24 Februarie 2018

Lyk die epos nie reg nie? Lees dit aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

Begroting weerspieël siek land


Die Nasionale Begroting vir 2018/19 wat afgelope Woensdag deur Minister van Finansies Malusi Gigaba in die Parlement ter tafel gelê is, weerspieël ongelukkig om die volgende redes nie net ‘n siek land nie, maar ‘n land in die intensiewe sorgeenheid:

  • Om mee te begin, die Begrotingsrede is gelewer deur ‘n minister wat tans aangekla word van meineed in die hof en ook omdat hy beskuldig word dat hy in vorige kabinetsportefeuljes ‘n sleutelrol gespeel het om die “regte” mense aangestel te gekry het in die direksies van die openbare staatsondernemings, asook om vir die Guptas permanente verblyfreg in SA te gereël het.
  • Uit die begroting blyk dit dat slegs 5 miljoen belastingbetalers moet die onderhoudslas van ‘n bevolking van sowat 60 miljoen dra. Dit beteken dat uit die belastinginkomste van hierdie 5 miljoen moet al die infrastruktuur, maatskaplike dienste en lewensonderhoud van sowat 60 miljoen mense gefinansier word – ‘n onhoudbare situasie.
  • In die begroting moes voorsiening gemaak word vir ‘n tekort van R51 miljard, maar hoewel die toekennings heen en weer geskuif is, moet die regering steeds R191 miljard leen om die begroting te laat klop. Die ligstraal is darem dat dit af is vanaf R204 miljard in die vorige finansiële jaar.
  • Wat in effek in die begroting gedoen word, is om die belastingbetalende minderheid swaarder te belas ten einde meer inkomste te genereer, soos persoonlike belasting, maatskappybelasting en boedelbelasting te verhoog. Verder is BTW verhoog van 14% na 15% terwyl die prys van brandstof ook drasties styg, maar dit sny darem oor die hele bevolkingspektrum.
  • Die grootste enkele nuwe item in die begroting is R57 miljard vir gratis tersiêre onderwys vir huishoudings met inkomste van onder R350 000 per jaar. Enige regdenkende beskou hierdie item as onnodig, want vanaf 1902 tot 1994 is Suid-Afrika opgebou as ‘n top nywerheidsland deur mense wat vir hul eie tersiêre onderwys betaal het of daarvoor gesorg het. Nou word dit op skuld in mense se skoot geplaas, wat in effek beteken ‘n geslag van ontvangende papperds word gekweek.
  • Die disproporsie van die begroting word verder vergroot deur die feit dat daar 18,1 miljoen welsynsbegunstigdes is uit die bevolking van sowat 60 miljoen – desondanks is hierdie toelaes ook verder op skuld verhoog en dit bokant die inflasiekoers.  
  • Hoewel die kabinet 'n besluit geneem het dat die land oor voldoende elektrisiteitskapasiteit beskik en dat daar vir die voorsienbare toekoms geen behoefte aan kernkrag is nie en ondanks die feit dat veral sonkragontwikkeling in die privaatsektor floreer, word in die begroting onverstaanbaar voorsiening gemaak vir “kernkragontwikkeling” ten bedrag van R817 miljoen.
  • In die begroting is geen voorsiening gemaak vir die bekamping van plaasmoorde nie, trouens die begroting vir die SAPD is gesny. Voorts word ook op onderwys en ander basiese dienste besnoei.
  • In die begroting is ook geen voorsiening gemaak vir inkrimping van die oormatige groot staatsdiens in SA nie en word die menigte kripvreters verseker van hul voortgesette voer.
  • In die begroting word ook geen melding gemaak daarvan dat die regering oor sowat 195 000 eiendomme in staatsbesit beskik ten totale waarde van meer as R40 miljard, baie waarvan onbenut is en verkoop of heraangewend kan word ten gunste van die Nasionale Begroting. Daarby word bereken dat bv. deur die verknoeide en sukkelende Eskom te verkoop teen sowat R112 miljard, die begroting ook ingrypend positief beïnvloed kan word.

 

Die gevolgtrekkings wat uit die begroting gemaak kan word is basies dat die ANC-regering geld spandeer wat hulle nie het nie ten einde die guns te koop van die massa wat vir hulle stem, ten einde sodoende aan die bewind te bly.

