25 Januarie 2018

Lyk die epos nie reg nie? Lees dit aanlyn

Image

AKTUELE NUUS

Image

NG Kerk gaan praat met EFF


'n Selfverduidelikende mediaverklaring uitgereik deur Gustav Claassen, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, lui soos volg:


“In ʼn poging om met politieke partye en ander rolspelers in gesprek te tree en ons getuienis te lewer, het die NG Kerk op 19 Januarie ʼn ontmoeting met die EFF gehad. Dié geleentheid het op kort kennisgewing by die kantore van die EFF in Braamfontein, Johannesburg, plaasgevind. Die NG Kerk is verteenwoordig deur Nelis van Rensburg, Dirkie van der Spuy en Gustav Claassen. Bykans die hele EFF-leierskap onder leiding van mnr Julius Malema was teenwoordig. Die afvaardiging het getuig van die roeping van die kerk om ʼn morele kompas vir die nasie te wees.


“Die NG-afvaardiging het op vier temas gefokus:

1. Versoening en groter begrip tussen die mense van SA.

2. Ekonomiese transformasie sodat die gaping tussen ryk en arm kan verklein.

    Hier is onder meer sterk gefokus op die rol van onderwys.

3. Grondhervorming en voedselsekuriteit.

4. Misdaad, waaronder aanvalle op plase, en korrupsie. Baie landbouers is lidmate van die NG Kerk. Die kerk is diep bekommerd oor die blootstelling van ons plaasgemeenskappe aan misdaad. 


“Nadat gesprekke oor dié sake gevoer is, het ons met gebed afgesluit. Groot waardering is uitgespreek vir die kerk se besoek en die gebed wat gedoen is. Die kerk is genooi om as tussenganger op te tree waar organisasies met die oog op voorstelle en oplossings met die party in gesprek wil tree. 


“Ons meen hierdie besoek het ʼn belangrike bydrae gelewer in die afbreek van stereotipes. Dit is deel van die roeping van die kerk om te getuig van die liefde en vrede van Christus waar onmin en misverstand heers. Met hierdie gesprek is daar beslis daarin geslaag.”

Image

Eskom diep in skuld


Eskom as nasionale kragvoorsiener skuld tans R5 miljard op sy lopende begroting, terwyl dit R275 miljard van staatswaarborge van R350 miljard al opgebruik het. Voorts moet die kragvoorsiener oor die volgende vier jaar sowat R60 miljard per jaar leen om sy bouprogram te voltooi, wat insluit die nuwe kragstasies Medupi en Kusile. 


Na berig word, het Eskom einde November 2017 slegs R1,2 miljard in likiditeitsreserwes beskikbaar gehad, wat tans vererger het na R5 miljard negatief. Inmiddels is 'n splinternuwe Eskom-raad aangekondig, met gerespekteerde Jabu Mabuza as voorsitter en word gehoop dat hulle Eskom sal beredder en 'n ineenstorting van elektrisiteit in SA sal voorkom.  


Daar moet egter nog ontslae gemaak word van korrupsie-geïmpliseerde hoofbestuurder Matshela Koko, asook van Minister van Openbare Ondernemings Lynne Brown, terwyl die dissiplinêre verhore van twee Eskom-bestuurslede, Anoj Singh en Abram Masango hangende is. 


Intussen word beweer dat die beurtkragkrisis van Eskom in 2008 die land 'n beraamde R300 miljard gekos het a.g.v. kunsmatige uitbuiting van en selfverryking uit die situasie.  

Image

Bykans 20 000 leerders doen ook e-leer


ITSI, die e-leerverskaffer van Pretoria, het aangekondig dat vanjaar bykans 20 000 leerders van sowat 25 opvoedkundige instansies, hoofsaaklik skole, in Suid-Afrika tradisionele onderrig gaan vervang met e-leer. Die gepatenteerde oplossing van ITSI bied ‘n gratis e-lesertoepassing vir gemaklike toegang tot ‘n verskeidenheid van e-boeke. Gebruikers van die toepassing kan notas en vryhandsketse byvoeg tot die teks, belangrike gedeeltes in die e-boek met verskillende kleure uitlig en outomaties opsommings genereer. 

