16 Maart 2018

  Lees die epos aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Regering opgeruk oor Australiese simpatie vir boere


Nadat AfriForum buitelandse owerhede en instansies ingelig het omtrent die feite en implikasies van die verklaarde voorneme van die ANC-regering in tandem met die EFF en ander swart radikale om grond en eiendom in SA te onteien sonder vergoeding, soos in beginsel bekragtig deur die Parlement, het die Australiese minister van binnelandse sake Peter Dutton gereageer deur te sê SA blanke boere is welkom in Australië as “'n beskaafde land”. Dutton het ook daarop gesinspeel dat onteiening sonder vergoeding eintlik omgekeerde apartheid is.  


Daaroor het die SA regering heftig gereageer en op diplomatieke vlak die sterkste kommunikasie uitgereik deur 'n demarché op die Australiese hoë kommissaris in Pretoria te bestel. In die demarché eis Minister van Buitelandse Sake Lindiwe Sisulu dat Dutton sy woorde terugtrek. Terselfdertyd word geëis dat AfriForum nie meer direk vertoë na die buiteland rig nie, maar eerder “SA regeringskanale volg”.    


Verdere reaksie uit Australië strook egter met die sentimente van Dutton en het bv. 'n aanbieder van Sky News Australia, Paul Murray, gesê hy is van mening dat 'n sportboikot teen Suid-Afrika ingestel behoort te word oor die hantering van grondhervorming in die land en die aanvalle op blanke boere. 'n Oud-LP van die Liberale Party het gesê hy is van mening die nalatenskap van Nelson Mandela is “dood”.

Image

Artikel in Ditsem Nuus oor beplande onteiening


Die voorbladberig in die Maart 2018 uitgawe van Ditsem Nuus getiteld Dreigende grondgryp gemik op volslae Kommunisme handel oor die beplande onteiening van grond sonder vergoeding. Die artikel lui o.m. soos volg:  


“Indien 'n nugter ontleding gedoen word van die verklaarde voorneme van pres. Cyril Ramaphosa namens die ANC om grond in SA te onteien sonder vergoeding, soos dit op voorstel van die EFF deur die Parlement bekragtig is, dan blyk dit wat eintlik ten doel is, is die omskepping van die land in 'n volslae Kommunistiese staat. Dit het aardskuddende implikasies, maar wat lê in werklikheid hierdie kritieke saak ten grondslag?” 


In antwoord op hierdie vraag word verskillende stelle relevante feite onder die loep geneem en word o.a. tot die volgende gevolgtrekking gekom:  


“Grondgryp is 'n groteske verneukspul ten einde SA in 'n Kommunistiese staat te omskep en wel as eiendom van die eintlike meesters, die NWO. Daarom moet grondgryp nooit as 'n gegewe aanvaar word nie, trouens daar is geen alternatief as om dit met alle mag te beveg nie. Bevegting vorm die prop in die gat om te keer dat SA in Kommunistiese chaos en ‘n bloedbad verval en dat die wonderlike gawe van vryheid totaal verlore gaan.


“Daar is Christelike opdragte en regte wat hoër is as die grondgrypwette van 'n korrupte regering en getalstirannie en derhalwe moet dit oorskryf word met alle nodige morele, wetlike, ekonomiese en, as dit moet, militêre vermoë. Hierdie verpligting bring die Afrikaner / Boer waarskynlik te staan voor die grootste uitdaging in sy ganse geskiedenis.”

Om die volledige artikel te lees, kliek op hierdie skakel.

Image

Voortgaande debat oor grond


Intussen in SA woed die debat oor grond steeds onverpoosd voort met veral direkte rolspelers wat menings uit verskillende hoeke rondslinger. Dit wil tog voorkom of die aanvanklike heethoofdige stellings in die Parlement dat dit maar net vir grondvat sonder vergoeding is, tot bedaring gekom het en dat sake met ietwat meer ewewigtigheid benader word.  


So bv. het pres. Ramaphosa eergister in die Parlement gesê dat grondbesettings onwettig is, dat met wetstoepassing daarmee gehandel sal word en dat grondonteiening slegs een van die aspekte van die groter saak van grondhervorming is. Desnieteenstaande bly die radikale eise van die EFF en ander radikale politieke elemente staan en moet besef word dat dit deel is van die verborge agenda van die NWO vir SA.  


