| | | | Suid-Afrika op mespunt met landswye staking
Die land is vandag op 'n mespunt gebalanseer met die landswye staking wat die vakbond SA Federation of Trade Unions (SAFTU), in samewerking met 23 geaffilieerde vakunies met 'n totale lidmaatskap van sowat 800 000 werkers van stapel gestuur het. Hierdie vakunies sluit in die metaalwerkersvakbond NUMSA met sowat 350 000 lede uit die motorvervaardigings- en metaalsektore, asook uit die ingenieursbedryf en mynbousektor.
Die besware van die stakers sluit in verwerping van die voorgestelde minimumloon van R20 per uur, 'n eis van 'n minimum salaris van R12 500 per maand en verwerping van die hoër BTW koers van 15%. Die staking geskied egter onderhewig aan die reël van geen werk, geen betaling.
Met die stakings vandag is die sakelewe en verkeer tot 'n groot mate ontwrig in al die groot stede, nl. Johannesburg. Pretoria, Durban, Oos-Londen, Port Elizabeth, Kaapstad en Bloemfontein. Kleiner stede soos Kimberley, Klerksdorp, Nelspruit, ens. is ook getref, benewens talle dorpe deur die land.
Plek-plek het betogings en optogte teen patetiese dienslewering aangesluit by die stakende massas en het dit in gevalle oorgegaan in plundery en vandalisme. Op sommige plekke is plundery en vandalisme egter op die nippertjie afgeweer.
Die hoofstroommedia het skynbaar die hewigheid van die stakings en sporadiese plundery onderspeel, maar die sosiale media het behoorlik gewemel van grafiese ooggetuieverslae met foto’s en videogrepe. So bv. is na berig word bv. in die geval van Klerksdorp vandag op 'n stadium alle toevoerroetes na en van die stad deur die Polisie gesluit.
Die stakings word hoofsaaklik aangevoer deur die sekretaris-generaal van SAFTU Zwelinzima Vavi, met die sekretaris-generaal van NUMSA Irvin Jim aan sy sy. Vavi het o.m. verklaar dat dit “tyd is vir 'n nuwe rewolusie in Suid-Afrika”. Voorheen sekretaris-generaal van Cosatu voordat hy geskors is vir wangedrag, het Vavi bo alle twyfel sy politieke radikalisme getoon.
In reaksie op die stakings, het Minister van Arbeid Mildred Oliphant gesê dat vroeër tussen die regering en die vakbonde ooreengekom is dat die minimum loon van R20 per uur ingestel sal word, nou verwerp hulle dit. Sy het ook gesê dat die regering al die bepalings van die Vryheidsmanifes nagekom het en dat sy nie verstaan waar die nuwe eise vandaan kom nie.
Van die negatiewe gevolge van die stakings is dat die JSE vandag 'n duik gevat het, terwyl die rand ook teen die vernaamste geldeenhede verswak het. Oor die algemeen is die brandende vraag of die stakings net gaan oor vakbondeise en die betogings net teen haglike dienslewering en of daar dieper verskuilde politieke, rassistiese en rewolusionêre agendas is. |
| | Tragedie van Noordwes
Vroeër is die Noordwes provinsie platgeslaan ná verwoestende betogings, plundery en vandalisering in verskeie dorpe en stede verlede week uit protes van swart inwoners teen die ontsaglike korrupsie en afwesigheid van dienslewering aan die kant van premier Supra Mahumapelo en sy ANC provinsiale bewind. Die jongste uit die provinsie is nog skokkende onthullings van beweerde blatante korrupsie en nepotisme deur Mahumapelo, dit is nou bo en behalwe die R1 miljoen “beurs” wat sy seun by bankrot Denel gekry het vir “vliegopleiding”.
Hierdie onthullings word deur Die VF Plus soos volg in 'n mediaverklaring gemaak en waaruit dit wil voorkom asof Mahumapelo saam met oud-pres. Jacob Zuma hom aan veediefstal op groot skaal skuldig gemaak het:
“Beweringe wat die afgelope week in die media verskyn het oor beeste ter waarde van meer as ʼn miljoen rand wat met belastingbetalersgeld gekoop is en aan oud-president Jacob Zuma geskenk is, vorm ʼn klein deel van die totale beweerde bedrogspul. Die bewerings oor die beeste word tans deur die Valke ondersoek.
