03 April 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Grondgryp met gesplete tong


Nadat die ANC en EFF verlede maand 'n Parlementêre mosie laat aanvaar het om die metodiek van grondgryp sonder vergoeding te ondersoek, krabbel die regering kamma krampagtig terug en sê dat onteiening net in sekere gevalle beplan word en dat dit bes moontlik binne die perke van art. 25 van die Grondwet sal geskied. Aan die anderkant sê Minister van Minerale Gwede Mantashe die eerste grond sonder vergoeding wat gevat wil word, is dele van groot kommersiële plase, terwyl Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling Maite Nkoana-Mashabane sê hulle gaan nie noodwendig wag vir die uitkoms van die Parlementêre proses nie.  


Intussen sak hordes plakkers in Midrand, KZN, Hermanus en ander plekke op onbesette grond toe, meet “erwe” uit en karwei boumateriaal aan. Munisipaliteite en grondeienaars worstel met uitsettingsbevele, terwyl die Polisie in die middel die kastaiings uit die vuur probeer krap. Die Polisie moet plek-plek onlusbeheer toepas, terwyl hulle soms bloot staan en toekyk en in gevalle selfs weier om klagtes te aanvaar.  


Te midde van die mensgemaakte chaos is een geval dié van ʼn gesin van ʼn kleinhoewe naby Dannhauser in Noord-KZN – Leon Ackerman en sy vrou en familie – wat  in vrees leef nadat sowat 300 mense hul grond onwettig betree het en bokke, skape, hoenders en gereedskap geroof het. Twee plaaslike Polisiemanne en ʼn ANC-raadslid het bloot gestaan en toekyk, terwyl die Polisiekantoor op Dannhauser glo geweier het om ʼn klag te aanvaar .   Die situasie is plofbaar en die gesin word daagliks met die dood gedreig en is sewe dae “kennis gegee” om hul grond te verlaat.  


Die gesin het die plaaslike Veediefstaleenheid genader, waarna van die vee teruggevind is en ʼn aantal mense is in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat, na bewering in opdrag van ʼn senior Polisie-offisier. Intussen is plaaslike veiligheidsnetwerke van die boere geaktiveer om die Ackermans te help indien nodig, terwyl die VF Plus die geval op hoogste vlak opneem.  


Oor Gauteng  sê die provinsiale VF Plus in 'n mediaverklaring: “Die EFF se betrokkenheid by onlangse grondbesettingpogings in Gauteng moet ondersoek word. Dit volg nadat sowat 1 500 mense tydens twee afsonderlike gevalle grond van die Universiteit van die Witwatersrand probeer beset het naby Marlboroweg in Johannesburg en later ook by die luukse Waterfall Landgoed in Midrand. Die SAPD het vyf mense in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging en kon in beide die gevalle die skare stuit nadat die grondeienaars ‘n hofbevel verkry het. 


“Talle mense in EFF-drag het prominente rolle tydens die verrigtinge gespeel, met EFF-leier Julius Malema op rekord dat mense grond van hul keuse moet beset. Dit beteken dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie  die EFF tot verantwoording behoort te roep. Die etiese gedragskode vir geregistreerde politieke partye verbied uitdruklik taalgebruik en optrede wat kan lei tot geweld en die oortreding van landswette.”  


Op hul beurt sê TLU SA in ‘n mediaverklaring: “Die parlement se besluit om ‘n mosie te aanvaar ten gunste van onteiening sonder vergoeding, het direk daartoe gelei dat twee Europese projekte in SA landbou skipbreuk gelei het.  Die projekte sou etlike miljoene rand vir die land beteken het, terwyl dit ‘n paar duisend werksgeleenthede sou skep. Daarbenewens was TLU SA besig met onderhandelings om ‘n finansieringsmodel daar te stel wat meer bekostigbare finansiering aan landbou sou stel, en is daardie onderhandelings deur die internasionale groep gestop na die bekendmaking van die ANC se standpunt oor onteiening sonder vergoeding. 


