20 Februarie 2018

Lyk die epos nie reg nie? Lees dit aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Repliek op Staatsrede 2018


In die Parlementêre debat gister handelende oor repliek op die Staatsrede wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand gelewer het, het dit weereens geblyk hoe diep die gaping is tussen wat as normale verwagtinge van blankes en ander gematigdes beskou kan word, aan die een kant en aan die ander kant die siening en eise van swart politieke radikalisme. Wat die grootste gonsterm in die debat was, was “expropriation of land without compensation” of dan wel grondonteiening sonder vergoeding.

 

Verskeie sprekers aan radikale kant (ANC, EFF, PAC, ens.) het groot gewag gemaak van hul eise in hierdie verband, terwyl 'n gematigde politikus soos Mosiou Lekota, leier van Cope, gevra het: “You want to give the land back to our people. Who is our people? And who is not our people?” Hierop is hy uit swart geledere uitgejou as reaksionêr en 'n verraaier. Van sy kant het leier van die VF Plus dr. Pieter Groenewald gesê grondonteiening sonder vergoeding is eenvoudig onaanvaarbaar.

Image

Staatsrede 2018: Hoofpunte


Die lewering van die Staatsrede 2018 deur nuutverkose pres. Cyril Ramaphosa verlede Vrydagaand is oor die algemeen so goed ontvang dat 'n bykans euforiese gees oor die toekoms van die land posgevat het. Ramaphosa was op sy gemak en presidensieel in die aanbieding van die Staatsrede, terwyl die kommentaar van opposisiepartye was dat hy al die regte knoppies gedruk het.

 

Kenmerkend van die inhoud van die Staatsrede waas dat Ramaphosa hoofsaaklik op ekonomiese ontwikkeling in verskillende aspekte gefokus het en dit gesien het as die sleutel tot die skepping van werk, verhoging in inkomstepeile en opwekking van ekonomiese groei. Hy het trouens gesê dat werk vir die grootliks werklose jeug van die land sentraal staan in die hele Staatsrede en in die toekomsstrategie van die regering. In hierdie verband het hy die sektore van vervaardiging, kleinbesigheid, landbou en toerisme uitgesonder.

 

Na die hoogs omstrede kwessie van grondonteiening sonder vergoeding het hy net eenkeer verwys, maar toe wel uitdruklik gesê dat dit uitgevoer gaan word, hoewel hy die voorbehoude genoem het dat dit nie voedselsekerheid en ekonomiese ontwikkeling moet benadeel nie. Nog 'n hoë prioriteit wat hy aangespreek het, is dat staatskaping en diegene verantwoordelik daarvoor genadeloos oopgevlek sal word.

 

Gegee 'n ANC-geleide geleentheid, is God nêrens in sy Staatsrede deur Ramaphosa genoem nie, terwyl Hy ook nie in die gepaardgaande Parlementêre prosedure gefigureer het nie. Die bloedige kwessie van plaasmoorde en daaglikse wreedaardige aanvalle deur swartes op blankes is eweneens nie in die Staatsrede genoem nie.

Image

Zuma wou blykbaar staatsgreep uitvoer


Hoewel dit nie so uitdruklik gesê word nie, word in beriggewing in sowel hoofstroom- as sosiale media geïmpliseer dat voormalige pres. Jacob Zuma in die laaste dae van sy ampsbekleding probeer het om die steun van die SA Nasionale Weermag  te verkry ten einde hom in sy pos te help hou. Dit sou neerkom op 'n militêre staatsgreep, wat die afkondiging van krygswet tot gevolg kon hê.

 

Blykbaar het Minister van Verdediging en Militêre Veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die Hoof van die Weermag genl. Solly Shoke geweier en gesê dat hulle bly getrou aan die Grondwet. Dít en die feit dat die ANC oorwegend nie geskrik het vir dreigemente van Zuma om skandale van die party sedert 1994 te openbaar nie, het blykbaar die deurslag gegee vir sy finale bedanking.

Image

Drakoniese verkeerswet voorgestel


'n Wetsontwerp oor verkeersoortredings getiteld AARTO Amendment Bill, wat daarop gemik is om die sg. AARTO Act ingrypend te wysig, word tans gesirkuleer vir openbare kommentaar tot en met 30 Maart 2018. Volgens die voorgestelde wetsontwerp kan o.a. dagvaardigings vir verkeersoortredings per enige elektroniese pos gedien word en is dit geldig ongeag of daar 'n bewys van ontvangs is, word in gevalle die reg opgeskort om 'n dagvaarding in die hof te betwis en kan bestuurslisensies maklik en sonder veel geleentheid vir beswaar opgeskort word. 

 

Dit lyk of hierdie wetsontwerp dramaties inbreuk maak op basiese regte van landsburgers en totaal Kommunisties van aard is. Vir meer besonderhede oor hierdie drakoniese wetsontwerp, volg gerus hierdie skakel en neem die nodige aksie.