“Uit inligting wat bekom is, blyk dit dat tenderbedrog die basis van die aangeleentheid vorm en die bewering is dat sekere tenders wat sedert 2014 van die Departement van Landbou in Noordwes aan die landbou-opleidingsmaatskappy AgriDelight toegeken is, tot die volgende beweerde korrupsie aanleiding gegee het:
• Zuma het glo op 29 Oktober 2016 25 Bonsmara-koeie en een bul van AgriDelight ontvang met ʼn waarde van sowat R525 000. Die beeste is glo by Nkandla afgelewer.
• AgriDelight het glo fondse aan Mahumapelo verskaf om die franchise van twee McDonalds in Mafikeng te verkry. Die franchises is glo op die naam van die premier se vrou.
• AgriDelight het glo finansiering voorsien vir tien 34 ton-vragmotors vir Mahumapelo se vervoerbesigheid sowel as vir sy Hi-Q bande-onderneming in Mafikeng.
• AgriDelight het na bewering 600 merinoskape op Mahumapelo se plaas in die Delareyville-distrik in Noordwes afgelewer.
• Die LUR vir Landbou in Noordwes, me. Manketsi Tlhape, het glo 60 Bonsmara-koeie en twee bulle van AgriDelight ontvang. AgriDelight het haar glo ook gehelp om die onderneming Romans Pizza in Mafikeng te koop en het na bewering vir 'n kosmetiese operasie aan haar neus betaal.
• Die destydse direkteur van Agri Besigheidsontwikkeling (2014/15) Thebe Muthusi het die Amarula Klub in Klerksdorp gekoop in ʼn transaksie wat AgriDelight glo gefinansier het. Hy het glo ook R3 miljoen gekry vir 'n parsmasjien vir 'n sitrusfabriek naby Koster.
• AgriDelight het glo R25 miljoen ontvang vir 'n lewensvatbaarheidstudie vir die oprigting van 'n perderenbaan in Rustenburg, soortgelyk aan die renbaan Greyville in Durban. Tot op datum het niks daarvan gekom nie.”
Die betogings in Noordwes het uitgebrei na Christiana en Bloemhof, waar winkels van buitelanders geplunder is, met sowat 50 buitelanders wat na die Polisiekantoor te Christiana vir veiligheid gevlug het. Te Delareyville is die munisipale kantore aan die brand gesteek.
Sien Redaksionele kommentaar hieronder oor die tragedie van Noordwes. |
| | Ongelooflike vernieling van die Vrystaat
Die Vrystaat is gedurende die dekade van die premierskap van Ace Magashule 2009-2018 verniel soos nog nooit in sy geskiedenis nie – die meeste munisipaliteite is wanfunksioneel, tegnies bankrot en met dienslewering wat ineengestort het; provinsiale departemente soos Onderwys en Gesondheid het skuld en agterstande van honderde miljoene rand; gevalle van korrupsie en nepotisme van miljarde rand is tans die onderwerpe van kriminele ondersoeke; paaie, strate en ander infrastruktuur is pateties; en funksionering van die private sektor en stand van beleggingsvertroue is erg geskaad.
Teen hierdie agtergrond wys DA-LP vir 'n aantal Vrystaatse munisipaliteite George Michalakis in 'n treffende mediaverklaring hoe die ANC onder Magashule in die provinsie selfs in gebreke gebly het om vir die sg. kultuurerfenis van die party in die provinsie hoegenaamd iets te doen. Dit is 'n uitstekende uiteensetting en Ditsem Nuus wil dit graag deel met lesers, maar verskoon indien dit in Engels gedoen word, want die DA verskaf natuurlik hul mediavrystellings slegs in Engels.
Hulle verseg om dit ook in Afrikaans te verskaf en Ditsem Nuus gaan in hierdie geval nie die moeite doen om dit in Afrikaans te vertaal nie. Uittreksels uit die mediaverklaring lui soos volg:
“In 2012 Ace Magashule said in his State of the Province Address, ‘we will ensure the establishment of the Kaizer Sebothelo and Lister Skosana Museums as these will further extend the scope of preservation and promotion of the Free State’s cultural heritage.’
“He also mentioned the Wesleyan Church in Waaihoek, the Maphikela House in Bloemfontein and the Winnie Mandela House in Brandfort. Additionally, he mentioned the prioritisation of a monument to the 1913 revolt of African women in the Free State, Moroka House in Thaba Nchu, Bram Fischer’s House in Bloemfontein and the Mahabane House in Kroonstad and various cemeteries and graves of freedom fighters.
“In 2013 he mentioned ‘significant progress’ in terms of the Thomas Mapikela House and grave, the graves of Dr Moroka and Rev Mahabane as well as the Wesleyan Church. He said that these sites would be officially unveiled in 2013. He made the same promise in 2014 again.