Van hul kant sê Agri SA o.m. die volgende: “Rasionele redenasies oor die moontlike gevolge wat grondonteiening sonder vergoeding kan inhou vir die landbousektor en die ekonomie in die breë is grootliks afwesig in die huidige debat.  Die feit is dat finansiële instellings swaar belê het in die sektor en dat onteiening sonder vergoeding waarskynlik daartoe sal lei dat finansiële instellings nie verder produksielenings aan landbouers beskikbaar sal stel nie.  Daarsonder kan boere nie saad, kunsmis, voer of implemente koop nie, en nie voortgaan om voedsel te produseer nie, wat weer kan lei tot voedseltekorte, prysstygings, voedselverwante onluste en sosiale onstabiliteit.  


“Die ANC en EFF het duidelik ook nie erns gemaak met die identifisering van die ware feite rondom die mislukking van grondhervorming nie.  Dit wil voorkom asof die regerende party geen ag slaan op die bevindinge van die Hoëvlak Paneel op Sleutelwetgewing, wat deur die Parlement aangewys is en wat na deeglike ondersoek bevind het dat dit nie die eiendomsklousule of die vereiste dat vergoeding betaal moet word by onteiening is wat grondhervorming gekelder het nie, maar ‘n ontoereikende begroting, gebrekkige politieke wil, swak implementering en korrupsie.  Dit is skynbaar makliker om die Grondwet te wysig as om die ware probleme met grondhervorming te probeer aanspreek.   


“Agri SA het ernstige vrae oor die staat se grondoudit wat onlangs vrygestel is, welke oudit uiters verwarrend is en ‘n skewe beeld van grondbesit skep. Agri SA is ten gunste van ‘n feite-gebaseerde benadering tot grondhervorming geskoei op vennootskappe en werk saam met ander rolspelers in die sektor aan ‘n strategie.  


“Eiendomsreg is ‘n fundamentele reg wat wit en swart, arm en ryk se regte teen onregmatige staatsingryping beskerm.  Die ontkenning daarvan is uit pas met internasionale praktyk en nie in die nasionale belang nie.” 


In 'n mediaverklaring sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus o.m.: “Ek wil herhaal dit kan enige eiendom wees wat ter sprake is, hetsy ʼn plaas of ʼn huis in ʼn dorp of stad.  Grondeienaars moet weet hierdie proses is deel van die spreekwoordelike voorbeeld van ʼn padda in ʼn pot water wat stadig verhit word totdat die padda doodkook.  


“Die tyd het ook aangebreek dat mense hul afvalligheid en apatie rakende die politiek in die land eenkant toe skuif om te oorleef. Dit help nie jy sê jy is klaar met die politiek van die land nie, want die politiek is nooit klaar met jou nie.”

Image

CRL-bemoeiing met UP-koshuis verwerp


In 'n mediaverklaring sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus woordvoerder vir Onderwys o.m. soos volg: “Luidens mediaberigte het die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) gedreig om optrede teen De Goede Hoop-koshuis in Pretoria te bemiddel, indien dit nie self aksie kan neem nie.


“Navorsing oor multikulturele state wêreldwyd dui daarop dat stabiliteit verseker bevorder word as die staat minderheidsgroepe toelaat en selfs bystaan om onderwys- en ander instellings op te bou en in stand te hou, wat hul identiteit bevorder. Ook die VN het in 1976 en 1992 verklarings tot dié effek aangeneem. Daarom is artikels 181 en 235 oor dié aangeleentheid, deel van die SA Grondwet van 1996.  
“Die SA regering, en in besonder die CRL, moet besef dat Afrikaners in die land is om te bly. Meer nog, dat die reg om die bevordering van etniese kultuur in instellings soos koshuise internasionaal aanvaar word, en in die Grondwet verskans word. Wat Afrikaners tans ervaar is niks minder nie as kulturele volksmoord.”

Image

Rapportryers Bybel-vasvra


Die Rapportryerbeweging (RRB) bied jaarliks 'n Bybelvasvra-kompetisie vir spanne van laerskoolleerlinge tot Graad 7 aan, met die oorhoofse doel die bevordering van die jeug se liefde vir die Bybel en Bybelstudie en die bevordering van kommunikasie- en samewerkingsvermoë. Volgens die webwerf van die RRB oor die kompetisie “gaan die lewe oor meer as net wen en dit is juis waarom soveel as moontlik kinders die geleentheid gebied moet word om deel te neem. Die gedagte is juis dat elke kind wat deelneem, die mense rondom hom/haar ook positief kan beïnvloed en die Woord só uitgedra word - veel verder as net die skool en die afrigter, maar ook gesinne.”  