Image

Vrae oor die nuwe staatshoof


Met die uiteindelike bedanking van Jacob Zuma as staatshoof en die inhuldiging van Cyril Ramaphosa as sy opvolger, is op dramatiese wyse geskiedenis gemaak. Nog nooit het 'n SA staatshoof in soveel omstredenheid en te midde van soveel kriminele aanklagte bedank nie en nog nooit het opvolging in die pos met soveel drama gepaardgegaan nie.

 

Die reaksie in die Parlement, in die hoofstroommedia en op sosiale media is oorwegend positief, maar daar was ook vals note en vrae. Een van die aanvanklike vals note was die standpunt van die EFF dat die Grondwethof destyds beslis het dat sowel Zuma as die Parlement die Grondwet verkrag het en dat dit by implikasie beteken dat, eerstens, Zuma as staatshoof moes vertrek deur te bedank en, tweedens, dat die Parlement ontbind moes word en dat 'n vervroegde algemene verkiesing gehou moet word. Oor hierdie punt het die EFF uit die Parlement gestap en geweier om aan die verkiesing van 'n opvolger vir Zuma deel te neem.

 

Hoewel hierdie beswaar van die EFF deur al die ander partye in die Parlement geïgnoreer is, klink dit na 'n geldige punt en kan dit wees dat regstegnies die verkiesing van Zuma en al die Parlementêre aktiwiteite onwettig kan wees. Sedertdien het die EFF egter lustig meegedoen in Parlementêre prosedures tydens die Staatsrede en sodoende klaarblyklik die regstegniese beswaar gekondoneer.

 

Intussen tydens die Parlementêre debat verlede Donderdag voor die Staatsrede was opmerklik die kommentaar van die verteenwoordiger van die PAC en weerspieëlend van die siening en verwagting van die radikale swart politieke spektrum: “We congratulate you Mr. President, but we need to remind you that this is merely the beginning of a process and that uhuru has not as yet been attained.”  Ramaphosa is duidelik deur radikale swart politiek in 'n hoek gedruk oor veral grondonteiening sonder vergoeding en hoe hy dit mettertyd gaan hanteer, is 'n sleutelvraag.

 

Die Boere-Afrikanervolksraad wat hul beywer vir selfbeskikking vir die Afrikaner, ongeag hoe verteenwoordigend hulle ook al mag wees, het vroeër in 'n verklaring daarop gewys dat 'n afvaardiging van hulle in Augustus 2014 vir Ramaphosa as adjunk-president in die Uniegebou ontmoet het om oor selfbeskikking te onderhandel. Hy het hulle vriendelik ontvang, akkommoderend voorgekom en het in die teenwoordigheid van Minister van Justisie Michael Masutha en 'n paneel amptenare onderneem om te reël vir opvolggesprekke met die ANC direk en ook met regeringsinstansies. Van al hierdie beloftes het egter tot op datum dadels gekom.

 

'n Geraamte wat pas weer uit die kas geval het, is die gerapporteerde kommentaar van Ramaphosa in 1994 teenoor destydse IVP LP wyle Mario Oriani-Ambrosini tot die effek dat die strategie om met die blankes te werk, is soos om die water waarin 'n padda is, geleidelik warmer te maak tot kookpunt en totdat dit te laat is om in opstand te kom of terug te veg. Vir meer besonderhede, sien die foto met onderskrif hierby.

 

Op hierdie stadium lyk dit of Ramaphosa die leisels met 'n stewige hand oorgevat het en die land oppad kan wees na 'n nuwe, beter era, veral soos blyk uit die feit dat hy na berig word die poging van Zuma gefnuik het om met die SA Nasionale Weermag 'n staatsgreep en krygswet te wou bewerkstellig het. Nietemin die metafoor van die blankes en die padda sweef steeds in die lug.

  Vir die onmiddellike toekoms is die vrae hoe gaan die nuwe kabinet van Ramaphosa met portefeuljes daaruit sien en wie gaan hy aanwys as sy adjunk-president, asook wat gaan die nasionale begroting vandeesweek meebring? Dit kan verdere rigtingwysers wees wat verder in die ampstermyn verwag kan word.

Image

Kommentaar oor grondoudit van regering


In 'n mediaverklaring oor die pas gepubliseerde Grondoudit van die regering sê die VF Plus: “Die gesloer van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming om die Grondouditverslag van die regering openbaar te maak, is ʼn slenter om sekere feite van die publiek te weerhou in ʼn poging om die land oor die aangeleentheid te mislei. Die verslag dui op ʼn hele aantal ernstige feitefoute.