“But the ANC apparently does not lie to the people. That is why so many put their trust in the ANC every election. So if we take these promises by the Free State ANC government over the last 10 years one by one, what has really happened to their promises?
• Kaizer Sebothelo Museum and Lister Skosana Museum – since 2012 nothing has happened and these museums do not exist to this day. • Thomas Maphikela House, Bloemfontein – no progress.
• Moroka House in Thaba Nchu – work standing still after R529 000 was spent. • 1913 revolt of African women monument – no such a monument has been erected.
• Bram Fischer House Bloemfontein - absolutely no effort has been made and the building is still occupied by businesses.
• Zacharias Mahabane House, Kroonstad – no progress.
• Oliewenhuis Restaurant – this once fantastic restaurant recently had to close due to the department’s ill treatment of the owner and in the process various jobs were lost.
• Naval Hill Restaurant at Mandela’s feet – built almost a decade ago and still stands empty, because they owe consultants hundreds of thousands of Rands.
• Pioneers Museum Winburg – this property has been locked for more than ten years and the little restoration that was once done here has been vandalised.
• Wesleyan Church, Waaihoek – after millions have been spent, the birthplace of the ANC has still not been turned into a museum and it stands there as nothing more than an empty shell.
• Vredefort Dome – UNESCO recently threatened to withdraw the status of World Heritage Site of this place because of the corruption linked to the multi million Rand information and multimedia centre built that is unsafe to be occupied.
• Winnie Mandela House Brandfort, where I want to stand still for a while. News reports last week stated that R600 000 was spent in fruitless expenditure. This only relates to the money spent by the national department. This does not include the R210 000 spent by the province on designs that were never used and other amounts that went to so called implementing agents.
“But probably the most shocking fact around the Winnie Mandela House Museum is that Ace Magashule went on television last week stating that no money was spent on this project, blatantly lying to the public.
“Even worse than this: the national department, after the news was broken last year that the site is being used for criminal activities by tsotsi’s in the area, made only one small effort to get this project off the ground for the first time in 10 years. A company was paid to put up a fence at the front of the house, with a small wooden house for the security and a toilet covered by asbestos walls. They paid R143 000 for this.
“The company that they used does not come from Brandfort or Bloemfontein or even Matjhabeng. No, the company is called Patterndown Consulting and Projects, which has links with Elebone Multi Purposes CC who has won tender contracts of hundreds of millions of Rand from the government and they are registered in Parys. Ace Magashule’s home town.
“This same company that had to put up the toilet and fence at Winnie’s house also recently tendered to provide stationary – pens and paper – to Mangaung Metro Municipality. These are really multipurpose companies, it seems.
“What is more, they have appointed a security company which we can’t find registered at the Companies and Intellectual Properties Commission to guard that empty house for R30 000 per month.
“Literally millions of Rands were spent on these 12 projects – and there are more like these in the Free State – and we, as a province, have nothing to show for it. Not a single job or tourism opportunity was created through most of the spending. What is even more shocking, is that most of these sites relate to the preservation of the history of the struggle against apartheid and this is the lack of respect the ANC shows for it.”
Hierdie is ‘n puik ontleding van die huidige haglike toestand van die Vrystaat. In Noordwes het die swart bevolking in opstand teen die eweneense korrupsie en geen dienslewering van premier Supra Mahumapelo en sy ANC-bewind die provinsie grootskaals geplunder en gevandaliseer en die vraag kan regtens gestel word, wat gaan in die Vrystaat gebeur? |
| | Min tyd vir kommentaar op grondonteiening
Min tyd is oor vir die publiek om kommentaar te lewer op die Parlementêre besluit rakende onteiening van grond sonder vergoeding en hoe dit moontlik wysiging van die Grondwet van SA kan meebring. Die regering het slegs 45 dae, vanaf 13 April tot 31 Mei 2018, gegee vir openbare kommentaar op die voorstel en die Vryemark Stigting wys daarop dat dit verregaande min tyd is vir kommentaar op wat waarskynlik die belangrikste wetlike voorstel is sedert 1996.
Die Stigting lewer o.a. soos volg kommentaar op die kwessie en dit word in Engels aangehaal soos dit ontvang is:
“The Free Market Foundation is appalled and alarmed that expropriation without compensation of property (EWC), probably South Africa’s most important constitutional debate since the 1996 formation of the Constitution, was given only 45 days for written submissions. Property rights are integral to the basic structure of the Constitution and the Rule of Law. Removal of property rights will damage the fabric of the Constitution and may put its broad legitimacy into jeopardy.