“Die regering moet besef dat die internasionale gemeenskap nie dom is nie. Hulle het gesien wat in Oos-Europa gebeur het en in die Sowjet-Unie, en het reeds die vergelyking begin tref dat die onteiening in wese die begin is van nasionalisering, wat kan lei tot ‘n sosialistiese, en uiteindelik kommunistiese stelsel. Die wêreld sal belê waar opbrengste behaal kan word, en is nie bereid om waagkapitaal in te bring om ‘n mislukte ideologie te probeer in stand hou nie. Dit is in enige beskaafde land diefstal, en om dit grondwetlik te probeer regverdig, bly steeds diefstal.”

Image

Plundering op N3 tussen KZN en Gauteng


Die redes vir die blokkering gisteroggend van die N3 tussen KZN en Gauteng by die Mooirivier Toll Plaza en die gevolglike plundering en uitbranding van groot vragmotors is steeds onduidelik. Volgens die Minister van Polisie Bheki Cele wat die toneel inderhaas besoek het, het 'n paar taxi’s vroegoggend naby die tolhek stilgehou en 'n aantal passasiers afgelaai, wat toe begin het om vragmotors tot stilstand te dwing en die bestuurders gedwing het om uit te klim. Die rede was skynbaar dat van die bestuurders buitelanders is, wat dan poste van Suid-Afrikaners sou geneem het.  


Daarop het 'n aantal plakkers van 'n nabygeleë gebied nader gestorm en die vragmotors begin plunder en daarna met petrolbomme aan die brand gesteek. Chaos het uitgebreek en die druk Paasverkeer vanaf KZN noordwaarts is ook tot stilstand gedwing, wat tot gevolg gehad het dat voertuie vir kilometers opgedam het. Later het die SAPD en ander betrokke instansies daarin geslaag om die wrakke weg te sleep, die toneel op te ruim en die pad te herstel, sodat die verkeer uiteindelik weer normaal kon vloei.   


Kyk video materiaal hier en hier

Image

Beroemde boeke van FA Venter herdruk 


Die gevierde skrywer FA Venter se werk maak steeds sedert die sestigerjare ‘n prominente deel uit van die Afrikaanse literêre kanon – sy trekker-tetralogie Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968). Dit teken uitnemend en grafies die geskiedenis van die Groot Trek aan die hand van histories-korrekte fiksie.  


Nadat die gewilde boeke vir jare uit druk was, het Protea Boekhuis verlede jaar die eerste twee boeke in hierdie reeks herdruk en pas het die derde boek in die reeks, Gelofteland verskyn, met die laaste boek Bedoelde land, wat teen Junie in boekwinkels beskikbaar behoort te wees.  


Venter, bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke, in in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang vir Swart Pelgrim en Geknelde land. Sy laaste boek, Van Botterkraal na Altena, het in 1996 ter viering van sy 80ste verjaardag verskyn. Hy is op 8 Julie 1997 oorlede.

Image

Enorme Afrikaanse “nee” vir NWU taalplan


Altesaam 61 275 individue, waarvan 2 116 voornemende ouers, 5 147 studente, 4 724 ouers van huidige studente, 4 220 PUK-alumni en tientalle invloedryke Afrikaanssprekendes en 20 Afrikaanse organisasies is, het reeds ʼn enorme nee-stem uitgebring teen planne van die NWU Potch-kampus om sy taalbeleid ten nadeel van Afrikaans te verander.


Ses keer meer persone het aan die konsultasieproses deelgeneem as wat deelgeneem het aan die konsultasie van die NWU oor die verandering sy handelsmerk en kleur. In ʼn verdere verwikkeling het die konvokasie van die NWU byna eenparig ʼn resolusie aanvaar waarvolgens die huidige taalbeleid waar Afrikaans en Engels primêre onderrigtale is, gesteun word. Daar is ook besluit dat die ontwikkeling van Sotho en Tswana as onderrigtale versnel moet word.