 

Intussen word gesaghebbend voorspel dat op die koers van hierdie siek begroting vir 'n siek land die totale skuld van SA oor die volgende drie jaar gaan styg tot sowat R3,3 triljard en dat die dienskoste hiervoor en rente hierop ongeveer R592 miljard oor die mediumtermyn sal beloop.

Image

Verkiesing van skool- beheerliggame in Maart 2018


In Maart vanjaar vind die verkiesing van beheerliggaam van meer as 24 000 skole landswyd plaas en volgens die SA Onderwysunie (SAOU) is dit van kritieke belang dat alle ouers die grootste moeite doen om hulle te vergewis van wie die kandidate is of indien hulle 'n konstruktiewe bydrae kan maak, self te staan. Daarby is dit net so belangrik dat ouers ook hul stemreg in die verkiesings beoefen.

 

Dit is veral van belang vir Afrikaners en Afrikaanssprekende ouers ten einde te verseker dat hulle kinders kwaliteit onderwys ontvang en dit in 'n kultuurvriendelike omgewing. Artikels 20 en 21 van die Skolewet bepaal die funksies waarvolgens 'n beheerliggaam rigtinggewende inspraak in 'n skool kan hê en dit is 'n kosbare kleinood wat ten alle koste bewaar moet word, veral in die lig van die huidige dreigement dat die Skolewet ingrypend kan verander.

 

Vir meer besonderhede besoek www.saou.co.za.

Image

CPS in hof oor R317 miljoen


Die omstrede Cash Paymaster Services (CPS) wat die afgelope jare die uitbetaling van welsynstoelaes namens die SA Social Services Agency (Sassa) gehanteer het – na sterk bewering op grond van 'n onregmatige kontrak – word tans deur Corruption Watch (CW) in die Noord-Gautengse hooggeregshof gedagvaar om onregmatige fooie ter waarde van R317 miljoen uit die kontrak aan die staat terug te betaal.  


Die saak sloer al sedert Maart 2015, maar as gevolg van verskeie operasionele faktore word verwag dat die saak binne die volgende maand bereg sal word. Intussen doen Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Bathabile Dlamini alles in haar persoonlike vermoë om CPS vir die Sassa uitbetalings te behou, ondanks 'n kabinetsbesluit dat die SA Poskantoor dit voortaan moet hanteer.

Vir meer besonderhede, kontak Corruption Watch by 011 242 3900 of 083 763 3472 of volg hierdie twee skakels:   twitter.com/Corruption_SA en facebook.com/CorruptionWatch

Image

Dodelike aanval op Ngcobo Polisiestasie


SA is geruk deur die onverwagse gewapende aanval op die Ngcobo Polisiestasie naby Queenstown waarin vyf Polisielede en ʼn oud-soldaat doodgeskiet is 'n aantal vuurwapens is wel tydens die voorval gebuit, maar dit op sigself verskaf nog nie aanduiding van motief nie. 

In kommentaar op die voorval sê die VF Plus in 'n mediaverklaring: “Dit is ‘n bewys dat misdadigers nie meer bang is vir die Polisie nie en dat georganiseerde misdaad besig is om handuit te ruk. Dit is ook ʼn bewys dat die land nou die prys betaal vir die verbrokkeling van misdaadintelligensie-strukture wat veronderstel is om georganiseerde misdaad en sindikate te ontbloot. 

“Dit is ook kommerwekkend dat misdadigers so gespesialiseerd kan optree dat hulle sonder vrees ʼn Polisiekantoor aanval, Polisielede vermoor, al die wapens en ʼn Polisievoertuig roof en boonop twee lede ontvoer wat later tereggestel is. Hierdie moet ʼn wekroep wees vir die regering en vir die Polisie.”

  Duie jongste is dat ‘n gesaamlike taakmag gister op ‘n bende van sowat 20 verdagtes toegeslaan het en sewe doodgeskiet het en 10 inhegtenis geneem het, terwyl skynbaar sowat 10 ontsnap het en voortvlugtig is.