“EWC will have disastrous consequences for all property owners, white and black, as well as the economy in general as international and domestic investors lose confidence in the government’s intent regarding protection of property. Moreover, government has no mandate to change the Constitution. The Institute of Race Relations’ recent Reasons for Hope study shows that a small minority of South Africans (1% total, 1% black, 2% coloured, 4% Indian, 1% white) regard land reform as an important issue. What most people are concerned about are unemployment (35% total, 38% black, 42% coloured, 30% Indian, 16% white) and education (27% total, 26% black, 24% coloured, 42% Indian, 46% white).
“Any departure from Section 25 by government must be justifiable in accordance with the limitations provision in Section 36. This provision makes expropriation without compensation possible, i.e. the Constitution need not be amended.”
Om kommentaar te lewer op die voorstel, is egter nie maklik nie en lewer 'n Google-soektog nie veel op nie. Die beste skyn te wees, om die webwerf www.ruraldevelopment.gov.za te besoek - volg hierdie skakel.
|
| | Organisasie vir private Afrikaanse skole
‘n Organisasie, die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), is gestig met die doel om ‘n network van bekostigbare private Afrikaanse skole te bou. Van die vennote van die AON sluit in Solidariteit, Helpende Hand, Fedsas, die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), SAOU en die ATKV.
Volgens woordvoerders van die AON gaan dit nie primêr om blank nie maar om te verseker dat Afrikaanssprekende kinders skoolonderrig in hul moedertaal ontvang. ‘n Konsultant is aangestel om ‘n kosteberaming te doen oor hoeveel dit gaan kos om sulke skole te bou. Wat finansiering betref, is die plan om beleggers te nader. |
| Polisielede skuldig aan moord en verkragting, net waarskuwing Volgens 'n verslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aan die Parlement blyk dit dat talle lede van die SAPD wat in interne verhore skuldig bevind is aan verkragting en moord, slegs geskrewe of mondelinge waarskuwings of boetes ontvang het. Vir direkte insae in hierdie verslag, volg hierdie skakel.
Dit blyk dat 'n total van 150 SAPD-lede in hierdie verband in dissiplinêre verhore skuldig bevind is, maar slegs vermanings of ligte strawwe opgelê is. In 'n mediaverklaring sê die DA dat dit geskok is oor hierdie onaanvaarbare toedrag van sake en dat Minister van Bheki Cele aangesê sal word om voor 'n Parlementêre Portefeuljekomitee te verskyn en te kom verduidelik.
Inmiddels het die organisasie Corruption Watch in 'n voorlegging aan die Parlement aangedui dat dit sedert 2012 'n totaal van 1 165 klagtes oor korrupsie in die SAPD ontvang het, wisselende van mindere misdaad tot halsmisdade. Om hierdie verslag te sien, kliek hier. |
| | Zuma regskoste beloop R24 miljoen aan belastinggeld Uit die geskrewe antwoord op 'n Parlementêre vraag van die VF Plus blyk dit dat die regskoste van voormalige pres. Jacob Zuma en soos dit uit belastinggeld gefinansier word, al meer as R24 miljoen beloop. In 'n mediaverklaring word die aangeleentheid soos volg uiteengesit: “Zuma het hom oor vyf aangeleenthede sonder enige sukses tot die hof gewend. Slegs een van hierdie aangeleenthede is gefinaliseer. Hy het feitlik elke keer van ten minste drie advokate gebruik gemaak, en in een geval selfs van vyf. Die feit dat Zuma nie een van die sake gewen het nie, dien as bewys dat belastingbetalers se geld vermors is om hom uit die moeilikheid te hou. “In die geval waar die nasionale vervolgingsgesag (NVG) ʼn deursoekingslasbrief verkry het om die kantore van onder meer Thint te deursoek, asook ʼn skrywe van die NVG aan die owerhede in Mauritius om sekere dokumente te verkry, wat deur Zuma teengestaan is, het die koste R15,3 miljoen beloop. Hierdie saak is tot in die Grondwethof gevoer en is ook daar deur Zuma verloor. Dit is die enigste aangeleentheid wat gefinaliseer is.