Die bewaargroep vra dat die huidige taalbeleid, wat erken word as een van die beste ter wêreld, behou word; dat die status van Afrikaans as primêre onderrigmedium so bly; dat daar geen afwatering van die taalaanbod geskied nie; en dat Afrikatale as volledige onderrigtale ontwikkel word. In verdure kommentaar sê die groep:


“Die Afrikaanse gemeenskap is nie naïef oor die mooi woorde van veeltaligheid wat nou opklink nie. Tukkies, Kovsies en Maties het ons van alle naïwiteit in dié verband gestroop.  


“Hierdie poging van die NWU is nie die einde van transformasie nie, dit is die begin daarvan. Wat kan oorlê, is eise vir dekolonialisering, anargisme, die vernietiging van studentelewe en die radikale rassetransformasie van personeel en student.”  


Vir meer besonderhede, kontak  Connie Mulder van Solidariteit Navorsingsinstituut by 082 731 8381.

Image

Krieketskandaal kelder Aussies


Die blatante gekul van die Aussie Steve Smith, David Warner en Cameron . . . in die derde toets teen die Proteas het nie net die summiere vertrek van hierdie drie terug na hul tuisland, hul skorsing vir ‘n jaar uit alle krieket en die bedanking van afrigter Darrel Lehman tot gevolg gehad nie, maar die span klaarblyklik so gedemoraliseer dat hulle tans in 'n posisie is waarin hulle vandag die vierde toets nie meer kan wen nie en dus noodwendig die reeks verloor. Dit is die eerste keer in die nuwe bedeling dat die Proteas ‘n tuisreeks teen Australië beklink.


Intussen het die stof nog nie gaan lê oor die kullery nie en word gesê dat die kleedkamer ‘n klein plek is en dat dit onwaarskynlik is dat die hele span nie van die wanpraktyk moes geweet het nie. Daar is voorts ‘n waarskynlikheid dat die balpeutery al ‘n pad kom en dat dit o.m. in laaste reeks teen Engeland om die As ook die geval was.  


Verder is oud-spelers en krieketkommentators van verskeie lande van mening dat die enigste gepaste straf vir die blatant kullery is om die betrokke spelers en moontlik afrigter(s) lewenslank uit die sport te skors en dat dit al manier is vir Australië om sy naam in ere te herstel.

Image

Nog dreigende korrupsie-skandaal vir Magashule


Op die spoor van die uittrede van Ace Magashule as Vrystaatse premier lê een groot ketting van korrupsieskandale oor ‘n dekade 2009 tot 2018. Hoewel kriminele ondersoeke na sommige hiervan nog aan die gang is, wil dit voorkom of, gebaseer op feite wat reeds aan die lig gekom het, dat Magashule die enkele persoon in die geskiedenis van die Vrystaat was wat vir die meeste korrupsie in die provinsie verantwoordelik was. 


Hierdie persoon is nou die sekretaris generaal van die ANC. Die jongste skandaal waarby hy betrek word, is dat hy as premier ‘n behuisingskontrak ten bedrae van R150 miljoen vir die maatskappy Unital Holdings van sy dogter Thoko Malembe “beding” het. Dit was vir HOP-huise by Bethlehem in die Oos-Vrystaat en is die begunstiging gedoen sonder die voorgeskrewe tenderproses. ‘n Chinese maatskappy is aangestel om 1 050 huise te bou, maar die kwaliteit van die bouwerk was so swak dat die huise begin het om inmekaar te stort en sê inwoners dat hulle tans slegter daarvan af is voorheen.

Image

Stigtingsdag 6 April: Jan Pohl Gedenkkonsert


Stigtingsdag vanjaar op 6 April word te Orania gevier met ‘n aandpiekniek in die Gemeenskapsaal waartydens die Afrikaanse liedjies en musiek van die legendariese komponis Jan Pohl gedenk word. 6 April was ook die verjaarsdag van Pohl, wat verlede jaar 100 jaar oud sou gewees het en wat ook te Orania begrawe is.  