 

“Een voorbeeld is waar die verslag glo aandui dat Suid-Afrika 112,9 miljoen ha landbougrond het, terwyl navorsing van 2016 deur kundiges soos Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Landbouweekblad en Agri SA toon dat daar slegs 93,25 miljoen ha landbougrond is. Voorts volgens prof. Ruth Hall van die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies toon die grondouditverslag dat plagiaat gepleeg is uit ʼn ou VN-verslag wat handel oor Oos-Europa en niks met SA te doen het nie.

 

“Die regering weet dit is blote propaganda dat 80% van grond in Suid-Afrika deur wittes besit word. Deur hierdie misleiding dryf die regering sy eie politieke agenda om regverdiging te kry vir sy standpunt van grondonteiening sonder vergoeding terwyl hy weet grondhervorming het misluk weens korrupsie en die onvermoë van die departement om die proses te bestuur.”

 

Image

Bloemfontein waterverliese meer as R200 miljoen


Die Mangaung Metro Munisipaliteit het vir die 2016/2017 finansiële jaar vir die soveelste keer 'n gekwalifiseerde verslag van die Ouditeur-generaal, 'n gekwalifiseerde ouditmening ontvang. In die verslag is o.m. verskeie kwelpunte soos water- en elektrisiteitsverliese uitgewys. Die totale bedrag verskuldig aan Bloemwater beloop tans R602 miljoen, terwyl die waterverliese vir die 2016/2017 finansiële jaar R217 miljoen beloop.


Verwagte kommandowurms landswyd


Kundiges verwag dat die herfskommandowurm oor Suid-Afrika heen sal versprei, met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap. Reeds is besmetting in vyf distrikte in Limpopo, dele van Mpumalanga asook in die Oos-Kaap aangemeld. Die Dept. van Landbou, Bosbou en Visserye versoek dat boere en landbou-organisasies hul monitering- en aanmeldingspogings t.o.v. hierdie plaag landswyd opskerp.

 

Daaglikse en weeklikse verslae moet aan die departement voorgelê word vir alle nuwe gebiede waar die plaag voorkom. Agri SA maak boere egter daarop attent dat die aanwending van chemikalieë in konsultasie met die betrokke verteenwoordigers moet geskied. Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone.

Image

Boer van die Jaar en rits ander slagoffers van aanvalle


Die bekende wyn- en kaasmaker, Charles Back van die Fairview Landgoed in die distrik Paarl is een van die talle onskuldige blanke burgerlikes wat in die jongste tyd slagoffers was van wreedaardige aanvalle in hul wonings, meesal in die middel van die nag. Back, wat die 2017 SA Boer van die Jaar is, is egter een van die gelukkiges wat met sy lewe daarvan afgekom het. Hy is erg beseer, maar het na hospitaalbehandeling teruggekeer na sy plaas om sy getraumatiseerde gesin en werknemers moed in te praat.

 

Talle van die ander slagoffers landswyd is bejaardes, sommige waarvan met knopkieries voos geslaan word, met messe gesteek word, met strykysters gebrand word en vir ure gemartel word. Ander slagoffers is mense in die fleur van hul lewe, soos Riane du Toit (44)  by Sutherland en Liezel Nel (41) by Nelspruit. Die jongste plaasboerslagoffer is die 73-jarige Hans Meyer  wat ondanks sy siektetoestand koelbloedig op sy plaas in die Secunda-distrik tereggestel is.

 

Die res is te veel om hier te noem, maar sosiale media gons van al die voorvalle, wat deesdae slegs by uitsondering die hoofstroommedia haal. Nietemin, om 'n idee in beeld te kry wat aangaan, sien meegaande foto-samestelling van enkele slagoffers.

Image

Internasionale Moedertaaldag 2018


Internasionale Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier en daaroor sê die ATKV in 'n mediaverklaring: “Baie ouers dink dat Engels die toekoms vir hul kinders is en dat hulle in Engels moet skoolgaan om dit goed te leer praat. Die maklikste manier om Engels baas te raak is deur in jou moedertaal onderrig te word. Moedertaalonderrig is die eintlike sleutel tot sukses in die internasionale mark.

 

“Die ATKV glo dat moedertaalonderrig ’n sleutelfaktor in sukses is. Moedertaalonderrig lei na beter kognitiewe ontwikkeling en verbeterde taalvaardigheid in ’n tweede taal. Kinders wat in hul moedertaal skoolgaan, kan makliker ander tale aanleer en sal selfs beter presteer in ander vakke soos wiskunde en wetenskap. Moedertaalonderrig maak dus nie net deure oop nie, maar wêrelde.

