Nuus in flitse - Julie 2010
FIFA 2010 rekening vir SA belastingbetaler: Volgens tot nou toe onbetwiste berigte gaan die gasheeraanbieding van die FIFA 2010 Sokker Węreldbeker Suid-Afrika sowat R40 miljard kos - op van R3 miljard soos oorspronklik begroot in die boddokument in 2003 aan FIFA voorgelę. Hierdie rekening kan deur niemand anders betaal word as die SA belastingbetaler via die SA regering. Inmiddels word berig dat FIFA verwag om 'n wins van sowat R45 miljard uit die 2010 Węreldbekertoernooi te maak, feitlik belastingvry in Suid-Afrika, kragtens die oorspronlike ooreenkoms. FIFA is geregistreer in Switserland as 'n nie-winsgewende organisasie. Na raming dra blankes in Suid-Afrika sowat 58% van die belastinglas.
VF Plus Jeug open webtuiste vir werkloses: Die VF Plus Jeug het bekend gemaak dat dit op Jeugdag, 16 Junie 2010, die webwerf www.satalent.co.za geopen het vir werkloses wat deur regstellende aksie benadeel word. Onlangse syfers toon dat 60% van die jeug in SA werkloos is, terwyl van die werkloses in die land 76% jeug is. CVs kan op die webwerf geplaas word, terwyl die VF Plus poog om werklose persone, ook in die buiteland, by te staan om geskikte poste te kry.
Jeug steun onafhanklikheid vir Afrikanervolk: In 'n mediaverklaring sę die Verkennersbeweging van SA dat dit op 'n jeugkonferensie wat gehou is op 16 Junie 2010, gereël deur Afriforum Jeug en waarna ongeveer 27 jeugorganisasies genooi was, 'n voorlegging gemaak het waarin die Afrikanervolk se onafhanklikheidseis duidelik uitgespel is. Aan die einde van die konferensie is daar ook die vraag aan die gehoor gestel of hulle teen die onafhanklikheid van die Afrikanervolk is. Dit was insiggewend om te sien dat dit slegs die DA en ACDP was wat gekant was teen onafhanklikheid vir die Afrikanervolk, met die Voortrekkerbeweging wat buite stemming gebly het. Selfs meer insiggewend, is die feit dat talle swart organisasies glad nie gekant was teen onafhanklikheid vir die Afrikanervolk nie.
SA nasionale skuld: Volgens syfers verskaf deur Minister van Finansies Pravin Gordhan word verwag dat die nasionale skuld van SA gaan groei tot 44 % van bruto nasionale produk teen 2015/16, voordat dit geleidelik weer kan afkom. Hoewel die land die grootste ekonomie in Afrika het, sukkel dit tans om sy eerste resessie in 17 jaar af te skud en word lustelose verbruikersbesteding, hoë werkloosheid en onsekerheid oor Europa as grootste handelsvennoot ervaar. Gordhan het daarop gewys dat 'n groot deel van die nasionale skuld is toe te skryf aan die finansiering van infrastruktuur soos elektrisiteitsopwekking, paaie en damme.
Chinese in die Karoo: Die tydskrif Engineering News berig dat die Chinese maatskappy Yingli Green Energy in samewerking met 'n SA vennoot Mulilo Renewable Energy (MRE) 'n 7-kW sonkragopwekker te Copperton sowat 60 km noord van Prieska opgerig het. Daar word blykbaar beoog om die kapasiteit van die projek uit te brei na 'n sonkragpark met kapasiteit van 500 MW. Die opwekker wat opgerig is, verskaf sedert 26 April 2010 krag aan die Copperton gemeenskap met sy 600 inwoners en is ook as 'n geskenk oorgedra aan die plaaslike gemeenskap.
Stryd oor Zimbabwe-diamante: Daar heers tans 'n stryd oor die verkope, al dan nie, van diamante wat ontgin word in die Marange-streek in Zimbabwe. Die diamantveld behoort aan Mugabe en sy Zanu PF regering, maar dit word gemyn deur die Rio Tinto maatskappy. Die verkoop van die diamante word gereguleer deur die sg. Kimberley Proses (KP) wat węreldwyd toesien dat nie handel gedryf word in sg. bloeddiamante nie. 70 lande wat deur KP koop, is in geskil met mekaar of die Zimbabwe-diamante verhandel mag word of nie. Die opbrengs van ook hierdie diamantverkope is waardevol om Mugabe en die Zanu PF bewind in die kussings te hou.