Die musiekkonsert word gelei deur die sanger Kobus Saayman van Bethulie, wat bekend is vir sy vertolking van die musiek van Pohl. Die Orania Dorpsraad tree as gasheer van die geleentheid op en sit tafels in die saal met stoele in restaurantstyl reg en dan moet elkeen sy eie piekniekmandjie met eetgoed bring – toegang Ora30.  


Die weduwee van Jan Pohl, Johanna Pohl, tans woonagtig te Philippolis, maar wat beplan om binnekort na die Karoosig Tuiste vir Bejaardes in Orania te verhuis, sal ook die geleentheid bywoon.  


Vir meer besonderhede skakel 053 207 0064 of epos na lida@orania.co.za

Image

Parys Kunstefees 2018


Die Parys Kunstefees het op 29 Maart in die aantreklike dorp op die oewer van die Vaalrivier afgeskop met die tema The river runs colour en duur tot 15 April. Die organiseerder van die fees Deon Terblanché sê dat hy die reëlings begin het met letterlik net R50 in die bank, maar die belangstelling onder plaaslike kunstenaars, skrywers en musikante, ook van elders is so groot dat ‘n dinamiese program vir die tydperk saamgestel kon word. 


Daar is talle kunsuitstallings van ‘n groot verskeidenheid genres, benewens talle ander stalletjies en te eet en drink na hartelus. Sowat 1 500 besoekers van buite die dorp word verwag, gastehuise en verblyf is feitlik vol en ‘n ekonomiese inspuiting vir Parys word verwag. Van die sangers wat optree, sluit in Gert Vlok Nel, Jak de Priester en Bacchus Nel.  


Vir meer besonderhede besoek www.parysartsfestival.co.za

Image

Bokkie o/21 rugby en netbal


'n Suksesvolle Bokkie o/21 rugby- en netbaltoernooi is die afgelope Paasnaweek Donderdag, Saterdag en Maandag op Orania aangebied, met ses spanne wat in die rugby meegeding het en ses spanne in die netbal. Die rugby is gewen deur Wes-Transvaal, wat Mannerheim van Bloemfontein in die eindstryd met 48-26 verslaan het. In die netbal het Stellaland bo uitgekom toe hulle Noord-Vrystaat in die eindstryd met 50-25 geklop het.  


Ná afloop van die toernooi is Bokkie o/21 spanne in sowel rugby as netbal gekies. In rugby was die voorspeler van die toernooi Harry van Eden (Mannerheim) en die agterspeler Michael Steinberg (Wes-Transvaal), terwyl die netbal speelster van die toernooi Hendra Marx (Noord-Vrystaat) is. 'n Mej. Sprankelbokkie is ook gekies – Chantelle Schulenburg (Stellaland).

Inteken op DitsemBlits


Aangesien DitsemBlits 'n nuuskommoditeit is wat teen betaling beskikbaar is, word intekenare versoek om uit 'n wetlike en morele oogpunt die nuusbrief nie gratis aan te stuur aan kontakte nie. Vandaar die versoek om hierdie praktyk en beginsel te respekteer en instede van DitsemBlits gratis aan te stuur, eerder te help om nog intekenare te werf. 


By die intekenpakket van R240 per jaar is ingesluit ‘n daaglikse elektroniese nuusbrief met net die belangrikste Nuushooftrekke van die dag.   Om in te teken is maklik: Doen ‘n inbetaling van R240 in die volgende bankrekening:


•         Standard Bank, Brandwag tak

•         Takkode: 05-55-34 •         Rekeningnaam: DitsemBlits

•         Rekeningnommer: 140 320 105 (Spaarrekening)

•         Verwysing: Jou naam en van.  


Volg dit asb. op met ‘n epos na web@ditsem.net met jou naam en van, die eposadres waarop jy die DitsemBlits wil ontvang, asook  bewys van betaling. By ontvangs van hierdie besonderhede sal ons jou naam / die naam van die intekenaar op die DitsemBlits adreslys plaas vir die volgende 12 x maande.