 

“Met die oog op Internasionale Moedertaaldag wil die ATKV dus weet: Hoe sal jou wêreld sonder Afrikaans lyk? Gebruik #MyTaal en #MySukses en skryf ’n kort sin of slagspreuk op een van ons sosiale mediaplatforms en jy kan een van drie #MyTaal-pryse wen: 1ste plek: R500 kontantprys, boekpryse ter waarde van R350 en ’n #MyTaal-geskenkpak / 2de plek: R300 kontantprys, boekpryse ter waarde van R250 en ’n #MyTaal-geskenkpak / 3de plek: R200 kontantprys, boekpryse ter waarde van R150 en ’n #MyTaal-geskenkpak.

 

“Die kompetisie begin op 5 Februarie en wenners sal op 20 Februarie aangekondig word. Hou ons sosiale mediaplatforms dop of kontak Rozeldi Trollip by 011 919 9006 of epos aan rozeldit@atkv.org.za.”

Image

Nuwe fotoboek oor Grensoorlog


Kraal Uitgewers het pas 'n insiggewende nuwe boek oor die grensoorlog gepubliseer, nlFrom Cunene to Cabo Delgado  deur die gewilde skrywer Louis Lubbe. Die boek bevat nagenoeg 500 foto’s en dek elke aspek van die oorloë wat oor ’n tydperk van 28 jaar in die destydse Suidwes-Afrika, Angola, Rhodesië en Mosambiek gewoed het.

 

Vir die samestelling van hierdie boek het Lubbe ongeveer 16 000 foto’s deurgesoek uit persoonlike versamelings van oudsoldate, joernaliste, oorlogskorrespondente en enigiemand anders. From Cunene to Cabo Delgado is ingedeel volgens die onderskeie streke waar die oorloë plaasgevind het, naamlik die Portugese koloniale oorloë in Angola en Mosambiek, die Rhodesiese Bosoorlog, en die SA Grensoorlog in hoofsaaklik Suidwes-Afrika.

 

Die boek bevat ook ’n hoofstuk met waardevolle statistiek oor die sterftes wat in elkeen van hierdie konflikte opgeteken is, sowel as ’n afdeling oor die herontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe. Elkeen van die oorloë word boonop ingelei deur ’n opsomming van die belangrikste gebeure wat tot die konflik gelei het, noemenswaardige gebeure tydens die oorloë en die uiteindelike beëindiging daarvan.

  From Cunene to Cabo Delgado is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R360.

Image

DitsemBlits nou ook daaglikse nuushooftrekke

Die diens van die weeklikse elektroniese nuusbrief DitsemBlits op 'n intekenpakket van R240 per jaar is uitgebrei om ook nou daagliks op weeksdae 'n Nuushooftrekke van die dag aan intekenare te stuur – sonder bykomende koste vir ons intekenare. Terselfdertyd, soos hieronder gesien kan word, nog 'n rubriekafdeling Skep moed! bygevoeg word.

 

Die doel van Nuushooftrekke is om nog meer vir ons lesers die vinger op die pols van die snelveranderende nuustoneel te hou, veral uit die oogpunt van wat saakmaak vir die Afrikaner van vandag. Om die uiteraard gewone oorwegend negatiewe inhoud van DitsemBlits op 'n positiewe noot af te sluit, het ons gevoel om te eindig met iets waaruit 'n mens kan Moed skep.

 

Gee ons gerus terugvoer van u siening omtrent hierdie nuwe verwikkelinge.

 

DitsemBlits vorm deel van die Afrikaanse medium wat Ditsem Nuus as koerant besig is om uit te bou, in gedrukte sowel as digitale formaat. Sodanig staan ons as besigheid op ons eie bene en het ons geen groot pappa wat vir ons sorg nie. Ons moet eenvoudig sorg dat inkomste meer is as uitgawe ten einde die nuus en kommunikasie te laat uitgaan van wat ons glo help om vir die Afrikaner 'n ingeligte toekoms te skep.

 

Daarom wil ons vra dat intekenare op DitsemBlits instede van die nuusbrief gratis aan te stuur aan vriende, familie en kontakte, hierdie mense eerder sal aanmoedig om elkeen ook in te teken op DitsemBlits. Nuus is 'n kommoditeit en so veral die gespesialiseerde produk wat ons bied en derhalwe is dit billik dat daarvoor betaal word.

 

Die intekenfooi op DitsemBlits van R240 per jaar is so goedkoop as wat kan kom en daarom het  ons des te meer vrymoedigheid om u te vra: Help ons om meer intekenare te werf!

 

Om in te teken, is maklik: Doen slegs ‘n oorbetaling van R240 in die bankrekening soos volg: Rekeningnaam: DitsemBlits / Standard Bank / Rekeningnommer: 140 320 105 / Spaarrekening / Verwysing: U naam en van.

 

Stuur dan 'n epos na web@ditsem.net met u naam en van, die eposadres waarop u die DitsemBlits wil ontvang, asook  bewys van betaling.

 

By ontvangs van hierdie besonderhede sal ons die naam van die intekenaar op die DitsemBlits adreslys plaas vir die volgende 12 x maande.