“In die saak waar Zuma die wetlike magte van die Openbare Beskermer (OB) bevraagteken het wat betref haar verslag oor Nkandla, het die koste R3,2 miljoen beloop en Zuma het vyf advokate gebruik. Die saak is ook tot in die Grondwethof gevoer. “Nog ʼn voorbeeld oor die verkwisting van belastinggeld vir Zuma se regskoste is die saak wat hy gevoer het om die OB te probeer verhinder om die verslag oor staatskaping uit te reik. In dié geval het Zuma drie advokate gebruik en die koste het R2,5 miljoen beloop. “In Zuma se appèl teen die DA se versoek om redes bekend te maak vir die afdanking van die vorige minister van finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Nhlanhla Nene, is ook drie advokate gebruik en die koste was R1,2 miljoen. Hierdie saak is nou geskeduleer vir 2 Mei in die Appèlhof.” |
| | Dreigende grondgryp te Heidedal, Bloemfontein Die situasie rakende dreigende grondgryp te Heidedal, Bloemfontein, blyk uit die volgende selfverduidelikende mediaverklaring van die VF Plus Vrystaat:
“Die ANC se onverantwoordelike uitsprake oor grondonteiening sonder vergoeding en die EFF se radikale aanhitsing daarvan maak die deur oop vir talle grondgryp-kansvatters, soos die wat tans besig is om grond in die Heidedal-woongebied te Bloemfontein te beset. Lede van die plaaslike gemeenskap het pas ‘n oop stuk grond beset weens ongelukkigheid omdat hulle steeds nie huise van die regering ontvang het nie. “Die vraag ontstaan of die regering nie dalk hierdie onverantwoordelike uitsprake doelbewus maak om, veral in informele woongebiede, die gemeenskap te motiveer om die heersende behuisingsprobleem, wat die regering in 25 jaar nie in staat was om op te los nie, self aan te spreek. Sodoende kan onverantwoordelike en onbevoegde politici terugsit terwyl die gemeenskap hul lewens op die spel plaas in misleide pogings om vir hulself ‘n waardige heenkome te skep. “Die besettings gaan met ‘n groot mate van geweld en saakbeskadiging gepaard en besetters stel nie net hul eie lewens in gevaar nie, maar ook dié van die res van die gemeenskap. Die VF Plus sal die LUR van Polisie versoek dat die Polisie proaktief optree om uitgebreide grondbesettings in die Metrogebied te voorkom. “Die ANC-regering moet ophou om onverantwoordelike en ondeurdagte uitsprake te maak oor die sinnelose plan om eiendom sonder vergoeding te onteien en eerder daarop fokus om hul grondwetlike plig en hul beloftes soos dié van behoorlike behuising teenoor die burgers van SA na te kom.” |
| Wetsontwerp oor Haatspraak steeds gedryf
Die Wetsontwerp vir Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak word steeds deur die regering en sy meelopers in die Parlement met 'n passie gedryf. Die eerste weergawe van die wetsontwerp is in 2016 gepubliseer en is wyd en eenstemmig in openbare kommentaar gekritiseer. Daar is o.a. gesê dat die wetsontwerp kan die einde van vryheid van spraak in SA beteken.
Die wetsontwerp het o.m. bepaal dat negatiewe kommentaar of kritiek op die staatspresident gekriminaliseer word en wat by skuldigbevinding kan lei tot tronkstraf vir tot en met 10 jaar. Genadiglik het die oorweldigende openbare kommentaar impak gehad en is 'n tweede weergawe van die wetsontwerp gepubliseer met aansienlik sagter bepalings, maar nogtans bevat dit kriminalisering van kritiek ongekend in SA. So bv. wys die Vryemark Stigting daarop dat in die Grondwet vier gronde diskriminasie of te wel haatspraak vervat is, nl. ras, etnisiteit, geslag en godsdiens, maar in die nuutste wetsontwerp word 15 gronde gestel, insluitende ouderdom, kultuur en godsdiens.
Die wetsontwerp maak darem heelwat voorsiening vir uitsonderings of vrystellings, maar dat dit is steeds 'n drakoniese wetsontwerp is, is gewis. Derhalwe behoort dit met alle mag beveg te word ten einde te keer dat SA in 'n Kommunistiese bestel omskep word.
Vir die publiek om kommentaar teen die wetsontwerp te lewer, stuur epos aan hatecrimes@justice.gov.za. Besoek ook www.justice.gov.za. |
| Beraad oor plaasmoorde en grond
'n Beraad oor plaasmoorde en grondgryp en wat daaromtrent te doen is bepaal vir 9 Mei 2018 te Clanwilliam, met sprekers Bennie van Zyl van TLU, Piet le Roux van AfriSake en Corné Mulder van die VF Plus. Navrae Hendrik le Roux 082 375 2247. |
| | | Nog 'n beraad vir grondeienaars ‘n Grondberaad vir grondeienaars, aangebied deur die Boerevolk Reddingsaksie (BRA), is belê te Bloemfontein op 26 Mei 2018 met sprekers adv. Morkel du Preez, dr. Tobias Louw, dr. Dan Roodt, Hennie Alberts en 'n verteenwoordiger van Boer Aktueel. Die koste is R200 p.p., ete ingesluit. Vir meer besonderhede kontak 079 360 6713 of 061 865 4285 of boerevolkreddingsaksie@mweb.co.za.