Ditsem webwerf en Twitter daagliks opgedateer


Die webwerf van Ditsem Nuus by www.ditsem.net word daagliks opgedateer met vars nuus en inligting wat saakmaak spesifiek vir die Afrikaner. Sodoende kan wat dit betref, die vinger op die pols gehou word. Dieselfde geld die Facebookblad van die koerant, asook die Twitter rekening.

SAKENUUS

Image

Supermarkte beweeg van prys na leefstyl


In SA soos in talle Westerse lande is daar wat betref die bemarkingstrategie van groot supermark kettinggroepe in die voedselbedryf, 'n opmerklike wegbeweeg van prysadvertering na bemarking van leefstyl. Die rasioneel is dat die vaste koste van groot supermarkte in die kosbedryf redelik vas is, soos bv. perseelhuur, aankooppryse, vergoeding van personeel, ens., en dat derhalwe pryse net so ver gesny kan word voordat winsgrens in gedrang kom. Gevolglik moet gekyk word na 'n alternatiewe bemarkingstrategie ten einde mededingendheid te verhoog.  


Die resultaat is dat kettinggroepe soos Woolworths Internasionaal, Coles van Australië e.s.m. in hul bemarking al meer fokus op aspekte soos gesonde produkte vir gesonde leefstyl, die waarde van reg eet vir sportprestasies, die aangename ervaring om by 'n sekere winkelgroep te koop, klantediens, indirekte byvoordele, ens. So pleks van bloot laagste prys gaan dit meer oor die indirekte voordeel van klante om sodoende hul lojaliteit te behou en ook meer klante te lok. 


In Suid-Afrika lyk dit of hierdie patroon kettinggroepe soos Pick n Pay, Woolworths en OK gevolg word, terwyl die neiging deur selfs van kleiner alleenstaande supermarkte met 'n professionele benadering gevolg word. Vir meer besonderhede in hierdie verband, kyk gerus op Google rond.    

INTERNASIONALE NUUS

Image

Vordering met internasionalisering van lot van boere


Sterk vordering word deur verskeie Afrikaner-organisasies asook individue gemaak om die lot van plaasboere in SA onder die aandag van oorsese regerings en instansies te bring en die reaksie wat ontlok word, is verbasend sterk. Die volgende skakels kan gevolg word om oudiovisueel 'n idee te kry van die reaksie:

  • Die kommentaar van 'n Australiese senator
  • https://sputniknews.com/europe/201803241062860919-belgian-nationalist-youth-farm-murders-south-africa/Betogingsin België ter ondersteuning van die voorleggings en kontakte wat leier van die VF Plus Pieter Groenewald gemaak het.
  • Die kommentaar van 'n individuele Suid-Afrikaner voor die Withuisin die VSA

 

Intussen doen twee buitelandse dames, die onafhanklike TV-joernaliste, Kate Hopkins in Brittanje en Lauren Southern in Kanada, onbevreesde en uitstekende werk om die ware situasie omtrent plaasboere in SA uit te dra. Hul bydraes is vryelik op Google opspoorbaar.


Image

Koerdiese YPG in voorste linie vir vryheid


In ‘n oorlog wat grootliks deur die internasionale hoofstroommedia geïgnoreer word, veg die Koerde in Irak, Sirië en Turkye verbete 'n bloedige oorlog om ná meer as 'n eeu grondgebied vir hul eie onafhanklike tuisland te konsolideer. Aan die spits van die vryheidstryd is die People’s Protection Units (YPG) en een van hul gedugste eenhede is die Koerdiese Women’s Protection Units (YPJ), 'n hoogsopgeleide en professionele kommando vrouesoldate.   

