My kitaarheld
• Vicki Fourie, Mej. Dowe Suid Afrika 2009/2010
Hy was oppad om 'n ster te word. Niks kon hom keer om sy drome te bereik nie. Talle mense het gesê, “Hou hom dop; hy gaan nog vêr kom...”
Hy het sy passie geëet, geslaap, en gedrink. Dis al waaroor die lewe gegaan het: hom en sy duur kitaar. En die diep lirieke wat uit sy hart uit geborrel het.
Ja, hy het geweet van God en Sy gebod. Hy het gereeld kerk toe gegaan en hy het elke aand sy gebede opgesê voordat hy sy kop neergesit het.
Hy het selfs 'n paar liedjies geskryf oor die liefde van God – mense sou snak na hul asem as hulle dit hoor. Party sou selfs begin huil. Hy was hulle kitaarheld; hulle het opgesien na hom en hom bewonder.
Een oggend staan hy op, en gaan stort. Soos die meeste mense, begin hy sing. Dadelik kom hy iets agter:
Hy kon nie meer sing nie.
Toe hy sy kitaar optel, weet hy sommer al klaar: iets is groot fout. Sy vingers wou nie meer gehoorsaam nie.
Hy kon nie meer sing of kitaarspeel nie.
Hy gryp 'n pen en 'n papier, en wag... Maar daar was niks.
Hy kon nie meer sing, kitaarspeel of lirieke skryf nie.
Dit het alles net... verdwyn. Wat hom jare gevat het om op te bou, het oornag weggeval.
Dit wat die Here hom gegee het, het Hy weggevat. Die talent was nooit syne nie; dit was nog altyd die Here s'n. Maar hy het dit nie verstaan nie. Hy het hoogmoedig geraak deur die jare; die trotsheid het hom goed laat voel.
Daardie aand het hy neergeval op sy gesig. Al wat oor was, was om te sê, “Groot askies, Here. Ek is jammer... Ek het U nodig... U is die werklike kitaarheld in ons lewens. Die eer behoort nog altyd aan U, en nie aan my nie.”
Miskien moet ons mooi dink aan alles wat ons het... alles wat ons doen... alles wat ons al bereik het... En net mooi onthou: dis geskenke van God. Alle eer behoort net aan Hom...