 

Die geïntegreerde e-leerplatform gee die onderwyser die vermoë om opvoedkundige hulpmiddels soos videos, klankgrepe, addisionele teks en selfontwikkelde-onderrigmateriaal direk in die leerder se boek te voeg. Verder bied dit die funksies om nuusbriewe te deel, vinnige opname van leerderbywoning en toegang tot programme wat denkvaardighede verbeter.

 

Sodoende trek nie net leerders voordeel uit die gebruik van digitale hulpmiddels en toestelle nie, maar ook onderwysers trek voordeel uit hulpmiddels soos template vir les- en onderrigplanne, template om assesserings op te stel en om beskikbare of selfontwikkelde inhoud met leerders te deel. Die data wat deur die stelsel verskaf word, bemagtig onderwysers om werklik hul leer- en onderrig tot ‘n spesifieke leerder te verpersoonlik.

 

ITSI het in Pretoria ontstaan, maar het reeds na Engeland en die Midde-Ooste uitgebrei.

  Vir meer besonderhede, besoek www.it.si of https://www.facebook.com/itsiDigital/ of https://twitter.com/ITSI_SA of https://www.linkedin.com/company/9384984/.

Image

Beweerde interne EFF-kommunikasie

 

In ‘n tyd waarin gewaak moet word teen fopnuus, is die volgende enkele uittreksels uit 'n beweerde kommunikasie van die EFF Gauteng Provincial Command Team (PCT) n.a.v. ‘n spesiale vergadering gehou op 18 Januarie 2018, wat Ditsem Nuus per sosiale media bereik het:

 

“The PCT resolved on the following:

 

Land Occupation: The PCT welcomed the report on advances made towards occupation of unoccupied land throughout Gauteng and accompanying court victories. In the last three months, land occupation has been effected in Phumlamqashi near Orange Farm in Joburg (Wards 5, 6 and 120), Eatonside, Sebokeng, Boitumelo, Westside Park in the Vaal and Nelmaphius, Lusaka, Winterveld and Attredgeville in Tshwane.

 

“Furthermore around 1 600 RDP homes were occupied in Olievenhoutbosch, 300 flat units in Cosmo City and 100 in Tembisa.

 

“The PCT calls on branches of the EFF to intensify the land occupation program in 2018 and focus on abolishing apartheid spatial plans through targeting suburban areas which already have amenities such as schools, libraries, clinics and municipal services.

 

“The PCT wishes to state unequivocally that Gauteng (all its 18 176 km2) belongs to all who live in it. To this end, encourage residents to occupy their favourite unoccupied land and build on it.

 

Sizofundangenkani Campaign: The PCT welcomed the ad hoc report on the practical roll-out of fee free education in all institutions of higher learning and salutes all ground-forces of the EFF who ensured that all universities and TVET collages are “Walk-In Zones” in Gauteng.

 

Back to School Campaign: PCT notes the crisis in basic education brought by the GDE clumsy migration to an online registration platform.

 

“We wish to remind the country that we warned the Gauteng Government in September that ‘the first come first served approach based on online accessibility is bound to advantage those that have access to ICT infrastructure and

condemn a greater black majority to perpetual servitude’.

 

“To this end, Panyaza’s computer gyrates have resulted into 30 000 displaced leaners, barricading of schools by white supremacists and crude corruption in district offices where officials are blatantly selling ‘learning spaces’.

 

“Furthermore, drawing from his thought process and informed by past practice we can already tell that the MEC’s idea of a solution will be to outsource this crisis to Curro Network of Independent Schools. We would like to condemn this strange

understanding of what a solution should be in advance and call on the placement of all these displaced learners to their original preferred schools.

 

Anti-Racism Campaign: PCT salutes the radical action demonstrated against H&M at East Rand Mall, Sandton City, Mall of Africa, Menlyn Mall, Mall of the South and Clearwater Mall and everywhere else and call on the sustenance of this noble service to humanity.

 

Public Policing: PCT notes the hostile posture adopted by the SAPS’s Public Order Policing unit and warns the unit against its Nebuchadnezzar tendencies.”

