2 Februarie 2018

Lyk die epos nie reg nie? Lees dit aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Moontlike nuwe heksejag op “apartheid” 


Uit die bloute is bekendgemaak dat 'n sogenaamde “The People’s Tribunal on Economic Crime in South Africa” in die lewe geroep is om sg. ekonomiese misdade in die land te ondersoek in veral drie tydperke, nl. 1977-1994 gedurende “apartheid”, vanaf 1998 die Wapenskandaal waaroor die Seriti-kommissie nie duidelikheid gegee het nie en dan staatskaping vanaf 2009. Die agtergrond, aard en doelstellings van die tribunaal word die beste uiteengesit in die volgende mediaverklaring in Engels: 


“The People’s Tribunal on Economic Crime in South Africa will open its first hearings this Saturday, 3 February, at Constitution Hill in Johannesburg. People’s Tribunals have been led by citizens and civil society for over four decades to address human rights abuses and war crimes in many contexts, including Palestine and Indonesia. Importantly, the South African People’s Tribunal on Economic Crime will be the first tribunal of its kind to focus primarily on economic crimes and corruption. 


“This intervention comes at a time when there is significant evidence in the public domain related to these crimes. Yet there has been insufficient action by the state to fully investigate allegations of corruption and state capture, and to hold powerful individuals, international corporations and politicians accountable for their conduct. The People’s Tribunal is one way that citizens can take action by collecting, discussing and publicising evidence that can be used to hold those responsible to account. 


“From 3-7 February, the People’s Tribunal will examine the continuities between apartheidera economic crime; the post-apartheid Arms Deal and contemporary state capture. The first hearings will focus on the arms trade over the past 40 years. These economic crimes contributed to the loss of thousands of lives during the apartheid era. The 1999 Arms Deal has significantly weakened our democracy with little accountability. Most recently, the state arms company Denel is an important example of state capture. Few people and corporations have ever been held to account. 


“The Tribunal will join the dots between corruption past and present focussing on detailed evidence, public submissions and testimony by fifteen witnesses and whistle-blowers. In addition over a dozen civil society organisations will provide testimony of the impact of corruption and inequality on the lives of South Africans. 

“This evidence will be led before a panel of six esteemed adjudicators including Zak Yacoob, Navi Pillay, Dinga Sikwebu, Mandisa Dyantyi, Yasmin Sooka and Allyson Maynard Gibson. Their findings will be recorded in a final report that will be the basis for the next steps in the struggle for accountability. 


“The Tribunal’s organising committee comprises a range of civil society organisations, including Corruption Watch, the Foundation for Human Rights, Open Secrets, Public Affairs Research Institute and the Right2Know Campaign. 


For more information about the Tribunal, detailed bios of the Adjudicators and to RSVP please visit the website: corruptiontribunal.org.za. Contact persons: Michael Marchant 082 772 2936 / Alfred Tshabalala 082 683 7675 / Neroli Price 082 440 8299.” 


In die lig van die besluit dat die ondersoek na staatskaping soos gelei deur adjunk-hoofregter Ray Zondo net sal fokus op staatskaping sedert 2009, lyk hierdie nuwe tribunaal onvermydelik na 'n rookskerm om ook “apartheid” by te kom. Dit lyk voorts of die Waarheids- en Versoeningskommissie op die kantlyn geplaas word en dat die vorige staatsbedeling in die regsdomein gesleep wil word met tande vir vervolging. 

Image

Buitelandse joernaliste oor plaasmoorde


Twee gerekende vryskut buitelandse TV-joernaliste, die Brit Katie Hopkins en die Kanadees Lauren Southern, is tans elk op hul eie besig met intensiewe ondersoeke na en verslaggewing oor plaasmoorde in SA. Afgesien van die verbysterende inhoud van hul verslaggewing, toon albei duidelik hoe internasionale hoofstroommedia plaasmoorde in SA grootliks ignoreer, terwyl plaaslike media dit drasties afwater. 


Die verstommende wreedaardigheid van plaasmoorde kom o.a. uit in 'n onderhoud wat Southern met Irene de Jager van die firma wat die tender van die SAPD het om plaasmoordtonele op te ruim en skoon te maak. De Jager en haar span word ook die “bloedsusters” genoem. 


Vir direkte insae in videogrepe van die twee joernaliste, volg hierdie skakel vir Hopkins en hierdie vir Southern.   