|
| ANC wil naam van Brandfort verander Die Vrystaatse LUR vir Kuns, Kultuur, Sport en Ontspanning Mathabo Leeto het aangekondig dat die ANC in die Vrystaat beplan om die naam van Brandfort te verander na Winnie Madikizela-Mandela Town. Sy sê Brandfort “is voorheen genoem na die voormalige president van die Oranje-Vrystaat Jan Brand, terwyl 'n fort 'n kasteel is”. Leeto het ook gesê dat beoog word om sowat 200 plekname in die Vrystaat binnekort te verander, maar het nie besonderhede daaroor verstrek nie.
|
| | | Nuwe ontleding van Afrikaanse digkuns
Die boek Vers & Kapittel: Artikels, lesings, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo, skrywer, digter, vertaler en radio-omroeper, word op 17 Mei 2018 deur Kraal Uitgewers bekendgestel. In nagenoeg 50 artikels ontleed Hugo die wonder van die Afrikaanse en Nederlandse digkuns, o.a. aan die hand van enkele werke van prominente Afrikaanse digters soos NP van Wyk Louw, JC Steyn, Elisabeth Eybers, Hennie Aucamp en Lina Spies.
Hugo het verlede jaar sy volledige letterkundige versameling sedert die 1980’s aan Akademia geskenk. Dit bevat o.m. privaat korrespondensie met Afrikaanse en Nederlandstalige skrywers vanoor dekades, asook manuskripte, resensies, artikels, rubrieke, keurdersverslae, foto’s, skaars boeke, tydskrifte en klankopnames. .
Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting. |
| | DitsemBlits unieke nuuspakket in Afrikaans
Die weeklikse elektroniese nuusbrief wat Ditsem Nuus uitstuur, tesame met die daaglikse Nuushooftrekke, alles gefokus op nuus wat saakmaak vir die Afrikaner, vorm 'n unieke nuuspakket in Afrikaans. Beskikbaar op 'n intekenpakket van slegs R240 per jaar, bied die nuusdiens vinger op die pols kontak met nuusgebeure soos wat dit ontvou.
Om in te teken is maklik: Doen ‘n inbetaling van R240 in die volgende bankrekening: Standard Bank / Rekeningnaam: DitsemBlits / Rekeningnommer: 140 320 105 (Spaarrekening) / As verwysing: Jou naam en van. Volg dit dan op met ‘n epos na web@ditsem.net met jou naam en van, die eposadres waarop jy die DitsemBlits wil ontvang, asook bewys van betaling.
By ontvangs van hierdie besonderhede word jou naam op die DitsemBlits adreslys geplaas vir die volgende 12 x maande. |
| DitsemBlits voortaan in nuwe formaat
Dit word beoog om DitsemBlits vanaf volgende week in 'n nuwe formaat direk vanaf die Wolk op die Internet uit te stuur en waartoe intekenare toegang sal hê d.m.v. 'n unieke skakel geldig alleenlik vir sy/haar spesifieke eposadres. Hierdie skakel sal dus nie werk vanaf enige ander eposadres nie.
Hierdie nuwe maatreël word genoodsaak ten einde te verhoed dat die weeklikse DitsemBlits tesame met die daaglikse Nuushooftrekke, as kommoditeit met 'n prys op, deur intekenare eenvoudig aangestuur (“ge-forward”) word na eie kontakte / netwerke. Intekenare sal stapsgewys ingelig word oor die nuwe formaat, wat naatloos en vlot vir intekenare sal funksioneer. |
| | | | Shell laat vaar Karoo
Shell het aangekondig dat dit die kleim van die maatskappy om hidrobreking vir skalugas in die Karoo oor 'n gebied van sowat 90 000 km2 laat vaar. As redes word aangevoer die lae olieprys en omdat Shell nog nie van die Dept. van Minerale Bronne die nodige groenlig ontvang het nie.
Oor die algemeen word die omtrekking van Shell gesien as die gevolg van die druk wat die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) toegepas het.
Inmiddels het die Australiese maatskappy Peninsula Energy ook aangekondig dat dit planne vir uraanontginning op 700 000 ha naby Beaufort-Wes laat vaar het. |
| | FlySafair beste lugdiens in Afrika
Die relatief jong lugdiens FlySafair, gebaseer in SA, is deur TripAdvisor, die grootste reiswebtuiste ter wêreld, aangewys as die beste lugdiens in Afrika. FlySafair het in 2014 met binnelandse vlugte in SA begin en het van krag tot krag gegaan terwyl ander binnelandse lugdienste soos Nasionwide, 1Time, Flitestar, en Sun Air, dit nie gemaak het nie.