 

Image

Voortslepende betogings op R59 in Midvaal


'n Mediaverklaring van die VF Plus lui o.m. soos volg: “Uit die voortslepende gewelddadige protesoptrede van inwoners van Sicelo op die R59 provinsiale pad wil dit blyk of  betogers meer regte geniet as wetsgehoorsame burgers en inwoners. Ons veroordeel nie net die voortslepende betogings op die pad in die sterkste terme nie, maar is geskok oor die anargie wat heers en die gepaardgaande Verdraagsaamheid van die plaaslike owerhede jeens die betogers. Daar is bloot nie onderskeid te tref tussen betogers en misdadige elemente nie.


"Hierdie gewelddadige protesoptrede ontneem wetsgehoorsame landsburgers en gemeenskappe hul regte en is ʼn direkte gevolg van swak politieke leierskap en onvoldoende polisiëring. Ons het ʼn versoekskrif met bykans 900 handtekeninge oor die situasie aan burgemeester Bongani Baloyi oorhandig en daarmee saam ook voorgestelde veiligheidsmaatreëls met betrekking tot protesoptrede.


“Die burgemeester het nog glad nie op die versoek gereageer nie of daarop geantwoord of dit onder die aandag van die betrokke komitee gebring nie. Die tyd het aangebreek dat hierdie gewelddadige optrede as misdaad beskou word en die betrokke gemeenskapsleiers in hegtenis geneem en vervolg word.”

Image

Jongste plaasaanvalle


Die bekende sakeman en boer Piet Els (86) en sy lewensmaat, Rikkie Alsemgeest (66), is op 23 Januarie 2018 op Els se plaas buite Kimberley deur vier aanvallers oorval en wreed aangerand en gemartel. Albei slagoffers is met ʼn strykyster gebrand en geslaan waarna hulle vasgebind en beroof is.

 

In sy reaksie op die aanval, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse VF Plus leier: “Die vraag kom altyd na vore of ons met ‘gewone’ of politieke misdaad te doen het. In hierdie verband moet mnr. Els se status as prominente grondeienaar rondom Kimberley in ag geneem word. Politici in die Sol Plaatje Munisipale Raad het oor die afgelope maande dikwels in verband met mnr. Els na onteiening sonder vergoeding verwys, as 'n manier om grond vir goedkoop residensiële ontwikkeling beskikbaar te verkry.”


Gister is Koos Benadie (66) op die plaas Puntlyf by Bronkhorstspruit deur aanvallers doodgesteek, terwyl sy seun Allewyn in die kop gewond is. Die kluis in die huis is met 'n hoeksnyer oopgesny en leeggemaak, terwyl die yskas en vrieskas met alles daarin ook saamgeneem is. Die moordenaars het die huis geplunder en selfs vonkelwyn gedrink voordat hulle met voertuie weg is.

Image

Skolefeite in SA


In 'n artikel gepubliseer in Volksblad sê die uitvoerende hoof van Fedsas Paul Colditz:

 

“In slegs 2 484 van die 23 719 openbare skole in Suid-Afrika, word Afrikaans as onderrigtaal gebruik, hetsy vir enkel-, dubbel- of parallelmedium-onderrig. Die enkelmedium- Afrikaanse skole is ‘n skamele 1 279, oftewel ‘n raps meer as 5% van die totale getal skole. Met die dubbel- of parallelmediumskole bygereken is dit net meer as 10% van die totale aantal skole. 


“Gedurende die dekade 2006 tot 2016 het in Gauteng die leerlingtal in openbare skole met 348 118 toegeneem. Met die veronderstelling dat elke skool 1 000 leerlinge moet of kan akkommodeer, sou dit dus die bou van ongeveer 348 nuwe skole impliseer. Die werklikheid egter is dat die getal skole in Gauteng gedurende die betrokke dekade met slegs 85 toegeneem het.

 

“Hierdie syfers bewys ‘n volslae gebrek aan behoorlike beplanning en leierskap. Voeg dan nog daarby dat ouers met hul voete stem op soek na onderwys van ‘n beter gehalte vir hul kinders en dat sekere skole in die provinsie leegloop omdat ouers aan die ellende van swak onderwys probeer ontkom, dan is dit duidelik waarom daar soveel druk op die skole is wat goed funksioneer.