Potensiële impak van sg. leiklipgas in die Karoo: Dit blyk al sterker dat die soektog na sg. leiklipgas (“shale gas”) wat allerweë as feitlik 'n wonderbare nuwe energiebron beskou word, koorsagtig in verskillende węrelddele aan die gang is. Een van die prioriteitsgebiede waarop vir ontginning gefokus word, is die Karoo. Die Petroleum Agentskap van SA het reeds leiklipgaspermitte uitgereik aan Shell Internasionaal en Falcon, terwyl Sasol en Anglo American aansoeke ingesit het. Sasol het as vennote Chesapeake van die VSA en Statoil van Noorweë. Hierdie is 'n verwikkeling wat gewis 'n groot impak kan hę op enige een wat die Noord-Kaap / gedeelte van die Karoo in die oog het as toekomstige grondgebied vir 'n onafhanklike Boerestaat.
Nuwe Handves vir Mynbou gemik op geweldige hupstoot vir SEB: Die nuwe Handves vir Mynbou wat die regering die afgelope week geloods het is daarop gemik om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die land 'n rewolusionęre hupstoot te gee. Kragtens die handves is dit nou feitlik onmoontlik om aan die mynbedryf deel te neem sonder 'n beherende swart vennoot, terwyl dit verpligtend is om die swart vennoot dadelik kontantvoordeel uit die opbrengs van 'n mynonderneming te laat trek. Die vorige Mynbouhandves het misluk om voldoende SEB te weeg te bring omdat swart entrepreneurs vinnig bankrot gespeel het. Die handves is duidelik daarop gemik om swartmense op 'n versnelde basis ekonomies te bevoordeel ten koste van blankes en dit in 'n kritiek-strategiese ekonomiese sektor.
Oud-VF Plus jeugleier bedank verder: Die oud-jeugleier van die VF Plus, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, wat verlede jaar uit sy pos geskors is a.g.v. kritiek op die adjunk-ministerskapaanvaarding deur dr. Pieter Mulder in die ANC-regering, het uit alle leierstrukture in die party bedank. Hy bly egter aan as gewone VF Plus lid. Van Rensburg sluit hom aan by mnr. Willie Spies wat dieselfde paadjie geloop het en hy aanvaar, soos Spies, 'n pos by AfriForum. Van Rensburg het met sy jongste bedanking gesę die VF Plus het die afgelope jaar 'n unieke rigting ingeslaan en die daaropvolgende gebeure spreek vanself. Hieoor moet die kiesers self besluit.
Afganistan – die halsbandjie: Die bloedige oorlog wat die VSA, Brittanje en NAVO-bondgenote in Afganistan voer, gaan waarskynlik nie soseer oor die globale militęre bedreiging van Moslem Taliban ekstremiste en demokrasie in die land nie, maar oor beheer oor die minerale skatkis van Afganistan. Volgens 'n pasgepubliseerde Amerikaanse verslag word die onontginde minerale neerslae in Afganistan geraam op sowat $3 triljard. Dit sluit in ystererts, koper, lithium, niobium, kobalt, goud, silwer, aluminium, berillium, olie en gas. Daar is na berig word, uit verskeie oorde planne om met grootskaalse ontginning te begin.
Navorser gesoek vir regse politieke geskiedenis: 'n Persoon met bewese navorsings- en skryfervaring word gesoek om 'n waardevolle, onverwerkte versameling inligting oor die geskiedenis van die regse politiek in die land, veral gedurende die sewentiger- tot die vroeë negentigerjare, te dokumenteer en daaruit o.m. 'n kommersiële boek te help skryf. Vir die geskikte kandidaat is vergoeding onderhandelbaar, maar ondersteuning uit een of ander goedgesinde openbare fonds sal verwelkom word. Navrae aan selnommer 072 500 8699 of ditsemvrystaat@ditsem.net.