Image

Maatskaplike dienste in Vrystaat aan draadjie


Maatskaplike dienste in die Vrystaat hang aan 'n draadjie omdat die provinsiale regering die afgelope vier jaar weier om die regmatige subsidies aan 'n aantal nie-regerings welsynsinstansies oor te betaal, soos Engo as die struktuur van die NG Kerk. Die bedrag beloop reeds sowat R381 miljoen en die welsynsinstansies het al ses keer hofbeslissings in hul guns gekry oor die uitbetalings, maar tot op datum weier die owerhede om te reageer.


Die presiese rede vir die weiering is nie bekend nie, maar dit wil voorkom of begrotingstekorte en korrupsie aan die wortel lê. In die proses is die voortgesette versorging van sowat 60 000 kinderhuiskinders, bejaardes en gestremdes op die spel. Finansies vir hulle word tot op die been gesny en by sommige kinderhuise in die provinsie is daar slegs R14 per kind per dag beskikbaar om drie maaltye te verskaf.

Image

ATKV Applous 2018


Nie net kan skoolkore vanjaar hul slag by die ATKV Applousstreeksfeeste kom wys nie, maar ook by koorkenners kom kers opsteek oor koorsang. Die ATKV Applouskompetisie word vanjaar vir die 41ste keer aangebied en op versoek van koorleiers word koorwerkswinkels ook gehou.

 

Vanjaar se Applous het slegs een ronde – die streeksfees, met elke streeksfees ’n finaal in eie reg. Die koorwerkswinkels gaan aangebied word deur spesialiste op die gebied van koorsang en onderwerpe wat o.m. behandel sal word, is repertorium, koorklank, stembou en intonasie.

 

Die kategorieë waarin laerskoolkore kan inskryf, is Afrikaans (moedertaalsprekers), nie-Afrikaans moedertaalsprekers en meer ervare senior en junior kore. Hoërskoolleerders kan meeding in kategorieë vir Afrikaans (moedertaalsprekers), nie-Afrikaans moedertaalsprekers en meer ervare kore met subafdelings vir seunskore, meisieskore en gemengde kore.

 

Daar moet egter opgeskud word, want die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 Maart 2018 - vir meer inligting daaroor, besoek www.atkv.org.za of kontak Bessie Keun by bessie@applous.co.za of skakel 011 919 9038.

Image

Clocolan Plaaskultuurfees


Op Saterdag 3 Maart 2018 vind die Clocolan Plaaskultuurfees plaas op die dorp met die Melktert-Koningin Kompetisie as een van die hoofitems. Die res van die program bestaan uit tradisionele plaas- en Boere-items en dit beloof om 'n geleentheid uit die boonste rakke te wees.   Vir meer besonderhede, besoek www.clocolanplaaskultuurfees.co.za, of besoek hul Facebook of skakel Johann Dreyer by 083 462 4447.

Image

Stand van Vrystaatse damme


Die huidige stand van damme in die Vrystaat het in totaal die afgelope twee weke weens goeie laat somerreëns gestyg vanaf 65.4% tot 68.0%. Die Vaaldam staan tans op 82.4%, Sterkfonteindam op 94.3%, Erfenisdam op 44.1%, Gariepdam 69.0% en Vanderkloofdam op 69%.

Image

Hoe benadeel regstellende aksie jou?


Die VF Plus het pas 'n fasiliteit geskep waardeur mense elektronies kan aandui hoe regstellende aksie hulle benadeel. Dit volg op die opmerking van pres. Cyril Ramaphosa In sy repliek op die debat oor die Staatsrede: “Wit mense, veral wit mans, domineer steeds die senior posisies in die ekonomie”, terwyl hy nie die toenemende werkloosheid onder wit jeug as ‘n aanduiding beskou dat regstellende aksie onbillike diskriminasie bevorder nie.


Die VF Plus sê in 'n mediaverklaring dat hulle statisties en prakties wil bewys dat Ramaphosa die bal misslaan en hoe erg die benadeling van regstellende aksie inderwaarheid is. Persone wat hulle verhale oor regstellende aksie en onsuksesvolle beursaansoeke weens hul verkleur wil deel, kan dit op die VF Plus se Facebook- of Twitterblaaie doen en daar kommentaar lewer, of epos na tammy@vfplus.org.za. Kontaknommer: 082 490 6663

SAKENUUS

Image

Meer vrae oor voorgenome onteiening sonder vergoeding


Dit blyk dat daagliks meer vrae na vore kom oor die verklaarde voorneme van die ANC, EFF en ander swart radikaliste om grond in SA te onteien sonder vergoeding en die negatiewe effek wat dit op sakevertroue het. So word daar gesê dat die regering tans sit met 'n totaal van 4 323 plase wat al by blanke eienaars uitgekoop is, maar waarvan die aktes nie oorgedra is aan die swart begunstigdes nie? Hoekom is dit so?