“Dit het dus niks met taal te doen nie.

“Die probleem met wanfunksionele skole en gevolglik swak onderwys is inderdaad reusagtig. Wanneer byna 80% van gr. 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie, wanneer derduisende kinders jaarliks uit die skoolstelsel val, wanneer derduisende kinders landwyd onderrig ontneem word omdat die departemente nie deeltydse onderwysers aanstel om vakatures te vul nie of skoothoofde en onderwysers nie aangestel word nie en subsidies waarop skole geregtig is, nie uitbetaal word nie omdat provinsies se begrotings uitgeput is, is dit nie Afrikaanse skole - of enige ander skool - se skuld nie.


“Funksionele skole - insluitend Afrikaanse skole - doen te midde van hul eie oorvol programme baie moeite om uit te reik na minder bevoorregte gemeenskappe en skole. Enige individuele skool kan egter min doen om die massiewe stelselprobleme uit die weg te ruim of op te los. Die staat moet die skuld vir die probleme kry.


“By funksionele skole is die uitmuntende leierskap van beheerliggame en skoolhoofde wat hul gemeenskappe lei om self verantwoordelikheid vir hul skole te aanvaar wat uitnemendheid en funksionaliteit tot gevolg het. Dit doen hulle ten spyte van die onderwysdepartement en nie danksy die departement nie.”

Image

Dlamini koop SABC-onderhoud vir R500 000

Dit het aan die lig gekom dat Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, veral omstrede oor haar arrogante hantering van SASSA, R500 000 staatsgeld aan die SABC betaal het vir 'n onderhoud van twee ure. Dit was sodat sy en haar woordvoerder Lumka Oliphant, in die program Real Talk with Anele op SABC3 kon praat.


Oliphant het aan 702 Talk Radio gesê dat R149 000 vir die onderhoud betaal is. Opposisiepartye eis nou dat Dlamini die geld terugbetaal.

Image

Majubafees 2018


Februarie is Majuba Maand en word die Majubafees 23-25 Februarie 2018 gevier. Dit herdenk 27 Februarie 1881 toe die Boere hulle vryheid herwin het, deur die Britte te verslaan. Daar word geglo Gods hand kan duidelik in die gebeurtenis gesien word, wat teruglei na die hernuwing van die Gelofte by Paardekraal. Volksgenote word opgeroep om die fees by te woon. Navrae Peet Joubert 073 279 3713 of Facebook.

REDAKSIONELE KOMMENTAAR

Beskerm arme meerderheid teen die minderheid!


Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar wetgewing oor regstellende aksie ten gunste van die meerderheid is, wat ten volle politieke beheer het. Die feit dat die politieke meerderheid regstellende aksie vereis om hulle teen 'n 8% minderheidsgroep te beskerm, getuig van 'n volslae mislukking van hul kant om hul eie rykdomstrukture te bou, sodat hul enigste oplossing is om dit van ander af te vat.


In die lig hiervan is die woord “ineptokrasie” geskep om die huidige politieke situasie in Suid-Afrika te beskryf:“'n Regeringstelsel waar dié wat die minste in staat is om te lei, gekies word deur dié wat die minste in staat om te produseer en waar die lede van die samelewing wat hulself waarskynlik die swakste gaan onderhou of die minste suksesvol gaan wees, beloon word met goedere en dienste wat betaal word deur die gekonfiskeerde rykdom van 'n kleiner wordende getal suksesvolle produsente.”

VN Agenda 21 en SA


Deur die harde werklikheid van die wêreldpolitiek het Ditsem Nuus geleer dat die groot stryd in hierdie aardse bedeling woed tussen die Christelike Lig en die Duisternis van die Bose. Dit gaan oor werklike Christen-gelowiges volgens die Bybel as die lewende Woord van God Drieënig versus die bose magte in die lug en hul praktiese manifestasies – huidig vergestalt in die internasionale geldmag / Illuminati / Nuwe Wêreldorde (NWO).