SAKENUUS

Image

Tersydestelling van Mynbouhandves


Die vakbond Solidariteit het ‘n hofaansoek geliasseer vir die tersydestelling en afskaffing van die nuutste weergawe van die Mynbouhandves en tree sodoende toe as vriend van die hof ter ondersteuning van die Kamer van Mynwese se hofgeding teen die handves. In ‘n mediaverklaring sê Solidariteit: “Die handves in sy huidige vorm is diskriminerend, onregmatig en ongrondwetlik en daarom moet dit hersien en tersyde gestel word. Die impak wat dié handves op die SA ekonomie in geheel kan hê en in besonder op die mynbedryf, is teenproduktief en irrasioneel.

 

“Die handves bevat verskeie klousules  wat kommer wek, bv. dat 1% van die omset as spesiale dividend aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB-) aandeelhouers betaal moet word. In 2016 het die mynbousektor se totale dividende R6 miljard beloop en 1% van die omset was R5,7 miljard. Dit impliseer dat 95% van dividende se waarde aan die 30%-SEB-aandeelhouers betaal sou moes word en dit sou verreikende impak hê op die ander aandeelhouers se aandeelwaarde.”

 

Inmiddels het pres. Ramaphosa die Kamer van Mynwese gevra om die hofsaak eers op die ys te plaas sodat van nuuts af besin kan word oor die inhoud van die handves.

Image

Manufacturing Indaba 2018


Die jaarlikse Manufacturing Indaba as die grootste en belangrikste op die vasteland, word vanjaar op 19 en 20 Junie in die Sandton Konvensiesentrum aangebied. Die tema is Industry 4.0 of ook bekend as die 4th Industrial Revolution en die fokus is op hoe die Internet die nywerheidsektor op sy kop omgekeer het.

 

By die geleentheid vanjaar word 70 topuitstallers verwag, bykans 470 uitgesoekte afgevaardigdes en sowat 2 200 besoekers, terwyl 67 sprekers opgelyn is vir ongeveer 530 besigheidsessies. By die geleentheid word Small Business Indaba Exhibition ook geloods.

 

Hoewel die Manufacturing Indaba ‘n prestige geleentheid is, is dit oop vir alle belangstellendes en ‘n moet vir enige een wat in die bedryf op hoogte wil wees -  teen die voorgeskrewe fooie. Vir meer besonderhede besoek www.manufacturingindaba.co.za.

 

Image

Dreigende grondgryp sonder vergoeding


Terwyl stemme opgaan dat grondonteiening sonder vergoeding, soos wat die ANC en radikale swart meelopers wil doen, aangevuur deur die onderneming deur pres,. Ramaphosa dat dit wel uitgevoer gaan word, kan lei tot burgeroorlog in SA, sê Agri SA in 'n mediaverklaring  o.a. soos volg: “Adjunk-minister Mcebisi Skwatsha het na bewering tydens ‘n vergadering van die Portefeuljekomitee op Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gesê dat die ANC in Maart ‘n konferensie oor onteiening sonder vergoeding sal hou en dat onteiening sonder vergoeding daarna deur alle relevante staatsdepartemente geïmplementeer sal word.

 

“Skwatsha word aangehaal dat die ANC sal bepaal wie se grond hulle sal vat en hoe hulle dit sal doen.  Dit is egter nie sommer net vir vat nie. Dit is ook nie ‘n besluit wat die ANC op hulle eie kan neem en dan eenvoudig begin uitvoer nie. 

 

“Geen onteiening sonder vergoeding kan plaasvind tensy die Grondwet gewysig word nie en dit sal ‘n tydrowende proses wees waaroor daar omvattend gekonsulteer sal moet word. Die nodige meerderheid van stemme in die Parlement ten gunste daarvan moet ook verkry word 

 

“Privaat eiendomsreg is ‘n internasionaal erkende beginsel, wat beskerm word deur die meeste internasionale menseregte-handveste, bv. artikel 17 van die VN Universele Verklaring van Menseregte. Die dreigemente van onteiening sonder vergoeding bots ook lynreg met beleid van belangrike instansies soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds.

 

“Die ekonomiese gevolge van grond ‘vat’ sal katastrofies wees, soos wat verskeie ekonome reeds uitgewys het. Arm mense sal die swaarste deur die gevolge van so onverantwoordelike stap getref word. Hierdie tipe uitlatings deur politici speel in die hande van opportuniste wat dit  as verskoning wil gebruik om grond te beset.  Dit is uiters gevaarlik.

 

Agri SA het nog geen uitnodiging ontvang om ‘n konferensie in Maart hieroor by te woon nie, hoewel die organisasie ‘n kritiese rolspeler in hierdie debat is.”

 

Vir meer besonderhede, kontak  Annelize Crosby, Hoof van  Grondsake by Agri SA, by 082 388 0017.