Image

Gariepfees in Kimberley afgestel 


Nadat die Gariep Kunstefees die afgelope 18 jaar suksesvol in Kimberley aangebied is met groot finansiële inspuiting vir die stad, het die bestuur van die fees ná skerp beskuldigings van wit rassisme deur die Stadsraad van Kimberley besluit om die fees nie langer aan te bied nie. Volgens die ANC en die EFF in die stadsraad is die fees “te wit” en “transformeer” dit nie genoeg nie.  


Die fees het in 2017 sowat 45 000 besoekers na Kimberley getrek en ses permanente en 408 tydelike poste geskep. Daarbenewens was daar 187 stalletjies, 127 nasionale kunstenaars, 171 plaaslike kunstenaars, 16 produksies, 69 programitems en drie uitreikprojekte na kinders en gestremdes. 

Image

Veranderende kragsituasie in SA 


Die kragsituasie in die land het veral die afgelope maande in die volgende opsigte dramaties verander: Eerstens, grootskaalse korrupsie by Eskom ter waarde van miljarde rand, in dermate dat die moontlikheid dat die nasionale kragvoorsiener ineen kan stort, 'n werklikheid geword het. Tweedens die landwye verskynsel dat munisipaliteite weens korrupsie so diep in die skuld geraak het by Eskom, dat laasgenoemde hul krag afsny, met katastrofiese gevolge vir huishoudings en besighede. Derdens, het alternatiewe energieverskaffers, veral in sonkrag, sterk toegeneem, maar Eskom kan nie bekostig om meer van hulle by die nasionale netwerk in te skakel nie. 


Met Eskom diep in die skuld, is die tendens wêreldwyd dat kragopwekkingsvermoë uit hernubare energie snel toeneem, soveel so dat dit reeds sowat 70% van die totale pakket beslaan. Daarby daal die koste van hernubare energie deurlopend. 'n Belangrike oorweging ten gunste van alternatiewe kragbronne is dat die astronomiese koste van diesel vir kragopwekking oor die langtermyn bloot nie volhoubaar is nie. 


Hierdie globale tendens geld ook vir SA en tot dusver is 95 hernubare energieprojekte op die tafel, waarvan 46 reeds in produksie is. Die totale waarde van die bestaande hernubare kragaanlegte in die land beloop meer as R100 miljard, terwyl die totale kapasiteit in produksie gekoppel aan die Eskom netwerk op ongeveer 3 600 MW staan.  


Oor die volgende ses maande behoort nog ongeveer 1 200 MW in werking te kom, wat die totale beplande kapasiteit van hernubare energieprojekte op bykans 8 000 MW te staan sal bring. Die verklaarde doelwit van die regering is dat teen 2050, 28 000 MW steenkoolkrag uitgefaseer moet wees. Die totale kragopwekking in SA is ongeveer 47 000 MW. 


Huidige struktuurprobleme in die SA energiesektor is, eerstens, dat Eskom sit met surplus krag en, tweedens, dat die nasionale kragnetwerk nie ingerig is vir grootskaalse inname van hernubare krag, in besonder sonkrag, nie. Dit bring mee dat, kortweg, die groot uitdaging is om groeiende hernubare energie, in besonder sonkrag, met uitsnyding van Eskom by betalende verbruikers uit te kry. 


Hoe om kragverbruikers in die land oor die hele spektrum, vanaf residensieel tot besigheid en wat bereid is en in staat is om daarvoor te betaal, by sonkrag uit te bring, is die uitdaging wat individueel sowel as kollektief aangespreek staan te word.       

Image

CDP oor die EFF 


In 'n selfverduidelikende mediaverklaring sê Die Christen-Demokratiese Party (CDP): “Afkeer word weereens uitgespreek oor die onaanvaarbare gedrag van die EFF, hierdie keer by die Hoërskool Overvaal, waar 'n wit ouer aangeval is deur hierdie boewe; wat hom geskop het waar hy op die grond lê, selfs met die Polisie by. 


“Hierdie flagrante verontagsaming van gesag en die wet van normale gedrag, herinner aan die Nazi-boewe in Duitsland onder Hitler wat minderhede aangeval en geïntimideer het sonder enige vrees van vervolging. Die EFF gebruik die demokratiese stelsel, wat hulle duidelik verag, om hul eie agenda, wat daarop gemik is om Suid-Afrika in 'n Bolsjewistiese sosio-ekonomiese wildernis te omskep, te bevorder. 