 

Hulle word veral deur die Moslem-magte en terroristegroepe gevrees omdat dié glo dat indien hulle deur 'n vrou gedood word, hulle definitief nie hemel toe gaan nie. Dit is veral die Turkse weermag van pres. Recep Tayyip Erdogan wat voluit gaan om die Koerde van die aardbol te probeer vee en het hulle in die proses een van die Koerdiese hoofstede Afrin feitlik plat gebombardeer. Die VSA, Europa en Brittanje ondersteun die YPG informeel en kry in ruil daarvoor ondersteuning van laasgenoemde in die stryd teen ISIS.

 

Die stryd in die streek is baie deurmekaar en is dit nie altyd duidelik wie is wie vir en wie is wie teen nie. Dat die YPG, hoofsaaklik gematigde Sunni en Sjiïtiese Moslems met 'n element van Christene, egter 'n heroïese oorlog veg vir hul vryheid en selfbeskikking teen ekstremistiese Islam is gewis.

Image

Skroewe al stywer teen Mugabe


Hoewel betroubare nuus uit Zimbabwe skaars is, blyk dit dat die skroewe teen oud-pres. Robert Mugabe al stywer aangedraai word, nadat hy aanvanklik met sy afsetting vrywaring van vervolging toegeken is. 'n Keerpunt het skynbaar gekom toe Mugabe op nasionale en internasionale televisie gesê het dat sy afsetting inderdaad 'n staatsgreep was en dat hy nie vrywillig gegaan het nie.

 

Mugabe is versoek om voor parlementêre komitee te kom verduidelik wat van diamante ter waarde van $15 miljard uit die ryk Marange-diamantveld in die ooste van Zimbabwe tussen 2008 en 2015 geword het. Dit is bekend dat Mugabe in 2008 'n bloedige militêre ingryping by die diamantveld beveel het ten einde beheer daaroor te kon neem.

 

Nog 'n negatiewe verwikkeling vir hom is dat sy vrou Grace betrek word by bewerings van internasionale ivoorsmokkelhandel. Dit is bekend dat tussen 2013 en 2015 sowat 400 olifante in Hwange, die grootste wildtuin in Zimbabwe, met sianiede vergiftig is en die vraag is wat presies het van hul ivoor geword.

 

Image

Diplomatieke oorlog teen Rusland


Kort op die hakke van die herverkiesing met ‘n meerderheid van 76% van Vladimir Putin as president van Rusland vir ‘n verdere termyn van agt jaar, het ‘n diplomatieke oorlog teen Rusland losgebars oor die vergiftiging van die dubbele Russiese spioen Sergei Skripal (66) en sy dogter Yulia (33) in Brittanje. Dit het begin toe Brittanje vir Rusland beskuldig het en 27 Russiese diplomate uit die land gesit het, waarop Rusland weerwraak geneem het en 50 Britse diplomate die trekpas gegee het.

 

Dit het in die Weste gemengde reaksie ontlok en sowat 24 lande het in total meer as 100 Russiese diplomate uit hul lande geskop. Onder hierdie lande is die VSA, Duitsland, Litaue, Pole, Kanada, Noorweë, Oekraïne, Albanië, ens. Die VSA alleen het 60 Russiese diplomate uitgesit en die Russiese konsullaat in Seattle gesluit. Opmerklik egter is dat lande soos Bulgarye, Slowakye, Slowenië, Oostenryk, Portugal, Griekeland, Nieu-Zeeland, Serwië, Ciprus, Luxemburg en Malta, onder die lande is wat nie in die uitsettingsveldtog gedeel het nie.

 

Ter verdediging van hulself sê Rusland dat Brittanje nog hoegenaamd geen bewyse voorgelê het dat hy (Rusland) verantwoordelik is vir die vergiftiging nie en dat die hele aangeleentheid ook nie behoorlik deur diplomatieke kanale aan hulle gekommunikeer is nie. Voorts sê Rusland dat hulle nie soveel belang het by Skripal dat hulle hom wil vermoor nie en buitendien sou daar veiliger metodes wees om iemand in ‘n vreemde land stil te maak.