Die sukses van FLySafair kom ook te midde van die gesukkel van SAA, SA Express en Mango en wys daarop dat bestuur die sleutelaspek is ook by die bedryf van 'n lugdiens. |
| Staatsamptenare in besigheid
Die Minister van Finansies Nhlanhla Nene het in die Public Procurement Review wat vandeesmaand in de Parlement ter tafel gelê is, bekendgemaak dat 2 704 staatsamptenare gedurende die tydperk 1 April 2017 tot 31 Januarie 2018 private besigheid met die staat gedoen het ten totale bedrag van sowat R8 miljard. Terselfdertyd het 9 689 senior bestuurders in die staatsdiens erken dat hulle private beleggings of belange het in maatskappye in die privaatsektor. |
| | Kubermisdaad en -sekuriteit
Die firma SWDS van Orania sê in 'n verklaring o.m. die volgende oor kubermisdaad en –sekuriteit: “Suid-Afrika lê hoog op verskeie lyste van kubermisdaad in globale konteks - 3de op die lys van slagoffers van kubermisdaad en 6de vir kuberkrakers (Individue wat misdaad pleeg met die Internet en elektronika). Volgens die nuutste Cyber Exposure Index vrygestel deur Kuber Intelligensie Navorsingsgroep (CIRG – Cyber Intelligence Research Group) en Kinkayo is SA maatskappye van die mees vatbaarste in die wêreld wat potensiële kuberaanvalle betrek.
“Die indeks is gebaseer op data wat beskikbaar is vir die publiek op die donkerweb, diepweb en datalekkasies. Maatskappye se kwesbaarheid word saamgestel deur verskeie faktore wat bydra tot swak sekuriteit op IT vlak, logika en oningeligte werknemers. Die maatskappy wat die meeste geaffekteer word, is Nedbank volgens CIRG. Die volle lys kan hier gevind word.
“SWDS fokus daarop om in besighede dit vir kuberkrakers so moeilik as moontlik te maak. Op hierdie stadium bestaan ‘n groot tekort aan kubersekuriteitsmaatskappye in SA, terwyl staatsinstansies soos die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) nie oor die kapasiteit beskik om die probleem van kubermisdaad behoorlik aan te spreek nie.
Vir meer besonderhede, besoek www.swdsec.co.za. |
| | BMW R260 miljoen verspreidingsentrum in Midrand
BMW SA het onlangs 'n verspreidingsentrum ten bedrag van R260 miljoen geopen by hul perseel te Waterfall, Midrand, as deel van 'n belegging van R6,1 miljard wat die motorgroep by hul Rosslyn, Pretoria, vervaardigingsaanleg begin het. By die nuwe fasiliteit in Midrand is die onderdele pakhuis in grootte verdubbel van 16 000 m2 na 32 000 m2 en sal met 'n voorraad van 600 000 onderdele 56 handelaars regdeur Suidelike Afrika bedien. Dit is en van 40 sulke groot onderdelesentra wêreldwyd. |
| Nywerheidspersele te Orania te huur
Te Orania waar sterk vooruitgang in die ligte nywerheidsektor ondervind word, bied Karooland Nywerhede in die nywerheidsgebied van die dorp aantreklike nywerheidspersele te huur, bestaande uit ontvangs/kantoor area, werkswinkel, en badkamer. Kontak Francois Joubert by 082 460 8167. |
| | | | Stryd om Trump woed voort
Op die internasionale front word nuus steeds grootliks oorheers deur die onverbiddelike stryd wat in die VSA en ook internasionaal woed rondom die presidentskap van Donald Trump, met laasgenoemde wat telkens ingrypende skuiwe maak i.t.v. sy “America first”-beleid, terwyl die voorstanders van NWO hul bes doen om hom uit sy invloedryke pos verwyder te kry. Pres. Trump loop veral deur oor sy afdanking van die voormalige FBI-hoof James Comey, 'n stap wat gesien word as obstruksie van die reg om beweerde Trump-Kremlinbande te ondersoek.
Tot dusver het Comey egter daarvan weggeskram om Trump direk te impliseer. Nog ‘n wyse waarop probeer word om Trump by te kom, is sy beweerde vroeëre verhouding met die pornoster Stormy Daniels. Trump het ook opspraak verwek toe hy sy minister van buitelandse sake Rex Tillerson summier afgedank het en vervang het met die CIA-direkteur Mike Pompeo. In al hierdie gevalle kon Trump egter nog nie in ‘n hoek vasgekeer word nie.