“Suid-Afrika kan nie hierdie rassistiese beskuldigings en aksies van die EFF wat hulle van hul ANC en Kommunistiese mentors geleer het, bekostig nie. Die ANC gebruik hierdie taktiek al sedert 1994, voor elke verkiesing, om die wol oor die oë van die kiesers te probeer trek. Die EFF moet, van wat met die ANC gebeur het, leer dat die kiesers nie geflous kan word nie.” 

Image

Post-Matriekjaar op Orania 


Te Orania beplan 'n entrepreneur Lientjie Bredenkamp om die idee om ‘n na-Matriekjaar op Orania te verwerklik vir 2019. Die idee is om kwaliteit jongmense bloot te stel aan die idee van selfbeskikking, met die doel om hulle in Orania te laat studeer en moontlik as produktiewe lede vir die gemeenskap te wen. Om jongmense terug te wen na die platteland, is ‘n groot uitdaging, wat egter grootliks gefaal het in die res van die land. 


Om die idee te verwesenlik, is die mikpunt om, eerstens, 'n groepie kinders in die land te werf en dat hulle teen 'n fooi vir 'n jaar verblyf en etes in Orania kry. Hulle deurloop dan 'n diensjaarprogram bestaande uit gratis diens by besighede, asook 'n vermaaklikheids- en opbouende aktiwiteitsprogram. Hulle bly tydens skoolkwartale, maar gaan vakansies terug na hul ouerhuise. 


Hierdie Post-Matriek-inisiatief staan in die teken van die huidige dringendheid dat Orania ‘n hawe word vir die Afrikaner wat nie meer sy weg oopsien in die res van Suid Afrika nie. Dit is ook in die lig van die dringendheid dat werksgeleenthede / moontlikhede vir blanke Afrikaners in groter hoeveelhede geskep sal moet word soos die tyd aanstap. 


Vir meer besonderhede, kontak Bredenkamp by 079 950 1980 of lientjie777@gmail.com.

Image

Private wetsontwerp teen protesoptogte naby skole 

 

In 'n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus: “Ontwrigting wat veroorsaak word deur protesoptredes by skole, soos by die Hoërskool Overvaal, is onaanvaarbaar en die VF Plus gaan ʼn privaatlid-wetsontwerp indien met die doel om protesoptredes, wat enige ontwrigting naby ʼn skool mag veroorsaak, te verbied. Wette wat verander sal moet word om dit te bereik, is onder meer die Nasionale Skolewet en die Wet op die Regulering van Byeenkomste.  


“Die noodsaaklikheid hiervoor vergroot deur ʼn onlangse hofuitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat wyer toegewings maak wat protesoptredes aanbetref. In dié saak het regter Thandazwa Ndita beslis dat vreedsame betogings sonder kennisgewing aan die owerhede, nou toelaatbaar is. Die regter het bevind die kriminalisering van 'n byeenkoms van meer as 15 mense op grond daarvan dat geen kennis gegee is nie, die Grondwet oortree, aangesien dit mense verhinder om hul fundamentele grondwetlike reg uit te oefen om vreedsaam en ongewapend te vergader. 


“Volgens die regter is die vorige beperking nie redelik en regverdigbaar in 'n ‘oop demokratiese samelewing gegrond op die waardes van vryheid, waardigheid en gelykheid’ nie. Met hierdie uitspraak is egter nie die regte van mense in ag geneem wat nadelig deur ʼn protesoptog ontwrig word nie. Dit kan reuse ontwrigting veroorsaak en die deur oopmaak vir vandalisme en geweld indien ʼn groot optog sonder enige vooraf waarskuwing in ʼn stad of dorp gehou word. Hierdie uitspraak neem hoegenaamd nie die regte van vredeliewende landsburgers in ag nie en daarom die beoogde privaatlid-wetsontwerp.”   

Image

Ditsem Nuus Februarie 2018


Die Februarie 2018 uitgawe van Ditsem Nuus is vanaf komende Maandag op straat te Bloemfontein, Kimberley, Boshof, Dealesville, Petrusburg,Trompsburg, Brandfort, Luckhoff, Philippolis, Vanderkloof, Orania, Hopetown, Modderrivier, De Aar, Hanover en Colesberg. Die voorbladberig van die uitgawe is getiteld Krygswet as opsie vir SA, terwyl benewens ander aktuele nuus daar ook ’n fokus is op Bainsvlei-Waterbron by Bloemfontein as opkomende sakegebied, ’n fokus op hernubare energie en groen omgewing, nuutste verwikkelinge te Orania, die twee wêrelde waarin Springbokrugby tans leef, ens. 


Die uitgawe kan ook aanlyn gelees word by www.ditsem.net. 