 

Die Bybel leer dat God die menslike samelewingsorde in hierdie bedeling georden wil hê volgens onderskeidelik huwelike tussen man en vrou, gesinne met pa en ma en kinders, families en volke. Daarenteen wil die Bose / NWO dit alles afbreek en opklits in 'n identiteitlose massa wat uiteindelik globaal deur een sentrale gesag d.m.v. rekenarisering beheer word. Volgens hierdie siening moet weggedoen word met alle volks- en bevolkingsgroep-identiteite en moet geen ruimte gelaat word vir vrye en onafhanklike denke en optrede nie.

 

Dit is teen hierdie agtergrond dat die NWO tans verbete spook om hul doel van wêreldoorheersing te bereik. Dit blyk bv. uit die Verenigde Nasies (VN), die Europese Unie, Kommunisme, Moslem-ekstremisme, liberalisme, pornografie, sedeloosheid en alle anti-Christelikheid.

 

Die kernwaarheid is natuurlik dat Jesus Christus deur Sy versoenende kruisdood, opstanding en ewig-lewendheid reeds die finale oorwinning oor die Bose en al sy trawante behaal het – 'n oorwinning wat met Sy wederkoms voltrek sal word. Intussen en tot dan woed die stryd op aarde onverpoosd voort en is alle Christen-gelowiges opgeroep om onverskrokke in gebed, woord en daad die strydperk te betree.    

 

As ‘n uitvloeisel van hierdie globale situasie het lande, insluitende SA, in 1992 op die VN Konferensie oor die Omgewing en Ontwikkeling in Rio de Janeiro 'n verdrag gesluit bekend as Agenda 21 en waarin omvattende riglyne neergelê word vir ‘n sg. volhoubare globale samelewingsorde. Bestaande ut 350 bladsye en bestaande uit 40 hoofstukke, ingedeel in vier hoofafdelings, bepaal die verdrag in eufemistiese terminologie hoe ideaalgesproke toekomstige ontwikkeling in elke land daaruit behoort te sien.

 

Meer as 180 lande, insluitende Suid-Afrika, het reeds Agenda 21 onderteken. Agenda 21 kom al sedert die 70’er jare, maar het eers in 1992 koers gekry tydens die Aardeberaad in Rio de Janeiro toe president George Bush sr. dit onderteken het. Dit het ongemerk aangegaan en is nou reeds in die gevorderde stadium van implementering, soos in SA.

 

Mense met insig vertolk die bepalings van Agenda 21 as 'n bloudruk van die NWO in hul strewe na wêreldoorheersing. Die patroon wat uit hierdie moontlike toekomsscenario na vore kom, klop basies met die siening van Ditsem Nuus van die wêreldpolitiek en hoe SA daarin inpas. Ons skets hierdie moontlike gevaar sodat Afrikaners ingelig, voorbedag en paraat kan wees en die gevaar proaktief en oorwinnend die hoof kan bied.       

 

Tans in SA blyk dit in die volgende opsigte dat die ANC-bewind / NWO nie-amptelik oorlog verklaar het teen blanke burgers, in besonder die Afrikaner:

  • Vasklou deur die ANC al vir dekades lank aan die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), wat ten doel het die uitwissing van die blanke in SA.
  • Eskalerende “regstellende aksie”, swart ekonomiese bemagtiging, sportkwotas en ander diskriminerende praktyke teen blankes, soos universiteitstoelatings, ens. – op 'n veel groter en wyer skaal as wat sg. apartheid ooit was.
  • Die strydlied van die staatshoof pres. Jacob Zuma Bring my masjiengeweer .... dat ek die vyand kan skiet en ander slagspreuke soos Kill the Boer.
  • Onophoudelike  wreedaardige en sinnelose moorde en aanrandings op plaasboere.
  • In dorpe en stede in SA daaglikse vermoording van blankes deur swartes– dit haal nie meer die media nie, maar privaat word hiervan rekord gehou.
  • Openlike haatspraak van die EFF vir doodslag teen blankes en die afneem van hul eiendom sonder vergoeding.
  • Die nietigverklaring deur die Grondwethof van die reg van Afrikaanssprekendes op moedertaalonderrig op tersiêre vlak.
  • Gewelddadige betogings teen Afrikaanse skole wat fisies nie plek het vir meer “Engelstalige” leerlinge nie.
  • Die Skolewetsontwerp wat beheerrade van Afrikaanse skole, met hul magte en regte, wil afskaf.
  • Die Wetsontwerp om kerke en godsdiens in SA te reguleer.
  • Die besluit van die ANC dat die grondwet gewysig moet word om onteiening van alle eiendom sonder vergoeding moontlik te maak.
  • Die Wetsontwerpe op grondplafonne vir plaasbesit en afstaan van boerdery-aandele aan swartes.
  • Die uitsprake van ANC-president Cyril Ramaphosa dat “alle spore van blanke seggenskap in SA uitgewis moet word”.