Aan die positiewe kant blom die Amerikaanse ekonomie, bereik die Dow Jones nuwe hoogtes en vind groot nuwe werkskepping in die VSA plaas, terwyl Trump internasionaal 'n groot deurbraak gemaak het met sy persoonlike kontak met Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un, wat op hierdie stadium reeds gesê het dat hy afsien van sy kernwapenprogram.
Trump het sopas suksesvolle onderhandelinge met die Franse president Emmanuel Macron in Washington gevoer, terwyl dit 'n ope vraag is wat Trump vroeg in Mei 2018 gaan besluit oor die kontroversiële internasionale ooreenkoms met Iran. |
| | Kommunisme in China sterker terug
Nadat in China die vryemark-ekonomie die afgelope twee dekades floreer het en dit gelyk het asof China 'n al hoe meer oop en selfs vrye samelewing kan word, is die tekens tans dat sentrale beheer d.m.v. die Kommunistiese stelsel in die land algaande verstewig word. Beperkings op die gebruik en toepassing van die Internet word al strenger toegepas, die filmbedryf in die land word genoodsaak om net die positiewe kant van China te reflekteer, demokrasie en vrye spraak in Hong Kong word met 'n ysterhand vasgevat en Bybels in China het feitlik onverkrygbaar geword. Daar word selfs berig dat gewerk word om die inhoud van die Bybel “aan te pas” na 'n meer vriendelike weergawe vir die Kommunistiese regering.
Die sterkste aanduiding is egter die feit dat die grondwet van China pas gewysig is om pres. Xi Jinping, wat sedert 2013 in die saal is, lewenslank in sy pos aan te stel. Dit is selfs vir China 'n ongeëwenaarde stap en dui beslis daarop dat die oorhoofse plan is om 'n Kommunistiese ystergreep op die grootste bevolking ter wêreld te behou. |
| | | Nuustoneel tans uiters dinamies
Soos blyk uit die berigte hierbo, is die nuustoneel nasionaal sowel as internasionaal tans uiters dinamies en verander dit selfs minuut tot minuut met ingrypende gevolge. Ditsem Nuus poog om ook deur hierdie nuusbrief DitsemBlits die vinger op die pols te hou met nuus wat saakmaak vir regsinnige Afrikaners. Ons vertrou dat lesers dit basies so ervaar, hoewel ons bewus is van ons tekortkominge.
Laat ons egter weet by web@ditsem.net of op ons Facebookblad wat u van DitsemBlits dink. Ons wil dit graag verder uitbou as 'n Afrikaanse nuusmedium van betekenis. |
| | Die tragedie van Noordwes
Dit is ontsaglik tragies wat nou in Noordwes-provinsie gebeur het – 'n ANC-regering onder premier Supra Mahumapelo wat nie net massief die geld gesteel het wat aan hulle toegewys is nie, maar ook feitlik geen dienslewering gedoen het nie. Die gevolg is dat die provinsie in chaos gedompel is en die inwoners in ellende laat verval is.
Mahumapelo was of is 'n verbete ondersteuner van Jacob Zuma, wat met sy staatskaping oor 10 jaar waarskynlik die grootste misdadiger is in die geskiedenis van SA. Hoe het die ANC nie die land opgemors nie en dan probeer hulle nog enige geloofwaardigheid opeis?
Hoe ironies is Noordwes ook nie as 'n spieëlbeeld van SA nie – in die sewentiger- en tagtigerjare is selfregering met alles wat nodig is vir die Tswanas in Noordwes in die vorm van die eie tuisland Bophuthatswana op 'n skinkbord aangebied. Hulle kon net vat en hul eie heil uitwerk.
Maar nee, sê hulle toe onder leiding van politieke agitators en onder druk van die NWO, “Ons verkies die ANC”. Die ANC is toe wat hulle gekry het – en die massiewe gemors waarin hulle nou sit.
Noordwes is natuurlik ook slegs 'n mikrokosmos van die situasie in Suid-Afrika. Dit is nie 'n mooi prentjie nie, om dit sag te stel. In effek plaas dit die Afrikaner waarskynlik voor sy grootste uitdaging ooit vir oorlewing en voortbestaan. |
| | | Nie net in die lewe rondom ons nie, maar ook in ons persoonlike lewens het ons dikwels te doen met skynbaar onoorkomelike struikelblokke. Dan egter sê die Woord ons moet nie bekommer oor die dag van môre nie – in effek vat dit dag vir dag, soos die liedjie by hierdie skakel ook sê. |
| | | | Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net |
|
|