Om te adverteer in Ditsem Nuus, met sy Afrikaanse teikenmark en dan gratis plasings te kry op die webwerf en Facebookblad, skakel 053 207 0127 of 82 773 2150 of advertensies@ditsem.net.   

SAKENUUS

Image

Oorweging om internasionale lughawens in SA te verminder 


Na berig word oorweeg die regering tans om die aantal internasionale lughawens in SA te verminder en sommige van die bestaande af te gradeer vanaf internasionaal na slegs binnelandse reisfasiliteite. Hierdie oorweging spruit veral uit die getalle buitelandse aankomste en vertrekke by die bestaande internasionale lughawens. 

So bv. toon Upington Internasionale Lughawe 'n jaar op jaar groei van 235%, veral weens seisoenale aktiwiteite wat verband hou met die druiwe- en jagbedrywe. Daarteenoor het verkeer by Port Elizabeth Internasionale Lughawe jaar op jaar geval met 95%. 

Die drie hoof internasionale lughawens toon die volgende groei: OR Tambo 3%, King Shaka 27% en Kaapstad 30%. Syfers vir die ander internasionale lughawens is: Pilanesberg 68% groei, Waterkloof Militêre Basis 41% groei, Kruger Mpumalanga 23% groei en Bloemfontein, Lanseria en Polokwane geen of negatiewe groei. 

Image

Boere beswaar teen gasprojek in Vrystaat 


Besware deur boere oor die beplande ondergrondse steenkoolvergassingsprojek by Theunissen deur die maatskappy African Carbon Energy (Africary) het meegebring dat ontginning vir eers uitgestel is totdat 'n behoorlike openbare deelnameproses deurloop is. Africary, wat prospekteerregte in 2016 op die plaas Palmietfontein buite Theunissen bekom het, sê hulle kan 20 jaar lank 50 MWh opwek en aan Eskom verskaf, veilig en omgewingsvriendelik. 

'n Groot groep boere het egter beswaar aangeteken en beweer dat daar geen waarborg is dat die proses nie ondergrondse water grootskaals sal besoedel nie. Gevolglik het die Dept. van Minerale en Energie gelas dat daar nog geleentheid vir kommentaar / besware sal wees tot en met 12 Februarie 2018. Dokumentasie is beskikbaar op die Internet of by die kantore van Wessels & Smith Prokureurs in Welkom of by Golder Associates in Midrand.  

Image

Klagtes by SAID 


Volgens die jongste jaarverslag van die Belastingombudsman, regter Bernard Ngoepe, het hulle in die jaar tot einde Maart 2016, 3 454 klagtes van belastingbetalers oor die SA Inkomstediens, asook 12 204 navrae ontvang. Dit maak 'n totaal van 15 658 klagtes en navrae en is 62% meer as die vorige jaar. 

Volgens die jaarverslag is geen te klein of te groot nie en word aan elke navraag en klagte noukeurig aandag geskenk. 

Image

Eerste digitale bank vir SA 


Die eerste digitale bank in SA, genaamd Bank Zero, is in beginsel deur die Reserwebank goedgekeur. Alles geskied deur een sentrale app, dit gaan geen takke hê nie, dit gaan transaksie- en spaarrekeninge bied, bankkaarte word aan kliënte gepos en kontant kan by enige bestaande OTM getrek word. 

Twee van die medestigters is Michael Jordaan, oud-hoof van FNB en Yatin Narsai, ook 'n oud-FNB werknemer. Dit is nog nie seker wanneer Bank Zero in bedryf gaan tree nie. 

INTERNASIONALE NUUS

Image

Koerde veg vir oorlewing 


In die vloeibare gebied tussen Turkye, Irak en Sirië, spook die Koerde al vir meer as 'n eeu om vir hulself 'n vaderland en selfbeskikking te skep. Dit bring mee dat hulle, wat grotendeels Christene is, 'n verbete stryd teen hul Moslem-bure voer.  

Die Koerdiese weerstand word gelei deur die polities-militaristiese YPG oftewel People’s Protection Units. Veral Turkye onder pres. Tayyip Erdogan is hatig op die Koerde en loods tans 'n grootskaalse militêre aanslag die YPG, met groot lewensverlies. Intussen beskuldig hy pres. Donald Trump van die VSA dat hulle die Koerde steun. 