Volgens eie erkenning deur regeringswoordvoerders beloop die mislukkingskoers van nuwe swart boere op hierdie grond minstens 90%, terwyl gesaghebbend bereken word dat die regering al sowat R300 miljard vrugteloos spandeer het om nuwelingboere te vestig. Voorts word verwys na altesaam ongeveer 195 000 eiendomme in staatsbesit ter waarde van sowat R400 miljard wat nog nie deur die regering i.t.v. produktiwiteit in landsbelang verreken is nie.


In 'n mediaverklaring oor voorgenome onteiening sonder vergoeding sê die Afrikanerbond in 'n verklaring: “Eiendomsreg is een van die pilare van stabiliteit in menige land wat suksesvol is. Dit kan nie soos suigstokkies gevat word by party en bloot uitgedeel word aan ander net op grond van ras nie. Dit kan ook nie geïmpliseer word in uitsprake en beleidsraamwerke nie.


“Geen grond is deur witmense gesteel nie. Geen grond behoort aan ander, bloot net omdat jy swart is en in Afrika woon nie. Grond en eiendom word verkry deur harde werk, deursettingsvermoë, deur ontwikkeling, beplanning, bestuur en produktiwiteit. Wit Suid Afrikaners word allerweë as van die beste boere in die wêreld, ook deur leiers in Afrika, erken. Dit is net so geldig vir die trotse swart eienaars van suksesvolle plase in Suid Afrika en wat skouer aan skouer met wit boere kos produseer en bydra tot voedselsekerheid.  


“Volgens prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit Agri Wetenskappe by die Universiteit van Stellenbosch is ongeveer R300 miljard gemors in pogings om mense in boerdery te bring. Dit spreek boekdele en behoort ʼn dringende boodskap aan die regering te stuur. Skep en bevorder eerder ʼn model wat werk en suksesvol is.


“Daar is meer as genoeg grond in die mark om  te voldoen aan die behoefte vir werklike grond. Daar is baie suksesverhale van vennootskappe, mentorskappe en bewyse van goeie samewerking tussen bestaande boere en opkomende boere in inisiatiewe van grondvlak af.


"Die beste man/vrou vir die werk en gesonde markbeginsels sal self die uitkomste bepaal. Gee aan elke Suid Afrikaner die geleentheid om die argitek van sy eie lewe te word en hou die besoedelde hande van politieke  koppelaars weg van die Suid- Afrikaners wat bereid is om in die aansien van sweet hulle eiendom te wil verdien en  besit. Die droom van ‘n nuwe dagbreek deur ‘n President wat hoop skep, kan ongelukkig vinnig ʼn nagmerrie word as grondbesit en eiendomsreg soos ʼn skaakspel gespeel word deur slegs van wit of slegs van swart blokke gebruik te maak.”

Image

Prima meganiese ingenieurssaak te koop


'n Prima meganiese ingenieurssaak, Leon Swanepoel Windpomp & Algemene Hersteldienste, te Carnarvon, met vele vertakkings in die Karoo, is te koop. In bedryf sedert 1 Maart 1981, tree die eienaar af weens gesondheidsredes en  ouderdom. Die onderneming beskik oor opgeleide en bekwame personeel en werk met 'n vaste kliëntebasis binne 'n radius van 15 distrikte.  


Ingesluit by die transaksie is alle  nodige  handgereedskap, draaibanke, milling machine, spesiale  gereedskap, stoorgeriewe, groot voorrade onderdele en staal en 'n  hardeware- afdeling. Die grootte van besigheidsgebou is 27m x 9m. Die besigheid word aangebied soos dit tans in bedryf is.  

Skakel Leon Swanepoel by 053 382 3404 of 078 488 4580.