In 2017 113 spanne uit 49 skole aan die Bybelvasvra-uitdunrondtes deelgeneem, 77 spanne het die Afrikaanse vraestel voltooi en 12 spanne die Engelse vraestel. 23 junior spanne het in Afrikaans deelgeneem, en een junior span in Engels. Die top 11 senior spanne is deur na die finale rondte, waar uiteindelik die span van Randhart, Alberton, te voorskyn getree het as nasionale kampioenspan vir 2017.  


Die prysgeld is R4 000 vir die eerste plek, R3 000 vir die tweede plek en R2 000 vir die derde plek. Die top 10 spanne ontvang ook ‘n spesiale sertifikaat, terwyl die drie top spanne tydens die finale rondte ook spesiale sertifikate ontvang. Al die spanlede ontvang ook ‘n Bybel. Die top junior span ontvang prysgeld van R1 000 en ‘n spesiale sertifikaat.  


Die datums vir vanjaar is: 1ste Rondte : 19 tot 22 Mei 2018 2de Rondte : 17 tot 20 Aug 2018 Finale Rondte : 19 tot 21 Okt 2018 Inskrywingsgeld: R300 per senior span en R180 per junior span. Sluitingsdatum vir inskrywings : 22 April 2018.   Vir meer besonderhede, kontak die organiseerder dr. Hennie Schmidt by 084 603 6037 of rrbbybelvasvra@gmail.com of besoek www.rapportryers.org.za.

SAKENUUS

Image

Versoek vir kriminele ondersoek na strategiese brandstofvoorrade


Die stof het nog nie gaan lê oor die skynbare massiewe korrupsie wat plaasgevind het met die verkoop in Desember 2016 van die hele strategiese brandstofvoorraad.van Suid-Afrika van sowat 10,3 miljoen olievate teen $28 per vat - $10 onder markprys. Daar word beraam dat in hierdie proses die aankopers wins van ongeveer R2 miljard gemaak het.  


In 2017 het destydse Minister van Energie Tina Joemat-Pettersson aan die Parlement gesê dat die voorraad nie verkoop is nie, maar bloot “gesirkuleer” is. Later het haar opvolger Mmamoloko Kubayi haar egter gerepudieer en gesê die voorraad is inderdaad verkoop en nie gehersirkuleer nie. 


‘n Ondersoek is gelas, maar die huidige Minister van Energie David Mahlobo sê dat die departementele ondersoek op die ys geplaas is omdat 'n “slordige” verslag oor die aangeleentheid ontvang is. Nou het die DA ‘n formele versoek gerig dat die Valke die saak oorneem en ondersoek.  


Daar word geraam dat dit die regering tans R5,6 miljard sal kos om die betrokke voorraad te vervang.  

Image

Financial Advisory and Intermediary Services Act (FAIS)


Die Financial Advisory and Intermediary Services Act (FAIS) oftewel Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, wat verskillende afdelings van die finansiële sektor reël, is steeds in 'n proses van wetgewende hersiening, met drastiese impak op verskillende finansiële afdelings. Onlangse wetswysigings sowel as wysigings tans in die pyplyn is in gevalle hoogs outoritêr van aard en is daar kenners wat ernstige rooiligte sien flikker.  


So bv. het prof. Robert Vivian van die Wits School of Economic and Business Sciences en Leon Louw van die Free Market Foundation op 14 Maart 2018 'n seminaar oor bepaalde implikasies van FAIS aangebied. Na aanleiding daarvan sê hulle in kommentaar dat regulasies van FAIS, in Afrikaans vertaal, “'n regulatoriese staat skep sonder 'n regulatoriese doelstelling, word wetgewing buite-om die Parlement daargestel, word verbruikersverhoudings gevestig sonder kontrakte, word regspleging geskep sonder regterlike gesag en word die wêreld geskep wat gewone burgers vroeër verwerp het.” Die uitkoms van die seminaar kan op Facebook by hierdie skakel gevolg word.

Image

R900 miljoen lening vir Landbank


Die Duitse KfW Ontwikkelingsbank het ‘n lening van R900 miljoen toegestaan aan die Landbank om sy leningsboek te herfinansier en om langer-termyn lenings te kan toestaan aan beide opkomende en gevestigde kommersiële boere. Volgens KfW is dit omdat Duitsland graag die landbousektor in SA wil ondersteun om meer en beter voedsel te produseer, asook om werkskepping in die landbousektor te verhoog.  