INTERNASIONALE NUUS

Moontlike kataklismiese wêreldgebeurtenisse


In 'n uiters insiggewende artikel getiteld Drie groot gebeurtenisse van André Goosen van Frontline Consultants word gewys op bepaalde moontlike aardskuddende gebeurtenisse van wêreldomvang, wat prakties beskou, nie vergesog kan wees nie. Sonder om toe te gee aan doemprofesie, word 'n verkorte en ietwat geredigeerde weergawe van die insiggewende artikel vir doeleindes van moontlike proaktiewe beplanning soos volg aangehaal:

 

“Amerika is militêr en op nog gebiede die sterkste land in die wêreld met 'n militêre begroting wat groter is as die volgende ses sterkste lande saam en met meer as 900 buitelandse militêre basisse en ongeveer 200 000 troepe deur die wêreld gestasioneer. Ten spyte daarvan is Amerika kwesbaar en balanseer op 'n mespunt wat veral betref sy geldstelsel en ekonomie, sy brose kragnetwerk en sy bevolkingsamestelling.

 

“Die Illuminati wat Amerika beheer, hoop om hierdie land te gebruik om vir hulself wêreldoorheersing te verkry. Hulle verklaar in hulle Protokolle dat hulle die wêreld wil voorberei vir hulle heerskappy en hulle ‘koning’ (die Antichris).  Hulle sal die beheer wat hulle oor die land uitoefen so wil gebruik dat die drie groot gebeurtenisse hieronder genoem vir hulle die beste voordeel bied.

 

“Aldrie die gebeurtenisse is mensgemaak, tans in volle swang en menslik onkeerbaar. So 'n krisis sal kataklismiese gevolge hê wat maande, selfs jare, kan duur. Was dit maar 'n grap, maar die inligting is ongelukkig alles waar - raadpleeg gerus die Internet met volop inligting oor hierdie drie onderwerpe – die vraag is net hoe sal  hulle mekaar en ook Orania  beïnvloed?

 

“Die drie gebeurtenisse is:

  • Die waarskynlike komende Amerikaanse bankrotskap. Amerikaanse ekonome wat kenners van hulle vakgebied is, sê onafhanklik van mekaar dat die bankrotskap en ekonomiese ineenstorting van hulle land binne een tot drie jaar MOET kom. Hulle beweer dis 'n wiskundige sekerheid. Die geldtoestand in Amerika is vandag dieselfde as wat dit was tydens dit wat gelei het tot die val van Athene en Rome. Amerika het $19 triljard staatsskuld en dan nog ongeveer $300 triljard  private skuld. Boonop gaan die dollar waarskynlik nie meer die wêreld se reserwebetaalmiddel wees nie. Die Amerikaanse aandelemark is 73% oorwaardeer. 'n Skielike regstelling sal veroorsaak dat baie Amerikaanse besighede moet ophou bestaan, met ernstige gevolge. Dis net vertroue wat die bankstelsel nog laat werk en 'n klein vertrouensbreuk kan dit laat ineenstort. Dit sal die verskoning wees waarom alle Joodsbeheerde banke (dit is ALLE banke  in die wêreld) sal sluit vir 'n onbepaalde tyd. Eers in die VSA en binne ure in die res van die wêreld ook. Dit is so beplan dat niemand  iets sal kan koop of betaal nie.
  • Sogenaamde  "Smart Dust"  ("Slim Stof") Dit is triljarde mikroskopiese klein sensors vir die meet, dophou en rekenaarkoppeling van elke enkele plek, ding of mens op die hele aarde. Die groot Joodsbeheerde Amerikaanse maatskappye belê miljarde dollars in hierdie tegnologie. In 2020 (dis oor net drie jaar!)  sal 1 triljard sensors in werking wees en teen 2030 sal 10 triljard sandkorrelgrootte rekenaarsensors in bedryf wees om ALLES in die wêreld te meet of dop te hou en per radioverbinding aan 'n (of die) rekenaar te rapporteer vir optimum beheer.
  • Die Robot-revolusie. Wat nou besig is om te gebeur, is van dieselfde betekenis as die Industriële Rewolusie van die 1800's. Robotte het stil-stil al so gevorderd en ekonomies geword dat hulle al hoe meer mense se werk kan doen - beter, vinniger en goedkoper as enige mens. Vervaardigingsrobotte sal groot rykdom skep vir hulle besitters, maar in die VSA  kan robotte 23 miljoen mense werkloos maak binne die volgende 3 tot 5 jaar.