Image

Nog korrupte landbouprojek in Vrystaat


Nog ‘n korrupte landbouprojek van die Vrystaatse regering in die provinsie het aan die lig gekom in die vorm van ‘n hoender- en groenteplaas op die plaas Wildehondekop in die Parys-distrik. Daar staan drie modern hoenderhuise al die afgelope vyf jaar onvoltooid elk groot 120 m en 15 m breed. Na raming kos dit ongeveer R3 miljoen om so ‘n gebou op te rig. 


In die geboue lê ongebruikte toerusting wat na bewering verkeerdelik uit China bestel is. Langs die hoenderhuise is ‘n ry kweekhuise, wat bedoel was vir groenteverbouing in tonnels, die oprigtingskoste waarvan op R1,5 miljoen geraam word.  


Blykbaar het die projek misluk weens kontrakteursprobleme en toe het die Vrystaatse regering ‘n tweede Chinese belegger gekontrakteer om ‘n verdere 60 hoenderhuise op te rig vir die grootmaak en slag van drie miljoen hoenders elke ses weke. ‘n Abattoir is ook deel van die beplanning, wat egter in geheel klaarblyklik skeef geloop het, want tans word geen bedrywighede op die plaas gesien nie.  

Image

Vooruit-projek vir Afrikaner-bemagtiging


Projek Vooruit is ‘n inoverende inisiatief deur jeugdige personeel van AfriForum om ekonomiese bemagtiging onder Afrikaners te bewerkstellig en Afrikaner-entrepreneurskap te bevorder. Vooruit bied inligtingseminare en opleiding aan en verskaf advies oor entrepreneurskap.


Volg Vooruit se Facebook blad of kontak hulle vir enige navra by vooruit@afriforum.co.za. Besoek ook gerus www.afrikaansvriendelik.co.za vir gratis blootstelling van sake-ondernemings.

Image

Eskom – waar die krag heengaan


Onwettige kragtappings uit die Eskom-netwerk beteken verliese van miljoene, indien nie miljarde, rand vir die kragvoorsiener. So bv. word ‘n ontsettende hoeveelheid elektrisiteit net in Soweto deur onwettige kragaansluitings uit die Eskom-drade getap – om ‘n idee hiervan te kry, kyk na hierdie videogreep.

Image

Ligte nywerheidspersele te Orania te huur


Moderne ligte nywerheidspersele te Orania is tans te huur – sluit in werkswinkel, kombuis, toilet en kantoor / vertoonlokaal. Kontak Francois Joubert by 082 460 8167.

INTERNASIONALE NUUS

Image

Billy Graham sterf


Seker een van figuurlik gesproke die grootste mense wat ooit geleef het en sekerlik een van die grootste Amerikaners, die legendariese evangelis Billy Graham, is op 21 Februarie vanjaar in die ouderdom van 99 jaar oorlede. Vir sewe dekades het hy die Evangelie van Christus Geesvervuld en met passie, oortuiging en charisma verkondig.  


Hy het nie net in Amerika nie, maar oor die wêreld heen deur die jare gereeld sportstadions gevul met skares getrek en was bekend dat by elke diens hy 'n openbare uitnodiging tot bekering (“altar call”)  gemaak het en waardeur letterlik miljoene mense tot redding in Christus gekom het. Hy het ook persoonlik Amerikaanse presidente bedien vanaf Dwight Eisenhower in die vyftigerjare tot en met George Bush Junior in die eerste dekade van die 21ste eeu.  


Teen die einde van sy lewe is sy bediening wêreldwyd voortgesit deur sy seun Franklin Graham. Die hoofkwartier van die Billy Graham-bediening is te Montreat, Noord-Carolina, VSA.

