskaalse korrupsie onder premier Ace Magashule.

In reaksie sê die Vrystaatse Wetgewer in 'n mediaverklaring “dat geld tussen departemente geskuif is, dat ondersoek daarna ingestel word en dat verdere kommentaar nie gelewer kan word alvorens die ondersoek afgehandel is nie.”

Die bekende hartchirurg dr. Susan Vosloo is in Durban twee keer deur lede van die eThekwini metropolisie van die pad getrek, geterroriseer om omkoopgeld te betaal vir 'n gewaande verkeersoortreding en gedreig om 'n naweek in die tronk opgesluit te word. Dit het gebeur terwyl sy die stad besoek het om die 27ste kongres van die SA Oorplantingsvereniging (SATS) by te woon.

Die eerste voorval het plaasgevind toe sy op pad na haar hotel was en by 'n rooi verkeerslig gewag het toe die metropolisie langs haar intrek met flitsende ligte en loeiende sirene. Sy was onbewus van enige verkeersoortreding. Die aggressiewe beamptes het haar 'n asemtoets laat doen, maar dit was negatief. Sy is nogtans gedreig met arrestasie, waarop omkoopgeld geëis is. 'n Geskokte Vosloo het R100 oorhandig, waarna sy toegelaat is om te vertrek.

Later die aand het sy met 'n vriend teruggekeer na die plek van die voorval en het hulle weer dieselfde metrovoertuig teengekom. Weer is hulle met aggressie behandel, 'n asemtoets laat doen en van rassisme beskuldig, maar tog toegelaat om ongedeerd te vertrek. Hulle het die voorvalle die volgende dag by die SAPD-stasie Durban Sentraal gaan aanmeld, waar hulle, volgens hulle, professioneel en beleef behandel is.

'n Dag voor die voorval in Durban is Vosloo op 'n glansgeleentheid in Kaapstad aangewys as die Sake-ambassadeur van die Jaar van die Kaapstadse Sakekamer en Die Burger

Eskom het aangekondig dat dit beplan om vanaf 18 September 2017 kragvoorsiening na ses Noord-Kaapse munisipaliteite af te sny vir vier ure elke dag, weens agterstallige skuld van miljoene rand. Die finale kennisgewings in hierdie verband is reeds gepubliseer.

Die munisipaliteite en dorpe wat geraak word, is Siyancuma (Douglas en Griekwastad), Siyathemba (Prieska), Tsansabane (Postmasburg), Renosterberg (Petrusville, Philipstown en Vanderkloof), Thembelihle (Hopetown en Strydenburg) en Kai !Garib (Kakamas, Keimoes en Kenhardt).

Bladsy 6 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge