05 Mei 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Terreur by Mooirivier


By Mooirivier Toll Plaza is die nag van 29 April 2018 27 vragmotors en busse aan die brand gesteek deur aanvallers en het dit uitgebrand. Een vragmotorbestuurder is oorlede. Die voorval word beskryf as die ergste in die geskiedenis van vragvervoer in die land. 


Die protes gaan blykbaar oor ontevredenheid dat buitelanders as vragmotorbestuurders in diens geneem word, hoewel die motief van 'n klaarblyklike georganiseerde terreurgroep nog nie duidelik is nie. In totaal is nou 44 vragmotors en busse sedert 2 April 2018 by Mooirivier uitgebrand teen 'n geraamde totale skade van R250 miljoen. 


Die Polisie, verkeersowerhede en ander wetstoepassers het intussen daarin geslaag om die situasie onder beheer te kry, die talle wrakke te laat wegsleep en die N3 weer oop te stel vir verkeer. Die jongste nuus is dat 54 persone in verband met die terreur in hegtenis geneem is.

Sien ook Redaksionele kommentaar hieronder.

Image

Vrae oor SAFTU / NUMSA


staking Vrae soos die volgende word gevra oor die effektiwiteit, nodigheid en ware agenda van die huidige SAFTU / NUMSA staking oor sg. minimum vergoeding en die 15% BTW koers:

•    Onder die reël geen werk, geen betaling, hoe lank kan die derduisende broodwinners bekostig om van die werk af te bly?

•    Wat sê die ondersoek van NEASA dat 'n opname getoon het dat 66% van maatskappye en ondernemings nie deur die staking hoegenaamd geraak is nie?

•    Dieselfde geld die feit dat 23% van maatskappye en ondernemings wat wel deur die staking geraak is – 7,8% van alle maatskappye en ondernemings – totale afwesigheid van hul werknemers ervaar het.

•    In geheel is is volgens NEASA slegs sowat 50% van alle werknemers onder die staking afwesig by hul werk. Wat sê dit?


NEASA kom tot die gevolgtrekking dat 'n groot segment van werknemers in SA vertroue in vakunies verloor het om effektief namens hulle te beding. Daarom verminder die ledetal van vakunies – in ooreenstemming met die neiging wêreldwyd.


Voorts het beter gekwalifiseerde werknemers hul bedenkinge oor tradisionele vakunieprosedures, terwyl die onrealistiese eise van vakunies in die huidige strawwe ekonomiese klimaat en groot werkloosheid, ook hul tol eis.   

Image

Mangaung Metro moontlik onder administrasie


Dit wil voorkom of die Mangaung Metro Munisipaliteit vandeesmaand deur die nasionale Tesourie onder administrasie geplaas gaan word omdat uitgawes al geruime tyd inkomste in al groter mate oorskry. Die uitstaande diensteskuld van die metro beloop R4,2 miljard, waarvan R941 miljoen van staatsdepartemente is. Daarby beloop die uitstaande rekening van die metro by Bloemwater sowat R680 miljoen.  


Dienslewering deur die metro het feitlik in duie gestort met o.m. vullisverwydering wat kwalik meer gedoen word, kontrakteurs vir instandhouding van infrastruktuur wat nie betaal word nie en watertoevoer na die stad wat deur Bloemwater gerantsoeneer word. 


Intussen gaan die stadsbestuur voort met bykomende uitgawes en is bv. onder politieke druk nog 180 permanente poste in die politieke kantore van die metro geskep teen sowat R30 000 per maand. Dit bring 'n addisionele salarislas van R10 miljoen per maand mee, bo en behalwe die salarisrekening van die metro wat reeds sowat R160 miljoen per maand beloop.

Finansiële bestuur is so chaoties dat die finansiële hoof van die metro Ernest Mohlahlo onlangs summier bedank het. Die gevolg is dat die Tesourie die metro kennis gegee het om vandeesmaand redes te verskaf waarom dit nie onder administrasie geplaas moet word nie. 

Image

Magashule-katnes verder oopgevlek


Die katnes van korrupsie wat voormalige Vrystaatse premier en huidige ANC sektretaris-generaal Ace Magashule in die provinsie nagelaat het, is met verdere onthullings deur die leier van die opposisie in die Vrystaatse Wetgewer dr. Roy Jankielsohn o.m. soos volg in 'n toespraak in die Wetgewer aan die lig gestel (in Engels aangehaal soos dit in 'n mediaverklaring ontvang is):


“At last the province is, at least in physical presence, rid of the corrupt Ace Magashule. His premiership has cost the province dearly and his lingering presence exists through his various factional political appointments in government. If the new Premier wants to make a meaningful difference in the lives of our people, she will have to make a commitment to ensure justice:


•    Will she ensure that all information regarding the asbestos contracts involving Blackhead Consulting will be investigated? It is alleged that the Ignatius Mpambani was gunned down in Sandton in his R3 million Bentley vehicle, in broad daylight, due to his involvement in this Free State contract with the new Premier’s previous department?

•    Will she investigate and expose the Free State Development Corporation’s role in securing a R9 million property deal in Qwa-Qwa involving for Ace Magashule’s daughter, Thoko Malembe?

•    Will she investigate and expose the alleged interference of Ace Magashule through an instruction that a company Unital Holdings, in which this same daughter had a 30% share, must receive a housing development contract at Vogelfontein in Dihlabeng Municipality to the value of R150 million?

•    Will she investigate the Free State Development Corporation’s role in the Village Square rental scandal in Bloemfontein involving the company Ithuteng Consulting from Parys, which allegedly pockets the rental income that should benefit SMMEs in the Free State?

•    Will she ensure that those involved in the R1 billion housing scandal, implicating Hlaudi Motsoaneng and Minister Fikile Mbalula’s wife, are brought to book?

•    Will she investigate and expose the role of Ace Magshule in the Sedgars R9,5 million deal involving supplying T-shirts and blankets during the 2010 World Cup Soccer Tournament exposed in court documents of Abiel Mokotso’s company, Bakamoso Media House? This investigation is deliberately being squashed by the SAPS in Bethlehem.

•    Will she investigate and expose the role of Ace Magashule and former MECs for Agriculture Mosebenzi Zwane and Mamiki Qabathe in the Vrede Dairy scandal? They were the political architects who implemented and approved funding for this project.


“The willingness of the new Premier to investigate and expose the corruption and rot of the Magashule regime will determine whether she will be remembered as a fighter for justice, or a Magashule puppet.


“The Office of the Premier receives a budget of R611 million while the Free State Provincial Legislature only receives R253 million. The Premier should be able to shed off at least half of Magashule’s bloated administration in the Department of the Premier, that employs and empowers various cadres and cronies, and rather allocate these funds to assist ailing departments like Health and Education.


“We know that the previous Premier abused the budget to promote himself, to buy honorary doctorates, to travel abroad, to entertain local and foreign delegations with no visible benefit to the province and to extend his patronage network for factional purposes. We hope that Premier Ntombela will not follow the example of Ace Magashule who ran the Free State as his personal fiefdom by using the cadre policy as an instrument to extend his network of cronies and patronage.


“I cannot do justice to this debate without voicing the DA’s concern about the new Premier’s track record in government. In this respect I must repeat what I said previously in this budget cycle:


•    Being the former MEC responsible for Cooperative Governance, Traditional Affairs and Human Settlements, she left this position to become Premier amid a crisis within Free State municipalities that jointly owe Eskom R6,3 billion and water boards over R2 billion.
•    Her track record in Human Settlements is similarly dismal with 11 000 housing units incomplete and a backlog of 60 000 title deeds.
•    At the Premier’s home base, Mafube Municipality, massive fraud has taken place. The deductions for UIF, pensions and medical aid schemes of municipal employees were not paid over. This is fraud!

•    The former Municipal Manager was replaced by not one but two administrators, while he received his full pay while sitting at home until his contract expired. This is fraud!

•    Residents who pay for electricity are threatened with Eskom power cuts due to the non-payment by the municipality. The municipality receives the money, but does not pay it over to Eskom. This is fraud!

•    Last month the new Premier showed that she is no different to Magashule when she shared a stage with him at an inauguration party that cost R6 million. This amount could have paid the salaries of 43 staff nurses for a year to bolster our ailing Department of Health. It could also have built between 20 and 30 RDP houses for needy families.

Image
Image

Nog terreur teen blankes


In wat nie anders beskryf kan word as terreur nie, omdat daar geen provokasie, selfverdediging of betekenisvolle roof by betrokke is nie, was daar die afgelope paar dae nog twee terreurgevalle van swartes teen blankes. In die eerste geval is die afgelope Saterdagoggend Japie van den Berg (75) en sy vrou Emma (74) op hul plaas Noord-Langeveld in die distrik Hertzogville deur ses aanvallers oorval en erg aangerand. A.g.v. die blitsige optrede van die boereveiligheidstruktuur in samewerking met die SAPD is vyf van die aanvallers spoedig aangekeer.   In die tweede geval is die 28-jarige Jan Snyman van Hluhluwe in KZN deur 'n swart kollega sewe keer met 'n mes noodlottig gesteek omdat laasgenoemde ontevrede was oor sy salaris by hul gesamentlike werkgewer. Snyman was twee maande getroud.

Image

Gariepdam loop oor, maar krane leeg  


Ná die jongste reëns oor die sentrale binneland insluitende Lesotho, loop die Gariepdam met 103% water oor sy wal in 'n skouspel soos min, maar die krane van inwoners van die dorp Gariepdam is ironies genoeg leeg weens wanbetaling deur die Kopanong Munisipaliteit aan Bloemwater.   


Kopanong Munisipaliteit skuld Bloemwater reeds sowat R220 miljoen, m.d.g. dat laasgenoemde waterverskaffing aan die munisipaliteit na die dorpe wat onder hulle ressorteer, óf rantsoeneer of afsny. Dorpe wat onder Kopanong val, is, benewens Gariepdam, ook Bethulie, Edenburg, Fauresmith, Jagersfontein, Philippolis, Reddersburg, Springfontein en Trompsburg.  


Die tragiek is dat veral blanke inwoners hul munisipale rekeninge betaal, maar dat munisipale amptenare die inkomste vir hulself misbruik, wanbestee en verduister en nie hul diensverskaffers soos Bloemwater en Eskom betaal nie.

Image

Nuwe reëls oor datagebruik


Nuwe reëls oor datagebruik pas bekendgemaak deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) kan 'n ingrypende invloed hê op selfoonkommunikasie in die land. Dit behels o.a. dat diensverskaffers voortaan net buitebondeltariewe vir data kan hef indien gebruikers vooraf uitdruklik daartoe ingestem het.  


Verder moet diensverskaffers gebruikers inlig sodra hulle meer as 50% van hul gekontrakteerde data verbruik het, weer wanneer 80% verbruik is en dan weer wanneer die datapakket heeltemal opgebruik is. Nog 'n nuwe bepaling is dat diensverskaffers vir gebruikers die geleentheid moet bied om ongebruikte data na die volgende maand oor te dra.   Die nuwe maatreëls behoort dataverbruik in SA aansienlik meer gebruikersvriendelik te maak.

Image

Program teen pornoverslawing


'n Program, die Conquer Series, is pas bekendgestel om mense oor die wêreld heen wat aan pornografie verslaaf is, te help om daarvan ontslae te raak. Pornografieverslawing het in die wêreld epidemiese afmetinge aangeneem en die Conquer Series is al gebruik om sowat 450 000 mense in 65 lande te ondersteun om die verslawing te bowe te kom.  


Volgens syfers verstrek kyk sowat 74% van volwasse mans na pornografie ten minste een keer per maand, kyk 68% van manlike kerkgangers en 30% van vroue gereeld na pornografie en het 50% van leraars en predikante erken dat hulle 'n persoonlike probleem met pornografie het.  


Volgens die programbestuur van die Conquer Series, wat Christelik-gebaseerd is, het pornografie o.m. die volgende ernstige vernietigende gevolge: Dit is verslawend / Dit benadeel die vermoë om met 'n regte maat 'n gesonde verhouding te hê / Dit vergroot die kanse op buite-egtelikheid / Dit lei tot egskeiding / Dit bevorder seksuele misdade.  


Maatskaplike navorsing en statistiek wêreldwyd toon dat pornografie inderdaad die pes van die hedendaagse samelewing is en dat dit ook hoogs bevorderlik is vir dwelmgebruik en ander maatskaplike euwels. Die probleem is dat dit met moderne media so vryelik beskikbaar en maklik toeganklik is.  


Vir meer besonderhede oor die Conquer Series, besoek www.christianpost.com.

Image

Inteken op DitsemBlits


Die weeklikse elektroniese nuusbrief wat Ditsem Nuus uitstuur, tesame met die daaglikse Nuushooftrekke, alles gefokus op nuus wat saakmaak vir die Afrikaner, vorm 'n unieke nuuspakket in Afrikaans. Beskikbaar op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar, bied die nuusdiens vinger op die pols kontak met nuusgebeure soos wat dit ontvou.     


Om in te teken is maklik: Doen ‘n inbetaling van R240 in die volgende


bankrekening: Standard Bank

Rekeningnaam: DitsemBlits

Rekeningnommer: 140 320 105 (Spaarrekening)

As verwysing: Jou naam en van.

Volg dit dan op met ‘n epos na web@ditsem.net met jou naam en van, die eposadres waarop jy die DitsemBlits wil ontvang, asook  bewys van betaling.  


By ontvangs van hierdie besonderhede word jou naam op die DitsemBlits adreslys geplaas vir die volgende 12 x maande.

SAKENUUS

Image

Buitelandse belegging in SA negatief 


Volgens syfers verskaf deur Mike Schüssler van Economists.co.za het netto buitelandse regstreekse belegging (FDI) in Suid-Afrika, uitgedruk as ‘n persentasie van die BBP, vanaf ‘n hoogtepunt van 24% in 2005 geval na ‘n laagtepunt van sowat -31% in 2017. In geldwaarde het SA maatskappye in 2017 R3 300 miljard in ander lande belê, terwyl die wêreld R1 800 miljard hier belê het, dus ‘n negatiewe verskil van R1 500 miljard.  


Dit beteken dat vanaf 2005 na 2017 het SA beweeg van R1 200 miljard netto positiewe FDI tot netto negatiewe FDI van R1 500 miljard – ‘n verlies in vaste belegging van R2 700 miljard. Schüssler bereken dan dat dit sowat R1 miljoen kos om een werkgeleentheid te skep en lei van daaraf af dat verlies aan FDI die land 2,7 miljoen werksgeleenthede gekos het. 

Image

Eerste aflandige diensbasis in SA


Die eerste aflandige diensbasis (off-shore supply base) in SA vir die diens van aflandige gas- en oliemaatskappy langs die weskus van Afrika, gaan by Saldanhabaai teen R1,8 miljard gebou word. Die private ondernemer is Saldehco, wat aan die internasionale HARPS Holdings behoort, in samewerking met 'n swart vrouemaatskappy Semona.

 

Dit volg op 'n tenderproses van die Transnet National Ports Authority (TNPA), wat vir die bedryf van die diensbasis hawegeriewe beskikbaar sal stel, maar Saldehco is verantwoordelik vir pakhuis-, werkswinkel- en kantoorfasiliteite, asook hyskraandienste. Daar word verwag dat die projek groot impak op die plaaslike ekonomie sal hê, terwyl dit bedryf sal word binne die eerste spesiale ekonomiese sone van die regering wat aan 'n kommersiële hawe gekoppel is.


Image

Miljarde in mynbedryf vir SEB


Dit is veral in die mynbedryf waar die grootste swart ekonomiese bemagtiging toegepas is met sowat 'n astronomiese R159 miljard wat die afgelope 12 jaar aan swart vennote oorgedra is. Dit is bekendgemaak deur Mike Teke met sy uittrede as president van die Kamer van Mynwese. Hy het daarop gewys dat mynmaatskappye wat lede van die Kamer is, gemiddeld reeds 38% deur swart eienaars besit word.  


Tans word finalisering van die nuwe Mynbouhandves gekortwiek omdat die Dept. van Minerale volgens mynmaatskappye te ver gaan met hul voorstelle vir nog skerper maatreëls ten gunste van SEB, tot so 'n mate dat dit die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van myne ernstig kortwiek. Dit is bekend dat 31% van die goudmyne in SA en 40% van die platinummyne word huidig teen verliese bedryf.

INTERNASIONAAL

Image

Stroom Moslems bekeer na Christendom


Volgens die tydskrif Joy! Magazine, wat die webwerf www.charismanews.com aanhaal, is 'n stroom Moslems in Noord-Afrika en regdeur die Midde Ooste tans besig om na die Christendom te bekeer. Miljoene Moslems neem Christus as Verlosser aan dikwels onder omstandighede waar Christenskap, die Bybel en bekering verbode is of selfs met die dood strafbaar is.  


Met die moderne tegnologie, veral die Internet, selfoon en internasionale televisie word Moslems met die Evangelie bereik, maar daar is ook talle getuienisse van Moslems wat Christus in visioene en drome ontmoet het. Die internasionale satellietnetwerk, Alkama, bekend as die TBN van die Midde-Ooste, het in slegs een streek 'n daaglikse kykergetal van ongeveer 4 miljoen mense.  


Vir meer besonderhede besoek www.charismanews.com.

Image

Christene in Noord-Korea steeds bloediglik vervolg


Die bediening Geopende Deure berig in hul jongste nuusbrief dat Noord-Korea steeds, soos die afgelope 17 jaar, die eerste plek beklee op die Wêreldwaarnemingslys van lande waar vervolging van Christene die ergste is. Geopende Deure skryf in ‘n nuusbrief: 


“In Noord-Korea, as jy gelukkig genoeg is om ‘n Bybel te hê, moet jy dit weggesteek hou. Jy kan nie eens waag om jou kinders van Jesus te vertel nie. Indien jou geloof ontdek word, word jy tereggestel of na ‘n arbeidskamp gestuur, dikwels saam met jou nabye familie.  


“’n Geskatte 50 000 tot 70 000 Christene is tans gevangenes in arbeidskampe. Hulle word gereeld gemartel, verhonger en geforseer om 18 ure ‘n dag te werk. Baie is vir altyd beseer of verlam a.g.v. mishandeling. Sommige word verkrag en geforseer om aborsies te ondergaan. 


“Alhoewel afgryslik, is die situasie nie hopeloos nie. Broer Andrew, wat Geopende Deure meer as 60 jaar gelede gestig het, het gesê: Die uitdaging, wanneer dit kom by menslik onmoontlike, is om nié dit wat ons sien as onvermydelik te aanvaar nie. Die Bybel maak nie fatalisme goed nie. Dit vra na aksie, inisiatief, geloof.  


“Noord-Korea is steeds ‘n baie donker land, maar ons sien gebede beantwoord word en terwyl ons hierdie werk al vir baie jare doen, het ons nog nooit soveel Noord-Koreane gesien wat tot geloof kom soos deesdae nie. Daar is tans ongeveer 300 000 geheime gelowiges in Noord-Korea.”  


Vir meer besonderhede en om die bediening te ondersteun, besoek www.opendoors.org.za

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Die kwessie van Noord-Korea


Net so verstommend as wat die val van die ystergordyn in 1989 was, so verstommend is die omkeer van Noord-Korea met hul diktator Kim Jong-un om hul kernwapens op te gee en vrede te maak met Suid-Korea. Dit is amper te goed om waar te wees. 


'n Mens wil glo dat dit bona fide en waar is en dat hier 'n ontsaglike internasionale deurbraak vir die beste besig is om te gebeur. Tog is daar 'n mate van positiewe skeptisisme. 


Drie aspekte wat ons meen in ag gehou moet word, is, eerstens, dat Noord-Korea basies 'n leë dop is wat met ongelooflike geweldsmag in stand gehou word. As sulks is dit onvolhoubaar en besef Jong-un en sy kliek dit ook en daarom eerder 'n eerbare uitweg soek. 


Tweedens, om die kunsmatige, bankrot ekonomie van Noord-Korea te red, sou dit verkieslik wees om dit aan te sluit by die hoogs suksesvolle en florerende ekonomie van Suid-Korea en by die res van die wêreld. Pasop egter, dat Jong-un nie werklik sy kernwapens en militêre gevaar opsê nie en net kyk dat hy sy ekonomie 'n tweede asem gee.  


Derdens en die belangrikste: Noord-Korea was vir meer as 50 jaar die mees onderdrukkende plek ter wêreld van Christene en Christelikheid. Om net iets oor Christelikheid te fluister, het vir miljoene mense hul doodsvonnis beteken. Jong-un en sy regime het die bloed en lyding van miljoene mense aan hul hande en dit moet verreken word. Daarom is die koms van Christelike vryheid in Noord-Korea ononderhandelbaar.

Onreg van Vicky Momberg


Wat huidiglik in Suid-Afrika gebeur, is dat die blanke blatant deur die swarte geboelie word, op feitlik elke terrein – sg. swart ekonomiese bemagtiging, in die werksplek, in skole, by universiteite, sportkwotas, op landbougebied, dreigende grondgryp, noem op! Die ergste is dat die blanke, veral die Afrikaner, dit toelaat en in die meeste gevalle verskrik opsystaan.  


Die redes vir die geboelie, is basies getalsoorwig – hulle is meer, so dis demokraties, ons moet buig. 'n Tweede rede is dat die Afrikaner o so wetsgehoorsaam is – die wet sê jy moet ten alle koste gehoorsaam wees, ongeag hoe die wet toegepas word en deur wie dit toegepas word.   'n Derde rede is Christelike gehoorsaamheid – die Bybel sê jy moet onderdanig wees aan die owerheid, want daar is nie 'n owerheid wat nie deur God ingestel is nie. Wat die Bybel egter ook sê, is dat jy God meer gehoorsaam moet wees as die koning (die owerheid).


In elk geval, dit bring ons by die geval van Vicky Momberg. Sy het in 'n stressituasie – byna gekaap deur swart rowers – die k..... woord herhaaldelik gebruik. Daarvoor sê die hof moet sy twee jaar in die tronk sit, sonder die reg van appèl. 


Aan die ander kant, dreunsing die SAFTU / NUMSA swart stakende massa: “Kill the Boer, kill the farmer”. Daaroor sê niemand niks nie. Julius Malema lei sy massa om presies dieselfde te sing en niks substansieels word daaromtrent gedoen nie. Oud-pres Jacob Zuma hou aan sing “Bring my masjiengeweer, sodat ek die vyand (impliserend die blanke / die Afrikaner) kan skiet”. Ook skotvry.  


Nog erger – blankes word daagliks in hul huise deur swartmense gruwelik vermoor, aangerand, vermink en beroof, maar nee, dit is nie rassisme nie, dit is net “gewone misdaad”.  


Na alles, wat is omtrent die k... woord so degraderend of kwetsend, wat nog te sê krimineel? Is dit 'n diepe innerlike minderwaardigheidsgevoel waarvoor geen buiestander verantwoordelik gehou kan word nie, maar waarvoor die blanke gedwing word om pa te staan? 


In enige geval, is dit in die geval van Vicky Momberg ongelooflike dubbele standaarde wat toegepas is en steeds toegepas word. As sulks is dit 'n Godskreiende onreg wat haar aangedoen is en derhalwe verdien dit om reggestel te word.   Ons harte gaan uit na haar.        

Nog 'n georganiseerde hinderlaag


Die ‘Padda-in-die-pot’-gesegde is al holrug gery, maar kyk na die huidige strategie wat betref nasionale roetes in die land:  


1) Eers net hoof snelweë met baie taxi’s afgeblok (klein besige  voertuigies). Dus getalle gebruik vir die doel. Dit was sonder groot aggressie. 

2) Toe word die blokkeerdery opgegradeer na vragmotors orals in die land om verkeer te laat ophoop. Steeds kalm sonder aggressie. 

3) Toe word die bale en brandende bande geïmplementeer op snelweë. Oral in die land is belangrike vragmotors so beroof en waaroor die media tjoepstil is. Vragmotors word vasgekeer tussen brandende bande en kaal gestroop, en drywers gedreig maar nie doodgemaak nie.  

4) Opgradering het daarna weer plaasgevind en die stroping van Mooirivier se Spar-vragmotor was 'n deurbraak en het padgebruikers begin soek na alternatiewe roetes.  

5) Daarna die jongste ‘opgradering’ – die massa verbranding van vragmotors hierdie week by Mooirivier, met erge intimidasie en selfs doodsdreigemente.   

6) Wat sou die laaste opgradering wees? Dat jy wat 'n drywer is lewendig saam met jou vragmotor gaan brand?  