Image

Finland wil Finexit  


Finland het die jongste Europese land geword wat skynbaar sterk van plan is om die Europese Unie (EU) te verlaat. In die Finse presidentsverkiesing wat tans oor twee rondtes beslis word, is die 38-jarige Laura Huhtasaari van die Finns Party met slagspreuk “Finland eerste”, die gunsteling om die paal te haal. 

Huhtasaari en haar party is sterk anti-immigrasie en is vasbeslote om nie dieselfde pad as Swede te loop nie, wat hul deure oopgegooi het en tans geweldige maatskaplike probleme met Moslem-immigrante ondervind. Die Finne, wat spog met 'n 100% geletterdheidspeil en 'n hoogs ontwikkelde samelewingsorde het, is bekend vir hul sterk onafhanklikheidsin.  

Image

Pro-demokrasie bly kook in Hong Kong 


Inwoners van Hong Kong bly voortdurend stu ten gunste van demokrasie en selfbeskikking vir hierdie stadsprovinsie van China. Leiers van die beweging word genadeloos deur die Kommunistiese regering van China onderdruk, maar daar is voortdurend nuwe aanvoerders, meesal jonk, wat na vore tree. 

Een van die prominentes die afgelope drie jaar is die 22-jarige Agnes Chow Ting, wat 'n lid van Standing Committee of Demosista was en later woorvoerder van die aktivistiese groep Scholarism. Sy het 'n kollega, Nathan Law, ondersteun toe hy in 2016 verkies is tot lid van die Hong Kong Wetgewende Raad. 

Law het egter met sy inhuldiging 'n probleem gehad met eedaflegging aan die Kommunistiese regering en is toe gekors en in Julie 2017 tronkstraf opgelê. Daarop het Ting na vore getree en vanjaar in 'n tussentydse verkiesing as kandidaat gestaan, maar haar kandidatuur is deur die owerheid verwerp. In reaksie hierop het Ting en haar ondersteuners gesê hulle stoot eenvoudig ‘n ander kandidaat na vore. 

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Wie is die ANC? 


Terwyl 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes in SA, in besonder die Afrikaner, woed, knieval die meeste mensevoor die ANC-regering asof hulle die hoogste en enigste arbiter oor die toekoms in die land is. Dit gaan omtrent net oor wat is ANC-beleid oor dit en dat, hoe beïnvloed dit my en my belange, wat is die siening van hul president en die topbestuur, hoe gaan hulle onderwys en ander sleutelsake hanteer, ens. ens.? 

Dit laat die vraag opkom, wie is die ANC nou eintlik? In antwoord hierop, die feite op die keper beskou, is ons antwoord: 

Die geskiedenis van die ANC veral sedert die vyftigerjare is dat dit 'n terroristiese organisasie is. Dit streef om hul doelstellings met vrees, intimidasie en geweld te bereik, daarvan getuig hul fisiese rekord met bomplantings, sluipmoorde, brandende halssnoere, Quatro, e.s.m. 

Hulle het destyds geen militêre oorwinning teen die SAW en SAP behaal nie en hoogstens geslaag met die Kerkstraatbom en derglike lafhartigheid. Hul “oorwinning” was met die groot politieke uitverkoop tydens die Codesa-onderhandelings. 

Hulle is 'n Godlose organisasie wat geen erkenning aan God en Sy gebod gee nie. Dit draai vir hulle in alles net om hulself en die mens. Hoe kan sulke blinde leiers gevolg word? 

Hulle het in 1994 die enigste geïndustraliseerde staat in Afrika in hul skoot gekry, maar dit oor die afgelope 24 jaar in die afgrond in “bestuur” – dus deeglik bewys as totaal onkapabel. 

Die afgelope twee dekades het die ANC korrupsie gepleeg op 'n megaskaal soos SA nog nie in sy geskiedenis gesien het nie. Hulle het staatskaping aan SA bekendgestel en die konsep feitlik vervolmaak. 

Al hoekom die ANC regeer, is omdat hulle die steun het van 'n halfgeletterde swart massa wat vinniger aanwas as enige ander bevolkingsgroep in die land. Daarmee pleeg hulle meerderheidstirannie. 

Om hul posisie in SA teen blankes en in besonder die Afrikaner te verskans, maak hul van SA die enigste land ter wêreld waar die meerderheid met die politieke mag homself deur wetlike diskriminasie beskerm teen 'n minderheid. 

So, hoekom buig voor die ANC en enigsins maar enigsins vir hulle bevrees wees? Dit is hoog tyd dat die ANC gesien word vir wie en wat hulle werklik is en dienooreenkomstig teenoor hulle opgetree word. 

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net