 

Die hele aangeleentheid lyk na gevaarlike terugkeer na die Koue Oorlog, maar daar is patrone wat nie klop nie  So bv. lyk dit asof Putin nie deel van die NWO is nie en sy eie kop volg om Rusland op te bou, so die internasionale veldtog teen hom is te verstane. Daarby wil Brittanje onder eerste minister Theresa May Brexit doen - ook ‘n nasionalistiese stap wat die NWO en die EU nie aanstaan nie - maar dat sy so vyandig teen Putin optree, maak nie sin nie.

 

Voorts geld dieselfde vir pres. Donald Trump met sy “Amerika eerste”-beleid – hy word as ‘n verbloemde geesgenoot van Putin beskou, maar is nou die een wat die ergste teen hom optree.

Image

Statebond Spele begin 4 April


Die 21ste vierjaarlikse Statebond Spele begin op 4 April en duur tot 15 April aan die Goue Kus, Queensland, Australië, met 71 lande wat in 18 sportkodes vir ‘n totaal van 275 medaljes gaan meeding.


Suid-Afrika stuur ook ‘n span, maar verskeie atlete wat gevoel het hulle kwalifiseer, is nie deur Saskok gekies nie, terwyl nog ander weens beserings onttrek het. Medaljewenners vir SA word veral verwag in atletiek, netbal, rugby Sewes en swem.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Het ook ‘n rekening


Nou wat die ANC, EFF en ander radikales so dreunsing oor die sg. “injustices of the past” en “regstelling” en “opeising”, sê ons: Die Afrikaner het ook ‘n rekening om voor te lê. Hierdie rekening bestaan uit  o.m. die volgende:

  • Die sowat 1 500 blanke, meesal Afrikaner-, boere wat sedert 1994 onskuldig op die mees wreedaardige wyse op hul plase vermoor is.
  • Die duisende blankes wat in dorpe en stede deur swartes vermoor en vermink is.
  • Die miljarde aan goedere en eiendom wat deur swart rowers uit blanke wonings en persele die afgelope 24 jaar gesteel is, insluitend motorkapings.
  • Die verlies i.t.v. inkomste, loopbaantyd, gebrek aan opleiding en algemene trouma a.g.v sg. swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en raskwotas.
  • Verliese direk en indirek gely a.g.v. korrupsie van belastingbetalersgeld, gebrekkige nagelate infrastruktuur-instandhouding en staatskaping

 

Ons is individueel en as volk grootskaals beroof en selfs byna ontneem van ons vaderland en kultuurerfenis. Ons kom met ‘n enorme rekening na die onderhandelingstafel.

Ras in SA: Ongelooflike dubbele standaarde


‘n Blanke vrou as slagoffer in ‘n misdaadsituasie gebruik die k….. woord herhaaldelik en kry daarvoor drie jaar tronkstraf waarvan twee jaar effektiewelik. Die hoofstroommedia  blaas vir meer as ‘n jaar die storie op.

 

Op 23 Maart 2018 word 'n 44-jarige ma van drie kinders om middernag op 'n plaas in die distrik Hankey, Oos-Kaap, deur 'n inbreker gewond, toe verkrag en toe gedwing om hom met haar motor na die kitsbank te neem om geld te trek. 'n 30-jarige verdagte is oor die voorval in hegtenis geneem, maar dit is nie bekend of hy borgtog gekry het nie. Behalwe vir een klein beriggie, geen haan in hoofstroom media daaroor gekraai nie.

SKEP MOED!

Die Stem


Dit is vanjaar 'n eeu gelede dat Die Stem in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf is en hoewel dit in daaropvolgende jare in al sy verse voltooi is en die musiek daarvoor deur ML de Villiers gekomponeer is. Hoe diep en ryk die betekenis van Die Stem is en hoe dit onvermydelik spreek tot die siel van die Afrikaner, blyk uit die videogreep by hierdie​ skakel.

 

Kyk en luister gerus daarna en skep moed uit hierdie uitmuntende Afrikaner-kultuurerfenis!

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net