Hierdie aksies is landswyd en dit is waarskynlik dat daar buitelandse magte by betrokke is.  


Hoe raak hierdie patroon my en jou?  


Ons moet onsself in alle opsigte paraat maak, wakker wees en gereed wees vir enige gebeurlikheid. Ons moet oo saamstaan en alle verskille eenkant laat.  


Voorts die volgende wenke: 

1) Waarsku vragmotoreienaars om hulle drywers te bewapen. 

2) Waarsku vragmotoreienaars oor die agenda en die opgeskerpte aanval teen hulle eiendom en personeel...landswyd.  

3) As hulle enige teken van blokkasie sien, brandend of nie, ry oor en deur dit. Herstel die vragmotor later, maar red jou drywer se lewe en beskerm jou vrag.   4) BLY KALM EN BEPLAN.

Strategie van Mooirivier, betogings en stakings


In die sosiale media word wyd gespekuleer dat aan die hand van praktiese waarnemings daar 'n strategiese verband is tussen die massa uitbranding van vragmotors by Mooirivier Plaza en die ander landswye betogings en stakings wat sedert die afgelope tyd aanhoudend plaasvind. Ditsem Nuus is toegewy om slegs die waarheid en betroubare kommentaar te publiseer, maar daar is met nuus ook grys areas waar dit moeilik is om die korrels van die kaf te skei.  


Voorts is ons ook daarop ingestel om nie gerugte van vrees te versprei nie, mar ons voel tog om teen hierdie agtergrond die volgende uittreksel uit 'n WhatsApp berig te publiseer vir wat dit werd mag wees: 

SKEP MOED!

Gebedsriglyne vir die grondkwessie


Op sosiale media gee dr. Elza Meyer, prediker en motiveringspreker van Pretoria, oor die brandende grondkwessie in SA die volgende Bybelse riglyne:


“Ek het ervaar dat Vader met my oor grond of ‘land’ gepraat het. Ek het duidelik ervaar dat ek Esegiël 36 moes lees. Dit was vir my interessant dat die opdrag is om te profeteer en dit tot die berge, klowe en dale te rig. Ook die puinhope en verlate stede word opgeroep.


“Esegiël moes eers oor die grond profeteer en daarna oor die mense. Dis Goddelike strategie. Eers die grond en dan die mense …


“In die lig hiervan het ek die volgende gebedsriglyne geformuleer:

1.    Suid-Afrika, in die Naam van Jesus Christus profeteer ons tot jou oeroue hoogtes, jou heuwels, berge, klowe en valleie. Ons kondig oor jou puinhope en stede aan: So sê die Here: Niemand sal My land vir hulself as buit vat nie. Vers 1-5.

2.    Die berge sal groot vrugte-oeste dra – gereed vir My mense wat terugkeer huis toe. Kyk Ek gee om vir julle. Ek kom julle help! Julle grond sal omgeploeg en gesaai word. Vers 8-9.

3.    Ek vermeerder die bevolking [ons spreek dit ook uit oor U geestelike volk in ons land, Here]; julle sal die stede bewoon en die puinhope herstel. Ek maak julle meer voorspoedig as vroeër. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Vers 10-11.

4.    So sê die Here: Julle land is besoedel deur moord en afgode. Daarom het ek julle na baie lande toe verstrooi. Maar Ek bring julle terug, nie omdat julle dit verdien nie, maar terwille van My Naam.  Vers 18-24.
5.    Ek was julle met skoon water – julle sal skoon wees. Ek gee julle ‘n nuwe hart met die regte begeertes en ‘n nuwe gees. Julle sal My volk wees en Ek julle God. Vers 24-27.

6.    Julle sal in die land bly wat Ek aan jul voorouers gegee het. Julle sal nie hongersnood ken nie. Julle buurlande sal nooit weer met julle spot nie. Vers 28-32.

7.    In plaas van kaalgestroop sal jul land soos die Tuin van Eden wees! Die stede wat uitgelewer was aan korrupsie, sal sterk en vol mense wees! Die landerye sal beplant wees! Ek doen dit in antwoord op jul gebede! Dan sal almal besef dat Ek die Here is! Vers 34-38.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net