 

Dit is dus duidelik dat hierdie doelstellings, gebeure en aksies inderdaad neerkom op oorlogsverklaring teen blankes in die land.     

 

Die burgerlike deskundige Simon Roche sê: “Politieke en rassespanning in post-apartheid Suid-Afrika het so erg geraak dat die minderheid blanke bevolking die risiko loop om op 'n massaskaal vermoor te word.” In ooreenstemming daarmee bestempel dr. Greg Stanton, stigter van Genocide Watch, wat die Rwanda volksmoord in 1994 voorspel het, anti-blanke aksies en wetgewing in SA as “staatsbefondsde volksmoord”.

 

Aan die hand van hierdie praktiese situasie in SA, wys politieke kommentators daarop dat die fynskrif van VN Agenda 21 die volgende behels:

  • Dat die regering van ‘n land beheer moet oorneem oor alle grondgebied en geen besluite laat in die hande van private eienaars nie.
  • Individuele regte plek moet maak vir die behoeftes van gemeenskappe soos bepaal deur die regering.
  • Lewenstandaarde moet daal en geld en besittings van dié wat het, moet verdeel word onder dié wat nie het nie.
  • Mense moet uit die landelike gebiede verskuif word na kommunes en digbevolkte gebiede digby werksgeleenthede en vervoer.
  • Die instelling van 'n leefwyse wat ontwerp is om die mens se motivering en hoop vir die toekoms te vernietig, soos trouens tans in Suid-Afrika gebeur.
  • Die rol van die media is om mense dom en oningelig te hou en hulle só te breinspoel dat hulle alles glo en niks bevraagteken nie.
  • Werksbevordering en skooltoelating word gebaseer op breinlose raskwotastelsels en beleide wat bevolkingsvermindering ondersteun.

 

Word gekyk na die verwoestende effek van staatskaping in SA, dat SA die misdaadhoofstad van die wêreld is, die enorme gaping tussen arm en ryk, die eskalerende werkloosheid, die verval van infrastruktuur, die wankeling van plaaslike owerhede, die feit dat bykans een-derde van die bevolking op staatswelsyn is, dat die nasionale kragvoorsiener veg om oorlewing en dat die staatskas boomskraap is – alles mensveroorsaak – dan lyk dit of SA geforseer word in 'n Agenda 21-geval.

 

Sou Eskom vou, die armoedige plakkersmassas in geweld losbars en blankes gewelddadig in opstand kom teen grondgryp, dan kan omstandighede “moreel geregverdig” raak vir afkondiging van 'n nasionale noodtoestand en krygswet – 'n sleutelstap tot implementering van Agenda 21. Dan sou die NDR voltrek word, SA onherkenbaar “getransformeer” word en moontlik finaal met blankes in SA afgereken word.


Hierdie is nie doemprofesie of bangmaakstories nie – dit is slegs om op die tekens van die tyd te wys en Afrikaners en goedgesinde andersvolkiges te waarsku en aan te spoor tot proaktiewe optrede. In die eerste plek kan net verootmoediging voor God en opregte gebed en geloof die Afrikaner red, maar daarmee saam sal die volk aksie moet neem – nie net aksie om te oorleef nie, maar om met minimum skade eendragtig te oorwin en vir homself 'n eie, vrye toekoms te skep.

Indien u nie die epos wil ontvang nie kan u hier uit teken
Anulus Bemarking, S39 Oranje Eggo, Orania, North Cape, 7590, South Africa, www.ditsem.net