 

Geen kos, water of energie sal kan gelewer word nie.  Amerikaanse ingenieurs sê hulle kragnet sal dan ineenstort. Totale anargie en hongersnood kan waarskynlik volg. Die hoof van die Amerikaanse CIA het in die openbaar gesê in so 'n geval SAL 90% van die Amerikaanse bevolking na een jaar nie meer leef nie. Behalwe Amerika, het die Europese Unie en Japan ook ontsaglike skuldprobleme. As daar erge ekonomiese onstabiliteit in enige van die groot lande of magsblokke kom, kan verwag word dat dit sal uitbrei na oral in die res van die wêreld waar daar skuld is.  Daar is mense/magte in Amerika wat graag 'n oorlog wil hê wat moontlik die Amerikaanse ekonomie so sal stimuleer dat ineenstorting vermy kan word, maar dan sal dit konvensioneel moet bly, want 'n volskaalse kernoorlog sal 'n Bybelse profesie in vervulling laat gaan, naamlik dat die aarde nie weer deur 'n watervloed sal vergaan nie, maar deur vuur.

 

16 bestaande industrieë, waaronder die hele wapenindustrie en die mediese industrie, sal totaal verander. Die stelsel werk REEDS in sommige Europese en Amerikaanse stede waar dit byvoorbeeld verkeersvloei beheer en word met rasse skrede uitgebrei. Die sensors maak ondenkbare beheer en  nuwe tegnologie moontlik,  soos 'n geweerkoeël  wat in vlug sy rigting kan verander om enige bewegende teiken te tref. Dit bestaan ook REEDS in Amerika. Die ‘Slim Stof’ sal die Amerikaanse BBP  met minstens 5% laat groei, word gesê. Ook perfek vir George Orwell se 1984 en  ‘people control’.

 

 

Gevolgtrekking: As Amerika se ekonomie binne drie jaar ineenstort soos voorsien  word, sal "Slim Stof" en die Robot-rewolusie nie gou of volledig voltooi kan word nie en wêreldoorheersing vanuit Amerika kan dan  moeiliker  word en langer tyd neem.

 

“Aan die ander kant kan diegene wat Amerika beheer  vir eers  die ineenstorting probeer uitstel totdat  die ‘Slim Stof’ in posisie en werkend is. OF: Die Slim  Stof kan moontlik Amerika se ekonomie soveel doeltreffender maak dat 'n algehele ineenstorting oorkom kan word of baie langer uitgestel kan word as drie jaar.

 

“Dit is moeilik om tot 'n duidelike gevolgtrekking te kom oor wat presies die maatskaplike effek gaan wees van die  Robot-revolusie op Amerika en die res van die wêreld. Indien die Robot-rewolusie te gou te veel onhanteerbare werkloses veroorsaak, sodat dit tot anargie lei, kan dit aanleiding gee tot totale ekonomiese ineenstorting in Amerika, wat  die res van die wêreld ook negatief gaan beïnvloed.

 

“As daar 'n ekonomiese krisis in die wêreld ontstaan wat erg genoeg sal wees om in die Suid-Afrika ook ontwrigting  te veroorsaak in die groot stedelike konsentrasies, kan dit binne een maand 'n verandering in die SA bevolkingsgetalle en -samestelling begin bewerkstellig. 'n Rasse-oorlog hoef dan  nie eers ter sprake te kom nie.

 

Te doen staan: Dit lyk vir gewone mense, wat ook SA insluit, of die volgende vier remediërend stappe geneem kan word:

 

  • Probeer om nie in 'n groot digbevolkte gebied soos 'n groot stadsgebied te woon nie, want daar het mens nie beheer oor eie krag- en watervoorsiening en kosproduksie nie. Dit is in die digbevolkte gebiede waar waarskynlik onbeheerbare onluste en anargie kan ontstaan a.g.v. tekorte aan krag, water en kos. Hoe kleiner die dorpie, hoe groter die kanse op selfstandigheid en oorlewing.  
  • Probeer om so min as moontlik staat te maak op 'n bankrekening by enige bekende handelsbanke.   As alle handelsbanke skielik sluit, sou diegene wat rekeninge by hulle het,  geen  geld kan trek om iets te betaal nie.  Dan sal die eenvoudige reël geld: Geen geld --geen krag--geen water-- geen kos-- geen oorlewing.
  • Sorg individueel en as gemeenskap, dat eie krag en water, onafhanklik van enige buite-instansie, standhoudend gelewer kan word vir kosproduksie en huishoudings oor die langtermyn. Dit is, vir minstens een jaar lank.
  • Ons moet sorg dat ons verhouding met ons Skepper reg is. Dis per slotte 'n stryd van Lig teen Duisternis. As gelowiges het ons steeds die opdrag om die sout van die aarde te wees. Dit is ons opdrag om waar moontlik alles te doen wat ons kan om die Bose geestelik en fisies te beveg deur die Waarheid en die waarheid te versprei. Per implikasie sluit dit natuurlik fisiese oorlewing in.”

 

Vraag: Sal daar in so 'n noodgeval 'n toeloop na Orania wees vanuit die stedelike gebiede en sal sulke getalle gehanteer kan word?