Prima meganiese ingenieursaak te koop


'n Prima meganiese ingenieurssaak, Leon Swanepoel Windpomp & Algemene Hersteldienste, te Carnarvon, met vele vertakkings in die Karoo, is te koop. In bedryf sedert 1 Maart 1981, tree die eienaar af weens gesondheidsredes en  ouderdom. Ingesluit by die transaksie is die kliëntebasis wat strek oor 15 distrikte, alle voorraad, alle masjinerie en die toegeruste besigheidsperseel.   Skakel Leon Swanepoel by 053 382 3404 of 078 488 4580.  


Ligte nywerheidspersele te Orania te huur


Moderne ligte nywerheidspersele te Orania is te huur – sluit in werkswinkel, kombuis, toilet en kantoor / vertoonlokaal. Kontak Francois Joubert by 082 460 8167.

INTERNASIONALE NUUS

Image

China kry lewenslange president


China met sy grootste bevolking op aarde van 1,411 miljard het gehoor dat sy president Xi Jinping lewenslank in sy amp mag aanbly. So het die Chinese Politburo gestem met 4 000 daarvoor, twee daarteen en drie buite stemming. Jinping is reeds sedert Maart 2013 in die amp. Die Chinese grondwet sal nou dienooreenkomstig verander word, vir die eerste keer sedert die dae van Mao Zedong. 


Die stap word gesien as 'n dryf om China binne afsienbare tyd ekonomies, polities en militêr dié supermoondheid van die wêreld te maak. Dit word egter met skeptisisme bejeën deur die vyande van China, veral Japan, Taiwan, Suid-Korea en die Filippyne. Daarby het na berig word Jjinping al talle vyande in China self gemaak in sy opmars na die presidentskap, terwyl China self ook uit verskillende etnisiteite opgemaak is.

Image

Amerikaanse minister slaan SA in Afrika oor


Vroeër vandeesmaand het die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Rex Tillerson vyf Afrikastate gereken as strategies van aard, besoek ten einde betrekkinge te verbeter. Die vyf state is Ethiopië, Djiboeti, Kenia, Tsjaad en Nigerië en hulle is elkeen om verskillende strategiese redes vir die VSA belangrik, wat veral kyk om die invloed van China in Afrika te beperk en om ISIS teen te werk. 


Dit is egter opvallend dat Suid-Afrika met sy strategiese ligging aan die suidpunt en sy minerale hulpbronne nie ingesluit was by die besoek nie. Dit word as 'n aanduiding beskou van die lae estimasie wat die ANC regering in die oë van die Trump-administrasie beklee.   Die Trump-administrasie het onlangs ook Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe verleng en dit wil voorkom asof Suid-Afrika saam met Zimbabwe deur die Amerikaners gekategoriseer word.    

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Reaksie op gebeure van ons tyd 


Die afgelope drie maande sedert Desember 2017 het gebeure in SA die toekoms van die land ingrypend in die weegskaal geplaas. Wat dit behels en wat die implikasies daarvan vir die Afrikaner is, wil ons in die volgende bondige punte saamvat:  


•  Die noodsaak van verootmoediging deur die Afrikaner voor God Drieënig wat die lot van volkere en nasies bepaal.


•  Besef dat die ANC-regering, die EFF en ander radikale meelopers oorlog teen die Afrikaner verklaar het en dat dit dienooreenkomstig gehanteer moet word.


•  Wete dat agter swart radikalisme in die land sit die NWO / internasionale geldmag / Illuminati wat SA spoedig in 'n volslae Kommunistiese staat wil omskep as deel van hul strewe na wêreldoorheersing.


•  Noodsaak dat die Afrikaner soos nog nooit tevore eienaarskap van sy volkskap (as Boerevolk) neem en dat regsinniges in hierdie opsig konsolideer soos nog nooit in ons geskiedenis nie.


•  Noodsaak dat Orania spoedeisend op elke terrein in 'n volkstaat ontwikkel word, insluitende die militêre vermoë om sigself teen enige mag te beveilig.              


Dit is tyd om op te staan!

SKEP MOED!

Die Eerste Vryheidsoorlog


'n Greep uit die geskiedenis van die Afrikaner waaruit moed geskep kan word, is die Eerste Vryheidsoorlog 1880-1881. In die hele 19de eeu tot vandag toe het Groot-Brittanje net een oorlog verloor en dit was teen die Boere van Transvaal Desember 1880 tot Maart 1881. Bowendien is Groot-Brittanje in al die veldslae van hierdie oorlog verslaan: Bronkhorstspruit (20 Desember 1880), Laingsnek (28 Januarie 1881), Ingogo (8 Februarie 1881) en Majuba (27 Februarie 1881).   Dit sal die Afrikaner loon om ondersoek te gaan instel hoekom dit so gebeur het en uit daardie lesse vir die hede en die toekoms te leer.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net