Image

Ongelooflike stroping van seelewe


Die ongelooflike stroping van die seelewe in die oseane van die wêreld blyk uit die feit van vistreilers wat inderwaarheid drywende verwerkingsfabrieke is, wat so groot is as 'n rugbyveld en wat tot maandelank op see opereer. Hulle maak gebruik van die volgende vier stropingsmetodes:

  • Langlyne of sg. “longlining” waardeur vislyne met hoeke met aas tot in lengte van 80 km deur die see dag en nag gesleep word en sodoende ontelbare vis op 'n slag ingekatrol word. Op hierdie wyse word ook veral groot vis sos swaardvis en geelvintuna geoes. Wanneer hierdie vis aan boord gekatrol word, vind 'n ontsettende slagting plaas soos met die verwerkingsproses begin word.
  • Kiefnette of sg. “gill nets”, in lengte van 100 m tot 12 km, met vlotte bo en gewigte onder, word hulle in die see gespan en vir 'n tyd gelaat, om dan later deur die treilers gehaak en  ingekatrol te word. veral op hierdie wyse word massas vis en seelewe “geoes”.
  • Beursnette of sg. “purse seines”, wat meer gespesialiseerde toerygnette is en waardeur spesifieke gesogte visspesies soos tuna en andere gevang word
  • Bodemnette of sg. “bottom trawlers”, wat swaar nette is wat oor die bodem van die see gesleep word en omtrent letterlik alles op die bodem van die see skep, tot selfs stukke rots. Hierdie nette is al hoogs gemeganiseerd ontwikkel en het onder en aan die kante staal versterkings wat keer dat die nette skeur.

Al hierdie metodes is natuurlik ook tegnologies gekoppel en word gerekenariseerd gemonitor en bestuur. Dit het tot  gevolg dat van groot visbevolkings na raming reeds sowat 90% uitgewis is. In die proses ly ook ander seelewe soos voëls, pikkewyne, ens. geweldig skade, terwyl die eko-seelewe ontsaglik beskadig word.

 

Hoewel daar baie nasionale wetgewing en internasionale verdrae is wat hierdie wanpraktyke verbied en reguleer, kom daar in die praktyk min van tereg. Dit geld veral 'n land soos Suid-Afrika wat nie sy seegrense oppas en sy gebiedswaters patrolleer nie.

  Om vere 'n idee te kry van hierdie stroping van die seelewe, volg hierdie skakel.

Image

Trump vroeër oor SA


Die digitale nuusplatform South Africa Today rapporteer dat Donald Trump voordat hy president van die VSA geword het, die volgende oor Suid-Afrika gesê het:  


“White South Africans were the reason South Africa became a successful, peaceful country. Just look at the rest of Africa and the abject failure it is as a continent, and then look at South Africa under Apartheid. South Africa (and Zimbabwe) were the beacons of light on the darkest continent, showing the way forward, becoming the financial hubs of Africa.  


“The Whites built South Africa up; they planned the roads; they planned the factories; they grew the food to feed the nation; they developed the mines (didn't own them though); they were the industrious people who took a land of wild animals, bush and undeveloped blacks and made it the country it was at the time of the handover. Everyone had access to schooling, further education, health, food and policing. All the cornerstones of any civilised society were present in the country.  


“And then the country was handed over to the black liberation terrorist ANC Party and today we sit with what we see in front of our eyes - proof that sub-Saharan blacks can't make a success of anything, even when given everything on a silver platter. They can't create wealth without taking from someone else. They can't grow food, proved beyond any doubt when once successful farms given to them lie barren and dead, returned to bush. 


“They can't even maintain the education system, which is now in a mess, with the health system not far behind. Crime is out of control. Infrastructure is collapsing. Farmers are being murdered without government standing up and denouncing the slaughter. The blacks can't make sport teams on merit and so have to use quota systems to force teams to incorporate them. They can't get jobs without Affirmative Action being implemented. In short, the ANC has killed the goose that laid the golden eggs. 


“Millions of white South Africans sit outside the country, looking in, waiting for the pin to finally drop. The hungry, forgotten blacks look with big eyes at their leaders who live in obscene luxury whilst they scratch in dirt for food. This is what Africa is all about. The rest of the world tried convincing every one that they knew better than the people living day-to-day with them, for hundreds of years.  


“ Well, reality has certainly met the rainbow nation dream and it's not looking too good... My, my, look how far South Africa has devolved under the black man. I would love to say that I'm shocked, but I would be lying.  Welcome to reality...”  


Vir meer inligting, volg hierdie skakel.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Tyd vir Afrikaner om op te staan


Ons sê dat dit tyd geword het vir die Afrikaner, of altans die regsinniges onder ons, om by mekaar uit te kom en op elke terrein ons plek in die land in te neem. Dit is duidelik dat die regering en swart radikalisme oorlog verklaar het teen die blanke en in besonder die Afrikaner en daarom is 'n doelgerigte uitgewerkte teenstrategie nou noodsaaklik.  


Die tyd vir mooibroodjies bak, polities “korrek” te wees en te wag vir beter dae van die ANC-regering, hul meelopers en hul toutjietrekkers is verby. Dit is tyd om die waarheid op sy naam te noem en ons invloed in die land te laat geld, wat veel verder strek as bloot die 6 of 7% van die bevolking. 


Ons mense is die voedselprodusente van die land, ons verskaf die oorgrote meerderheid van entrepreneurskap in die land, ons dra bykans die helfte van die belastinginkomste van die staat direk of indirek by, ons verskaf die ruggraat van onderwys in die land en in die staatsdiens is dit die handvol oorblywendes wat die wiel aan die rol hou. Dit is tyd dat ons bymekaarkom, koppe bymekaar sit en die detail van 'n teenstrategie ter wille van ons oorlewing en volhoubare selfbeskikking uitwerk en implementeer.

SKEP MOED!

“SA boere het múrg in hul pype”


'n Hoogsinsiggewende artikel deur 'n boervrou van die Oos-Vrystaat, Sanet van Rensburg, het in Landbouweekblad en in Volksblad verskyn en ons graag word hiermee 'n verkorte weergawe daarvan gepubliseer.   As die BothavilIe-boere wil weghardloop weens die droogte, hol ek saam. Gelukkig vertrou ek op die boere se deursettingsvermoë wat hulle al geslagte lank laat vasbyt, selfs deur een van die ergste oorloë.

Tannie Kokkie het ‘n manier gehad om ons kinders te troos met die woorde: “Ag, vee af daardie trane. Die Boere-oorlog was veel erger.”

Dit het my aan die dink gesit. Was sy reg? Ek maak die boeke oop en sien dinge wat kinders nie behoort te sien nie, maar hulle hét. Uitgeteerde liggaampies. Lewelose moeder-oë. Seuns met sannas, groter as hulself.   Ek lees We have a good story to tell deur dr. Phillip Theunissen. Eintlik moet al ons boere dit lees. Dit bewys die murg in hul pype. Die oorlog het in 1902 geëindig, nadat 90% van die veestapel in die Vrystaat vernietig is. Altesame 26 dorpe is verwoes. Alles, van huise tot oeste op die lande, is afgebrand.

Asof dit nie genoeg is nie, gooi die vyand sout op boere se lande om toekomstige hoop te kniehalter.   Lord Milner skryf oor die Boere: “These old fellows, quite uneducated in our sense, who have never read a book except their Bibles, and very frequently cannot write an ordinary letter, are yet the landed aristocracy and are Gentlemen in the best sense: dignified, courteous, hospitable, and amasingly self-controled.”

Vyf jaar! Dit is hoe lank dit ons voorouers geneem het om uit niks op te staan, die landboukapasiteit te herstel en welvaart te herwin.   ‘n Brief aan Milner: In 1902 skryf JA Hobson: “The Free Staters knew what they were doing and what they wished. They are proud of their country and have good reason for their pride. On a poor soil, unable to support its population, except by assiduous toil, they have built up one of the most successful nations the world has ever seen.”

Ek wil bars van trots. Daarom wil ek vir Milner terugskryf: “This old fellas” sou geleerd gewees het as iemand nie ons skole afgebrand het nie. As daar wel ‘n ruskans was, is dit deurgebring op knieë in gebed en met Bybel lees. Dit is waar ons mans geleer het om gentlemen te wees. Die eer kom ons nie toe nie. Dit is die Bybel wat ons geleer het om “dignified, courteous, hospitable en self-controlled” te wees.

Die Boere-oorlog was erger. Maar danksy hulle weet ons waar ons deursettingsvermoë en dryfkrag vandaan kom. As hulle kon, kan ons ook. Dieselfde bloed wat in hulle are gebruis het, leef vandag in ons voort.

Hulle pyn en smart was nie verniet nie. Ons gee betekenis aan hul trane deur die stof van ons broeke af te skud en weer te probeer. Net soos hulle dit sou gedoen het.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net