 

 

Die mense wat dan in die beste posisie gaan wees, is diegene wat kan bestaan sonder om lewensafhanklik te wees van  'n bankrekening . Enige hoeveelheid kontant in die hand sal in so 'n geval help met oorlewing.  Mense in Orania wat alleen met 'n OSK-rekening oor die weg kom, sal waarskynlik in 'n goeie posisie wees. Al sluit die hele wêreld se banke, behoort Orania se eiebeheerde OSK steeds oop te kan bly met Oras om minstens 'n klein plaaslike ekonomie aan die gang te hou vir oorlewing.

 

 

  Tot sover die selfverduidelikende artikel.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Roep die bluf van grondgryp!


Die nuwe slagspreuk van die NWO en swart politieke radikalisme in SA is, in hul taal, “Expropriation of land without compensation.” Onder die ANC is die land as 'n staat gekaap, die nasionale begroting deur massiewe korrupsie leeggeplunder, geen staatsonderneming suksesvol nie, die mislukkingskoers van swart boere op getransformeerde grond minstens 95%, armoede in die land erger as ooit en deur rassediskriminasie om plaasmoorde 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes gevoer – en dan is die populistiese kreet van die dag: Vat die blankes se eiendom sonder vergoeding.

 

Dit kom neer op meer as net diefstal, dit is meer as staatsgesanksioneerde diefstal, dit is absoluut verregaande! Waar in die wêreld buite barbarisme en die oerwoud, vat jy sommer net die eiendom van 'n ander wat dit wettig gekoop / verkry het en wat daarvoor gewerk het in die sweet van sy aanskyn?

 

Dit is uitdruklik teen die SA Grondwet en dit skrei teen alle internasionale reg en konvensies in. Dit is die Nabot-hebsug wat in die Woord (1Konings 21) ten sterkste veroordeel word.

 

Lees dit gerus – koning Agab wat ryk en magtig is, smag met hebsug na die stukkie wingerdland van Nabot en laat hom vermoor om dit te verkry. Uiteindelik verklaar God oorlede Nabot regverdig en boet Agab en sy hele nageslag met hul lewe.

 

Dit is die feite van die saak rondom dreigende grondgryp in SA. Dit is misdaad in die ergste graad deur terroriste en hul volgelinge wat alles wat hulle op 'n skinkbord gekry het, opgemors het en wat eenvoudig nie in staat is om hul eie geleenthede te skep nie. Nou onder valse beskuldigings en retoriese kaf wil hulle die eiendom van die 8% minderheid in die land vat en dink dit sal hulle “ryk” maak, hul probleme oplos en, in die woorde van hul nuutverkose president, hulle “in die paradys laat kom.”

 

Al hoekom die ANC en hul radikale meelopers aan die bewind in SA is, is omdat hulle stemgewys meer koppe tel. Verder het hulle niks om op die tafel te sit nie. Die feit dat hulle na die eiendom van die minderheid moet gryp vir “redding”, bewys hoe materieel en moreel bankrot hulle is.  

 

Geen beskaafde mens by sy / haar gesonde verstand en volgens Christelike beginsels laat toe dat sy / haar grond en eiendom sonder vergoeding gevat word nie. Dit is ononderhandelbaar en tyd dat die Afrikaner weer de murg in sy / haar pype gestand doen en vreesloos sy / haar stand maak, ongeag die gevolge.

 

Dis tyd om die bluf van grondgryp te roep.

SKEP MOED!

Die laaste skuif


Jare gelede was daar in die beroemde Louvre Museum in Parys ‘n skildery met die titel Skaakmat. Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaakopponent uittroon omdat hy sy teenstander se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as ‘n jong man, sy kop gebuig in vernedering: hy’s verslaan en verslae. En die Satan lag oorwinnend. Daar is ‘n paar skaakstukkies op die bord oor en die woord “Skaakmat” is oor die skildery geverf.

  ‘n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die skaakspel. Vir lank staan hy na die prent en kyk en toe begin by skielik uitroep: “Dit is 'n Ieuen, dis ‘n leuen!” Ander mense in die galery het kom kyk wat aangaan. “Wat is die Ieuen?” vra hulle terwyl hy die woorde bly skree. Toe die kurator van die museum opdaag, wil hy uiteraard weet: “Meneer, is hier ‘n probleem?”

 

Die man kyk die kurator in die oë en sê: “Ek is 'n eertydse Franse skaakkampioen en ek sê vir jou dit is ‘n Ieuen! Die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nIe! Dis nie skaakmat nie. Die koning het nog 'n skuif!”   Onthou vandag: Niks is ooit finaal nie. Niks is ooit so sleg as wat die lyk nie. Want ... die Koning - jou Here - het altyd nog 'n skuif.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net